Karl-Hein & Zané se Boheemse Plaastroue

Ons deel met jou Karl-Hein en Zané se Boheemse plaastroue op hul familie plaas.  As gevolg van die inperkings het die paartjie besluit op ʼn kleiner troue.  Alhoewel hulle planne verander het, het hulle wel ʼn pragtige troue gehad onder die doringbome met die wildsbokke wat hul omring.  Dit klink soos ʼn droom, maar dit was hulle realiteit!

Zané en Karl-Hein se trou dekor het ʼn Boheemse gevoel tot dit gehad, waaroor ons mal is.  Gedroogde blomme as Zané se ruiker en so ook te sien op die tafel by die onthaal.  Sagte elemente was mooi gemeng met die teksture van die onthaal lokaal, soos die baksteen mure en pragtige hout stoele.  Die teenoorgestelde elemente en teksture werk altyd so mooi saam.  Jy kan sien die tafel was gedek vir ʼn feesmaaltyd.

Kleiner troues word al hoe meer populêr en sal heel moontlik nog populêr wees vir ʼn hele tyd.  Die paartjie se baie oulike intieme troue sal jou tonne inspirasie gee vir jou troue.

Hierdie paartjie het definitief ʼn interessante liefdesverhaal en storie van hul troudag, so jy moet dit nie misloop nie.  Van hul trouplanne wat moes verander as gevolg van die Korona-virus, tot ʼn trouring wat verlore raak. Rol af om meer te lees oor Karl-Hein en Zané se Boheemse plaastroue hieronder.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet deur Karl-Hein se sussie en haar man.  Hulle, en ʼn paar ander mense ook, het baie lank en hard probeer om ons bymekaar te kry, maar ons wou net nie byt nie.  Ons het na ʼn lang ruk mekaar weer gesien, en dadelik verlief geraak.  Ons het vir 8 maande uitgegaan en toe het Karl-Hein vir my (Zané) gevra om te trou by die mooiste plek, Mkuze Falls.  Dit was so spesiale dag!  Ek het dit glad nie verwag nie, so ek was so verbaas.  Ek het nooit eers vir hom ringe gewys nie, hy het alles self gedoen en gekies.  Dit het dit vir my nog meer spesiaal gemaak!

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Die Verlowing Tydperk:


Dit was verseker van die lekkerste tye van ons lewens.  Karl-Hein was vir 7 maande verloof, toe het ons uiteindelik die knoop deurgehak.  Ons sou wel net 5 maande verloof gewees het, maar as gevolg van Covid-19, kon ons toe nie trou soos ons oorspronklik beplan het nie.  Ons het ons troue uitgestel en later toe dinge rustiger was, op ons plaas getrou.  Dit was vir ons so spesiaal, en hoe bevoorreg is ons nie om in ons huis die onthaal te kon hou nie.

Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie, ek (Zané) het die troue self beplan.  Dit was vir my so lekker om alles self te doen.  My ma het natuurlik ook gehelp.  Sy het ons servette gemaak en baie raad gegee.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse PlaastroueBoheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons al twee was die oomblik toe ek by die gangetjie af geloop het die mees merkwaardigste deel van die dag!  Ons trou motore was Karl-Hein se Cruiser, en ek en my pa het aangery gekom op die mooiste liedjie, “Can’t help falling in Love” van Crazy Rich Asians.   Karl-Hein het natuurlik almal laat huil met die traan wat hy gepik het.  Dit was so spesiaal!  Ek sal daardie oomblik toe ek en Karl-Hein mekaar vir die eerste keer sien, nooit vergeet nie.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Finansiële Aspekte:


Ons het nie regtig ʼn begroting gehad nie, omdat ons ʼn baie klein troue gehad het.  Ons was baie min mense, en my raad aan enige ander bruid is om NIE teveel geld te spandeer aan onnodige goed nie.  ʼn Troue is soveel meer as ʼn duur rok, ʼn duur venue, die kos, die geskenke, ens.  Partykeer vergeet mens dit.  Nou met ons troue wat gekanselleer was, het ons net weereens besef waaroor dit gaan, en met net ʼn paar mense was dit die beste en mees spesiale dag van ons lewens!

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Wittebrood:


Ons wittebrood was ongelukkig gekanselleer, ook danksy Covid-19.  Karl-Hein sal nog later gaan as alles terugkeer na normaal.  Ons het wet toe vir ʼn paar dae na na ʼn Lodge toe gegaan wat hier naby ons is.  Dit was so spesiaal en lekker en ons is so dankbaar ons kon ten minste iewers gaan.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die bruide:

Wees rustig, vat alles soos dit kom en GENIET die dag!  Dit gebeur net eenkeer.  Neem elke oomblik in en as iets skeefloop, laat dit maar gly.

Vir die bruidegom:

Sê vir jou vrou heeltyd hoe mooi sy lyk.

Boheemse PlaastroueBoheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons was verskriklik gelukkig met ons fotograaf.  Tales of Light het ons foto’s geneem en sy was so lekker en het ons op ons gemak laat voel! Die foto’s het perfek uitgekom en ons het so baie komplimente daaroor gekry.  Ons kos was ook uit die boeke!  Ons het ook baie komplimente gekry oor die kos en almal het hulle vingers afgeëet.  Karl-Hein se tannie (J’S Catering) het die kos gemaak.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


ʼn Baie snaakse oomblik wat nie so perfek was nie, is dat ek (Zané) Karl-Hein se ring verloor het ʼn uur na die troue!  Ek weet nou nog nie hoe ek dit reg gekry het nie.  Ek moes dit vir hom hou vir een of ander rede, en toe hy my later vra waar is sy ring, toe kry ons hom nêrens nie!  Dit het definitief bietjie vermaak ook verskaf op die dag!

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Die Besluitnemingsproses:


Ons is ʼn paartjie wat daarvan hou om alles te deel en saam besluite te maak.  Nie net met die trou reëlings nie, maar deur ons hele verhouding.  Ons verstaan mekaar goed en glo en weet die ander een sal die regte besluite maak wat vir ons albei se voordeel is.  Karl-Hein het my spasie gegee en gesê hy weet hy gaan van alles hou wat ek kies, so ek het maar meeste van die besluite gemaak en hom net heeltyd op hoogte gehou van alles.  Ons is ook geseënd met baie ondersteunende en betrokke ouers en vriende wat altyd ʼn helpende hand vir ons gehad het.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Venue & Dekor:


Natuurlik het ons toe nie by ons aanvanklike venue getrou as gevolg van Covid-19 nie.  Dit het ons toe toegelaat om op ons droom plek te trou – op ons eie plaas onder die doringbome met die wildsbokke om ons.  Die hout bankies waarop die twee gesinne gesit het met die Nguni vel waarop ons ons beloftes aan mekaar gemaak het, het die dekor so elegant en sag afgerond.

Ek het lank foto’s en idees op sosiale media bymekaar gemaak waarvan ek gehou het in terme van die dekor.  My styl en smaak is Boheems en ons blomme en die plaas tema het perfek by my smaak gepas.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

Paartjie se styl:


LESS IS MORE! Ek het ʼn baie eenvoudige rok aangehad met niks detail nie. Karl-Hein se troupak was donker blou, en dit het so mooi by my rok gepas. Ons al twee se ringe is ook baie stylvol en eenvoudig. Ons hou van min detail en dit het perfek op die plaas ingepas.

Boheemse PlaastroueBoheemse Plaastroue

Eerste Dans:


Ja ons het, maar ons het glad nie voorberei vir dit nie. Omdat ons so ʼn klein troue gehad het, het ons gedink dis nie eers nodig nie. Maar op die aand het almal gevra dat ons die dansbaan open. Ons het op Eden se Lyf teen Lyf gedans.

Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue Boheemse Plaastroue

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


JA JA JA! Ons troue was gekanselleer, en toe het ons besluit om ʼn klein troue te hou op ons plaas.  Ons wou nie wag tot volgende jaar nie!  Alles gebeur tog met ʼn doel en ons het die beste dag gehad, al was dit nie ons oorspronklike planne nie.

Boheemse Plaastroue Boheemse PlaastroueBoheemse Plaastroue

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]