Jurgens & Erma se prettige verlowing foto’s

Jurgens en Erma se prettige verlowing foto’s sal ‘n glimlag op jou gesig gee.  Die paartjie het die oulikste fotosessie gehad en wou iets hê buiten hul gemaksone.  Ons is mal oor die idee.  Dit help jou om klaar gewoond te wees aan die idee van foto’s wat geneem word.  So sal jy nie so gestres wees op die dag van jul troue nie.

Erma en Jurgens het drie verskillende agtergronde gehad vir hul fotosessie.  Die eerste een was ‘n prettige paar foto’s op ‘n fiets.  Baie oulik!  Dan het die paartjie in die veld pragtig gelyk in hul sagte seegroen uitrustings, wat ‘n kontras was tot die neutrale landskap.   Ons is mal oor die Potchefstroom se kalk hope landskap.  Met Erma se Mostert kleur vloeiend rok en  die sagte ligblou sonlig bo hul.  Sjoe dit is prentjie mooi!

Is jy verloof?  Beplan jou troue aanlyn met Mooi Troues.  Besoek ons trougids vir fantastiese diensverskaffers vir jou troudag.  Kontak die diensverskaffers sommer direk deur ons webtuiste, maklik en vinnig.  Ons wil hê, jou troue moet stresvry verloop.  Vir nou, geniet Erma en Jurgens se prettige verlowing foto’s hieronder.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Erma het in 2017 as ʼn jong aspirante studente onderwyseres by Laerskool Mooirivier begin.  Jurgens se ma was al ʼn gesoute onderwyseres by die skool.  Na afloop van vele gesprekke tussen haar en Erma het ʼn sterk vriendskap geblom.  Hierdeur het Jurgens se ma hom toe vertel van die “Jong Juffroutjie” wat nuut is en oulik is.  So, na afloop van die gesprek kon Jurgens nie wag om verdere kennis in te stel op Erma nie.

Sowat na ʼn week se wag voor die verkeerde klas by die skool.  Dit met sy ma se redigering, het hy toe op 29 Mei 2017 die moed vir ʼn laaste keer bymekaar gemaak en Erma toe omkant gevang.  Tydens skooltyd aan haar deur gaan klop en gevra vir ʼn koffie.  Die koffies het toe nooit opgehou nie.  Jurgens was in sy finale jaar van studies en Erma aand die begin van haar onderwys loopbaan.

Al was die wêreld so klein, was hul albei saam op Hoërskool.  Dit was net vir die regte tyd en die regte plek. So was dit net gepas om mekaar beter te leer ken en ʼn sterk vriendskap en van self na die eerste ontmoeting gekom.  Van die maand wat hul mekaar ontmoet het was dit 3 jaar tot Jurgens Erma se mooiste droom laat waar word het en haar gevra om sy beste maat veraltyd te wees.  So het hulle op die 1 Mei 2020 verloof geraak.

fun engagement photosfun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Die groot vraag:


Jurgens het die verlowing lank al beplan, maar die ring het nie te veel gebrand nie met die dat hy opsoek was na die beste geleentheid wat Erma nie sal verwag nie.

Die ring was vir 6 maande op ys sodat die dag net só groot verrassing en spesiaal sal wees vir Erma soos vir hom.

Erma is ʼn laatlam en dus was daar baie broers en susters wat Jurgens belangrik geag het om persoonlik te vertel van die beplande verlowing.  Hy het kilometers agter almal aangery en so by elkeen ʼn draai gaan maak en vertel van sy groot planne.  Hy het ouers gaan vra en só was alles in plek.

Aanvanklike plan:

Die aanvanklike plan was deur Covid19 in die wiele gery.  Met die dat Erma en hy toe grendeltyd weg van mekaar spandeer het, het die verlange erger geraak en die vraag se afwagting aan Jurgens se kant groter en uitgerek.  Dus het hy toe ʼn kans gevat en sy pad na die Oos-Vrystaatse vlaktes gemaak na Erma toe wat by haar suster hulle was.

Jurgens ken Erma se hart en het van die begin af die verlowing op die plaas beplan omdat dit is wie Erma is.

só het hy haar verras en gaan kuier en die familie was deel van die verrassing.  Jurgens en Erma het een oggend veld toe gegaan en piekniek gaan hou , toe raak die oomblik groot en Jurgens gaan op sy knieg en van daar af was dit nie net die diamant wat geblink het nie maar Erma se ogies ook.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Hoekom ons mekaar liefhet:


As ek na Jurgens en sien hoe hy met mense werk sien ek ʼn deel van God.  Hy praat met almal mooi en met respek.  Van sy ouers tot met die persoon in die supermark hanteer hy elkeen met respek.  Jurgens werk so mooi met my.  Hulle sê as jy wil weet watter tipe man jy gaan kry, kyk hoe werk hy met sy ma en daar is nêrens ʼn mooier ma en seun verhouding nie.  Ek waardeer sy sagkens en sy nederigheid bo alles.  Hy is tevrede met die minste.  Jurgens  skep vir my sekuriteit in alles wat ons aanpak.  Hy kan vir my kyk en ek weet dat hy my só lief het en in ʼn hele groep mense sal ek hom altyd uitkies.

Erma het ʼn baie sagte hart.  ʼn Hart wat altyd wil help en altyd plek het vir nog een net soos ʼn taxi.  Haar vriende kring is so wyd soos die Here se genade.  Sy ag vriendskap hoog en familie waardes hoër.  Sy is baie nederig.  Voor ek vir Erma ontmoet het, het ek NOG NOOIT iemand geken wat so vinnig vriende kan maak nie.  Sy is geselligheid van self.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het alreeds ʼn trou datum en is hard aan die beplan.  Die slapies word afgetel.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photosfun engagement photosfun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Die verloofring:


Soos elke meisie het Erma skimpe links en regs gegooi en seker gemaak daarvan dat Jurgens mooi moet weet hoe die ring moet lyk.  ‘n Baie spesiale storie is die grootte van die ring.  Elke kêrel wonder daaroor as hy aan verloof word dink … maar vir Jurgend was dit maklik gemaak.

Twee spesiale vriendinne van Erma het gesorg dat Jurgens nie daaroor sal wonder nie.  ‘n Verlore seëlring wat by hulle in die skool se kantoor gelê het per toeval vir Erma perfek gepas.  Toe sy die dag speel-speel hom aangepas het.  So het hulle toe skelm die ring toe gedraai en veilig by Jurgens gekry met ʼn spesiale briefie wat gesê het “as jy ooit gewonder het”.  Só het die twee ook skimp saam Erma vir daardie blink klippie.

fun engagement photos fun engagement photosfun engagement photos fun engagement photos

Rede vir die verlowing fotosessie:


Die verlowings sessie was die eerste aksie wat ons laat voel het soos verloofdes. Omdat ons in grendel tyd was kon ons nooit venues gaan besoek het nie en het ons nie as verloofdes baie gehad daarvan om die hele verloof wees te kon inneem nie. Nadat ons toe met Merlot ons fotograwe bevestig het het ons toe ‘n datum vir ons verlowings foto’s sessie gekry. Dit was vir ons baie spesiaal en was dit vir ons ʼn groot avontuur.  Die hoof rede was om as eerste fotosessie te kon vasvang as ʼn paartjie en vir die toekoms wat voorlê.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Erma en Bernice van Merlot Photography was in noue kommunikasie oor die fotosessie.  Erma en Jurgens se stokperdjie is om fiets te gaan ry so dit was vir die eerste foto’s die inspirasie om iets uitbeeld wat hulle beskryf en aan hulle eie is.

Só het Bernice en Erma koppe bymekaar gesit en by die indrukwekkende idee uitgekom van die foto’s wat by Potchefstroom se kalk hope geneem is met die geel aand rok. Die foto’s is juis iets anders omdat Erma en Jurgens graag uit hul gemaksone wou klim.  Dit was so ʼn spesiale foto sessie wat beide vir paartjie en fotograaf lekker was.

Die veld foto’s se inspirasie het gekom van hul verlowing af en die gevoel daarvan moes romanties wees omdat hulle die idee van hulle verlowing wou weerspieël.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photos

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Almal het vir ons vertel dat dit vinnig verby vlieg en om alles te geniet en so lank as moontlik verloof te wees om dit ordentlik in te neem.  Ons voel wel dat ons só opgewonde is oor die toekoms dat die troue al gister moes wees.  Die opwinding is groot.  Covid19 speel ʼn groot rol en neem baie van die opwinding van mens af weg.  Ons bly positief en maak op die oomblik van elke situasie die beste.  Tog leer mens nou ander smake en giere van mekaar ken. Dit maak die proses interessant en lekker.

fun engagement photos fun engagement photos fun engagement photosfun engagement photos

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]