Ricky & Johanné se stylvolle skuur troue

Met baie opgewondenheid deel ons Johanné & Ricky se stylvolle skuur troue met jou.  Die paartjie vertel hoe die troue elemente van albei hul wêrelde insluit.  Dit is nogal ‘n oulike idee vir paartjies om te doen.  Probeer bietjie van elkeen se lewensverhaal en persoonlikheid in bring in julle troudag.

Johanné en Ricky se trou dekor is in kontras met die plaaslewe.  Die pragtige spierwit tafel doeke en elegante kandelare in die plaas skuur venue is prentjie mooi.  Die skryfbehoeftes is deur die talentvolle Sugarbird Creative ontwerp en komplimenteer die paartjie se styl perfek.  Ons is mal daaroor as paartjies die teenoorgestelde doen van wat mens verwag.

The Rose Barn is ‘n plaas-styl trou venue in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Omring deur versorgde groen grasperke, laventel, en uitsigte van die omliggende plase is van die baie redes hoekom die trou venue jou eerste keuse moet wees. Die trou venue is populêr vir sy pragtige tuin seremonies, deursigtige tent en die skuur waarin die trou onthaal gehou word. Hulle bied ook verblyf opsies op die perseel, wat ‘n groot plus punt is.

Dit is belangrik om jou troudag te geniet en nie te veel te stres oor die beplanning proses nie.  Vir fantastiese diensverskaffers wat jy kan vertrou, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet Johanné en Ricky se stylvolle skuur troue hieronder.

bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het amptelik in 2016 ontmoet.  Ek was in September 2015 vir ʼn werksonderhoud en het daarna saam met familie by ʼn restaurant middagete gaan eet.  Aangesien Ricky ʼn boer is en dit ʼn Vrydag was, moes hy sy plaaswerkers inneem dorp toe vir hul weeklikse inkopies.  Terwyl hy vir hulle wag, het hy besluit om middagete by dieselfde restaurant te eet.  Na my onderhoud het ek my portefeulje in die hoof se kantoor vergeet.

Dit was die enigste restaurant op die dorp, so die hoof het onmiddellik geweet waar om my te vind om my portefeulje aan my terug te besorg.  Ricky het die hoof (sy voormalige hoof) genader en gevra wie ek is. In die hoof se eie woorde, “Dit is die nuwe onderwyseres en jy los haar uit!”  Ons het Januarie 2016 by ʼn braai ontmoet en hy het my gevra om te dans.  Drie en ʼn half jaar later vra hy my om te trou met die mooiste piekniek op een van ons gunsteling plekke op sy familieplaas.

bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography bride getting ready photography

Die Verlowing Tydperk:


Ons het op die 13de April 2019 verloof geraak en ons is op die 14de September 2019 getroud.  Dit was die mees opwindendste 5 maande van ons lewens as ongetroude paartjie.  Ek het alreeds vroeg idees gehad van ʼn tema, dekor en blomme waarvan ek hou, so toe ons verloof raak, was dit maklik om te weet waar om te begin.  Gelukkig is ons smaak baie dieselfde en ons het geweet ons huweliksdag moet ons as ʼn paartjie reflekteer.  Die onthaalplek het ʼn troukoördineerder wat ons tydens die beplanningsproses begelei het.  Sy het ook die blomme vir ons troue gedoen, so sy het presies geweet wat ons wil hê en hoe om ons drome van ons sprokiesdag te verwesenlik.  Ons het ook baie hulp en raad van ons fotograaf ontvang.  Dit was so lekker om saam met professionele en ervare verskaffers te werk.

groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography groom getting ready photography

Finansiële Aspekte:


Ek en Ricky is albei baie tradisioneel groot gemaak.  Ons het ooreengekom dat die bruid se ouers vir die troue betaal, die bruidegom se ouers vir die blomme en drinkgoed betaal en die bruidspaar hul gevolg se kostes gaan dek.  Albei van ons het kwotasies van verskeie verskaffers gekry, met mekaar vergelyk en dit met ons ouerpare bespreek. Elke ouerpaar het op die beste opsies vir begrotings besluit.  Soos die beplanning gevorder het, was daar seker kostes wat ons bruidspaar graag wou betaal, byvoorbeeld die skryfbehoeftes en trou-uitnodigings.  Ons het boek gehou van al die uitgawes en kon só seker maak dat ons in die begroting bly.   Daar was wel ʼn paar ekstra uitgawes van items wat ons graag wou hê, byvoorbeeld spesifieke wyn, ʼn alternatiewe tent vir die seremonie en ʼn koffie-stasie vir die koue aand.

Ons het 150 gaste uitgenooi en op die ou einde het 128 gaste ons spesiale dag saam met ons gevier.  Raad vir toekomstige paartjies is om realisties oor die begroting te wees en eerlik en gereeld met al die betrokke partye oor die begroting te praat.

South African Wedding Ceremon South African Wedding CeremonSouth African Wedding South African Wedding South African Wedding South African Wedding South African Wedding South African Wedding South African Wedding Ceremon South African Wedding Ceremon South African Wedding Ceremon South African Wedding Ceremon South African Wedding Ceremon South African Wedding Ceremony

Die Besluitnemingsproses:


Ricky- Ek het ʼn verloofde gehad wat van die begin af presies geweet het wat sy wou hê. Dit het alles vir my ongelooflik maklik gemaak en daarom was die eindproduk bo my verwagtinge. Ons het saam navorsing gedoen en saam na idees gekyk. Dit was spesiaal om saam te droom en saam te kon beplan.

Johanné – Ek het baie idees gehad van waarvan ek hou en hoe ek dit wou hê. Ek het gewoonlik so 2 of 3 van my top keuses vir Ricky gewys en dan het ons saam na die opsies gekyk. Ek het ʼn lysie gehad van reëlings wat getref moes word en dit het baie goed gewerk om vir hom ʼn paar take te gee om te verrig.

Ons was oop vir raad van familie en vriende. Dit was lekker om idees by getroude paartjies te kry en om te kon hoor wat werk en wat werk nie. Ons albei se ouers was deel van die beplanning en reël van die troue, só oók die strooimeisies en strooijonkers. Dit was ʼn lekker spanpoging.

South African Wedding South African Wedding South African Wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Johanné – Vir my was die merkwaardigste oomblikke van die dag toe my pa my vir die eerste keer in my trourok sien.  Dit was ook wonderlik toe al ons gaste opstaan en ons op die maat van Andy Grammer se “Don’t give up on me” as meneer en mevrou verwelkom.

Ricky – Die merkwaardigste oomblik van die dag was ongetwyfeld die oomblik toe ek my vrou in die paadjie sien aankom.  Ons eerste dans as meneer en mevrou was onbeskryflik.

shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography shaula greyvenstein photography

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons gunsteling diensverskaffer is beslis ons venue, The Rose Barn.  Dit was ʼn fees om saam met die span te werk.  Kort na die bespreking van die venue, het die koördineerder vir ons ʼn lys van diensverskaffers waarmee die venue gereeld werk, gestuur.  Dit het dit baie maklik gemaak om verskaffers op te spoor en te weet watter aspekte van ʼn troue verskaffers nodig het.  Deur by The Rose Barn te trou, het verseker dat ons geen ander dekor of ekstra apparaat hoef te huur nie.  Alles wat ons nodig gehad het kon ons by die venue kry.  Die personeel is vriendelik en hulpvaardig en help om jou dag ekstra spesiaal te maak.

Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay Photographers in Jeffreys Bay

Paartjie se styl:


Ons styl as paartjie kan die beste beskryf word as minimalisties en klassiek.  Ek wou nog altyd ʼn “groot”, maar elegante trourok hê.  Alhoewel ek geweet het wat ek wou hê, was dit vir my belangrik om nogsteeds verskillende style rokke aan te pas om seker te maak dat ek die styl kry wat die gemaklikste is en die beste by my pas.  Ricky het saamgestem met al die idees wat ek gehad het, maar sy enigste voorwaarde was dat hy graag in ʼn blou pak wou trou.  Gelukkig is donkerblou tydloos en was dit deel van die kleurskema so alles het goed saamgewerk.

Johanné – My troupant pas perfek by my verloofring. Die bandjies is presies dieselfde en die ringe is deur dieselfde juweliers vervaardig.  Ek wou graag ʼn klassieke en elegante ring hê- my verloofring het ʼn diamant ewigheid bandjie en ʼn solitaire diamant in die middel.  Die troupant is ook ʼn diamant ewigheids pant.

Ricky – Ek wou ʼn ring gehad het wat uit ʼn duursame materiaal vervaardig is wat die wind en weer van die boerdery sal kan weerstaan. ʼn Eenvoudige pant met ronde afwerkings.

Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas

Venue & Dekor:


Ons venue was asemrowend.  Ek het in die verlede al foto’s van die venue gesien en absoluut verlief geraak op die uitsig en die afwerkings van die geboue.  Ek het heeltyd geweet dat dit ʼn plek is waar ek graag sal wil trou.  Dit het geen oortuiging gekos vir Ricky om in te stem nie.  Die venue is ʼn goeie mengsel van oud en nuut.  Die ou skuur met nuwe en klassieke elemente reflekteer ons verhouding so mooi.  Ons het ons eie verduideliking daarvoor.

Die skuur verteenwoordig die plaas en die boerdery – Ricky se wêreld.  Glasdeure, spieëls en nuutheid verteenwoordig die stad – my verlede.

Die inspirasie vir ons dekor was minimalisme, skoonheid en die reinheid van die huwelik.  ʼn Strokiesverhaal van liefde, die natuur en ʼn nuwe begin.

Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Johanné:

Moet jou nie oor die klein dingetjies bekommer nie.  Op jou troudag gaan jy op ʼn wolk sweef en niks van die klein goedjies wat nie uitgewerk het, onthou nie.  Besluit op ʼn tema en hou daarby.  Moet nie te veel na ander idees op Pinterest of ander webblaaie kyk nie – dit gaan jou net deurmekaar maak.  Bly by jou oorspronklike keuses en die idees wat julle as paartjie uniek maak.  Betrek jou ma, skoonma en strooimeisies by die beplanning.

Dit maak dit só opwindend en dis altyd goed om na raad te luister.  Woon ʼn huwelik voorbereidingskursus by jul kerk by.  Dit help om die vrae rondom die huwelik te beantwoord en om as ʼn paartjie saam geestelik te groei.  Stel ʼn program vir jou troudag saam, sodat al die verskaffers presies op tyd is en jou dag vlot kan verloop.  Geniet elke oomblik van die beplanningsproses.  Dis só ʼn kosbare tyd in jul verhouding.  Maak seker dat jy en jou man vir vyf minute alleen is voor jul die onthaalsaal ingaan, net om die gevoel van uiteindelik getroud wees in te neem.  Laastens, neem ʼn oomblik deur die loop van die aand en neem alles in.  Na die tyd voel dit regtig soos die beste droom.

Ricky:

Dit is belangrik om nie die aand voor jou troudag te laat te gaan slaap nie.  Maak seker dat jou vriende en strooijonkers weet dat jy uitgerus wil wees.  Sorg dat jy eerder vroeër in die week ʼn lekker kuier saam met vriende het.  Op jul troudag, probeer om dit só spesiaal as moontlik vir jou toekomstige vrou te maak.  Bederf haar met klein geskenke en blomme wat nie deel van die trou blomme is nie.  Ondersteun jou verloofde tydens die beplanningsproses en luister na haar idees.  Wees eerlik oor jou keuses- dit is jul albei se troudag.  Geniet elke oomblik en moet nie goed oordink nie.

Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas Elegant barn wedding Reception Ideas

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]