By Mooi Troues deel ons dekor en meubel huurdiens advies vir julle troue. Hierdie is ʼn belangrike artikel vir die paartjies wat wel self dekor gaan huur by ʼn verhuring besigheid. Baie paartjies huur meubels, dekor en breekware vir hulle troue. Daar is baie verskillende verhuring besighede in die trou bedryf. Van hulle is baie goed en van hulle minder goed, so doen eer behoorlik navorsing. Dit hang af waarna jul opsoek is. Jul kan amper alles vir julle troue in huur, alles hang af van julle begroting.
Baie paartjies is ook bang om dekor en meubels te huur vir hul besigheid, omdat hulle nie verstaan hoe dit werk nie. Ons is baie gelukkig in Suid-Afrika om fantastiese dekor en meubel verhuring besighede te hê. Hulle het die mooiste items en kan ook die aflewering doen, indien nodig. Dit is lankal nie meer net ʼn huurdiens nie, dit is ʼn huurdiens met ʼn goeie ervaring.
Besoek Mooi Troues se Trougids indien jul opsoek is na ʼn verhuring besigheid vir julle troue. Mooi Troues het betroubare diensverskaffers wat jul kan gebruik vir julle troudag, sonder onnodige stres. Onder is ʼn paar punte om julle verhuring proses te vergemaklik.
Huur by ʼn betroubare besigheid:
Moet nie net by enige besigheid wat jul aanlyn sien huur nie. Doen bietjie huiswerk voordat jul boek. Kyk na hulle resensies aanlyn. Maak seker jul doen julle huiswerk voordat jul gebruik maak van ʼn verhuring besigheid. Daar is baie fantastiese verhuring besighede daar buite. Alhoewel daar baie is wat fantasties is, is daar ook die wat minder fantasties is. Dit is belangrik dat jul weet die verhuring besigheid wat jul gebruik is betroubaar en voldoen aan julle vereistes.
Jul hoef nie bang te wees om iets te huur vir julle troue nie. As jul die regte verhuring besigheid vind, dan sal die proses maklik en stresvry wees. Besoek Mooi Troues se Trougids indien jul opsoek is na ʼn verhuring besigheid vir julle troue.
Bespreek julle items vroegtydig:
Verhuring besighede kan redelik besig raak, veral gedurende die trou-seisoen. Maak seker sodra jul ʼn troudatum en venue bevestig het, dat jul so spoedig moontlik begin dink aan dekor. Dit is veral belangrik om vroegtydig te boek as jul julle troue self beplan. Omdat hulle ʼn beperkte aantal items in voorraad het, is items onderhewig aan beskikbaarheid. Beplan vroeg en jul sal nie teleurgesteld wees nie.
Kry kwotasies of vra vir ʼn katalogus met pryse:
Deesdae kan jul dekor en meubel verhuring pryse maklik aanlyn vind. Party besighede gee julle ook die opsie om dit aanlyn te bespreek en betaal. Indien jul spesifieke items soek en jul wil die totale koste bereken sal die beste wees om ʼn kwotasie te kry. Dit gee julle dan ʼn idee van die totale koste berekening vir die huur van die items. Alles hang mos af van die tipe items wat jul wil huur en die hoeveelheid.
Onthou om julle troudatum in te sluit en ook die plek waar jul gaan trou. Dit gee die verhuring besigheid meer besonderhede en hulle kan beskikbaarheid van die items so kyk. Meeste besighede se kwotasies is slegs geldig vir ʼn 7-dae periode. Indien jul die items wil bespreek verlang meeste besighede ʼn deposito betaling binne 7-10 dae. Daar is geen waarborg dat die bespreking beskikbaar sal wees na die verval datum van die kwotasie nie.
Deposito’s:
Elke besigheid het sy eie deposito klousule. Meeste verhuring besighede het ʼn deposito klousule van 30% tot 50% vir ʼn deposito wat wel terugbetaalbaar is. Dit is addisioneel tot die totale bedrag om die bestelling te plaas. Maak altyd seker dat die trou datum, aflewerings datum, optel datum en adres korrek is op die faktuur. Indien enige informasie nie korrek is nie, kontak die verhuring besigheid onmiddellik. Moet nie die deposito betaal en dan niks sê nie.
Betalings:
Meeste betalings word deur aanlyn betalings gedoen. Hou al julle bewys van betalings aan alle diensverskaffers. Ons praat nie hier net van verhuring besighede nie. Dit is belangrik om alle bewys van betalings te hou. So kan jul ʼn rekord hou van wie en wat klaar betaal is en wie nog moet betaal word. Party besighede aanvaar slegs EFT betalings. Party besighede mag dalk kredietkaart fasiliteite hê. Maak ook seker wanneer die finale betaling gemaak moet word. Party plekke sê ʼn week voor die troue, party 72 uur voor die troue. Weereens, elke besigheid het verskillende maniere van dinge doen. Jul moet net verstaan wat die besigheid waarvan jul gebruik maak se manier is.
Kansellasies:
Dinge val voor en dan moet mens noodgedwonge kanselleer. Maak seker jul verstaan die kansellasie klousule baie goed voordat jul die kwotasie aanvaar. Alle besighede hanteer kansellasies anders. Party het ʼn glyskaal waarmee hul bepaal hoeveel die kansellasie fooi sal wees. Seker besighede sal ʼn sekere presentasie van die deposito terughou. Dit hang af van die spesifieke verhuring besigheid wat jul van gebruik maak. Kansellasies sluit ook in enige veranderinge van produkte en die hoeveelhede. Baie verhuring besighede het ʼn grasie periode waar jul seker dinge mag verander, vra hieroor wanneer jul boek.
Versteekte kostes asook terme en bepalings:
Maak nie saak by wie jul huur nie, lees altyd eers die terme en bepalings. Moet nie net iets teken omdat jul baie graag ʼn item soek en dit nêrens anders kry nie. Lees eers deur die terme en bepalings. Vra oor enige addisionele en versteekte kostes. Dit is belangrik om dit vooraf te weet. Omdat klein kostes vinnig kan opbou en vinnig ʼn groot bedrag word.
Aflewering van gehuurde items:
Meeste verhuring besighede het ʼn aflewering diens binne ʼn seker radius vanaf hulle stoorkamers. Vra die verhuring besigheid voordat jul julle kwotasie doen of hulle kan aflewer by jul venue. Indien wel, wat die kostes betrokke sal wees. Hoe lank voor die tyd sal hulle dit dan kom aflewer? Hoor ook by jul trouvenue of hulle vroeër mag kom aflewer. Vra ook of die prys insluit om die items weer te kom oplaai by die venue? Bevestig ook met jul trouvenue wanneer die items opgelaai mag word. Indien die verhuring besigheid nie self ʼn aflewering diens het nie, vra of hul iemand professioneel kan aanbeveel.
Rapporteer foute onmiddellik:
Alle items wat gehuur word is die huurder se verantwoordelikheid. Die huurder sal aanspreeklik gehou word vir enige items wat beskadig of vervang moet word. Dit is hoekom jul onmiddelik die verhuring besigheid moet inlig indien jul iets ontvang en dit is nie reg nie.
Neem sommer foto’s van die items soos jul dit uithaal. So kan jul ʼn rekord hê as iets fout is. As jul nie die foute rapporteer nie kan jul aanspreeklik gehou word. Hou alle verpakking waarin items afgelewer is. jul sal die items weer daarin moet sit na die troue. Moet nie enige verpakking weggooi nie. Indien jul nie die verpakking terugkeer nie, mag jul dit moontlik moet betaal.
Artikel Krediet:
- Teks: Mooi Troues
- Foto’s: Pexels