Eugene & Joané se elegante selfdoen troue

Ons deel met ons lesers nou Eugene en Joané se elegante selfdoen troue in Gansbaai.  Hierdie paartjie se troue is ʼn elegante moderne troue met tikseltjies rustieke elemente.  Dit is so mooi hoe die sagte dekor en die tikseltjies rustieke elemente so mooi saam werk.  As jy twee heeltemal teenoorgestelde elemente goed verbind kan dit fantasties lyk.

Murasie is ʼn moderne trou venue met baie glas en natuurlike lig, geleë op ʼn plaas tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai. Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue.  ʼn Pragtige Trou Venue omring deur prentjie mooi natuur tonele.   Daar is tonne foto geleenthede by hierdie trou venue.  Murasie bied ook selfsorg verblyf op die plaas, perfek vir jou trou gaste.  

Joané se vloeiende trourok is prentjie mooi.  Ons is gaande oor die detail op die rug en oor die skouers.  Dit eindig die rok so mooi af en gee dit ʼn baie klassieke gevoel.  Dan is daar  Joané se pragtige hand ryker.  Sjoe!  Daardie hortensias, ook bekend as krismisrose, is pragtig en word so mooi gemeng met die ander blomme.

Dan is daar die dekor elemente soos die liggies wat alles so mooi laat skitter.  Die paartjie het die mooiste blom ontwerpe gehad op die tafels.  Met die deurskynende stoele, rou hout tafels en blou wynglase is ʼn wen kombinasie.  Eugene en Joané se troue was ʼn gesellige kuier met familie en vriende.  Geniet hul troue hieronder en vind sommer tonne trou inspirasie hiervan.

Bride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photos

Paartjie se Liefdesreis:


Ek, Joané, het einde 2014 Stanford toe getrek. Nadat ek klaar studeer het, het ek op Stanford as Maatskaplike Werker begin werk.  Ek het vrede gemaak met die feit dat dit ʼn klein dorpie is en dat ek heel moontlik in die tyd wat ek op Stanford is nie ʼn kêrel sal ontmoet nie.  Deur die kerk en die aard van my werk, het ek vinnig baie mense leer ken.  Binnekort het ek gereeld saam met vriende daar begin braai en ook hulle familie begin leer ken.

My beste vriendin van skool het een naweek kom kuier en ek het toe sommer pelle van Stanford ook oor genooi. Die een ou het gevra of hy sy neef kan saam bring wat die naweek by hulle kom kuier het. Die neef was toe Eugene. Eugene se ouers, wat ek toe alreeds geken het, het ook op Stanford gewoon en hy het gereeld vanaf Wellington vir hulle kom kuier. Ons het die aand van die braai lekker gesels en Eugene het tot aangebied om die skottelgoed te was.

Die Facebook boodskap:

Ek het die volgende dag Eugene op Facebook gaan opsoek en vir hom ʼn boodskappie gestuur om dankie te sê vir die lekker aand en die skottelgoed wat hy gewas het. Ons het toe aan die gesels geraak en Eugene het vir my nommer gevra sodat daar verder op Whatsapp gesels kon word. Tot vandag toe stry ons oor wie het eintlik die eerste indruk gemaak.  Ons het vir 2 jaar ʼn langafstand verhouding gehad.

Eugene het in tussen Somerset-Wes toe getrek om nader aan die sy werk te wees en kort daarna het ek ook terug getrek Somerset-Wes toe, aangesien dit my tuisdorp is. Dit was wonderlik om in dieselfde dorp te kon woon en mekaar meer gereeld te kon sien. Ek het verder begin studeer, maar tussen deur werk, gestudeer en vriende het ons altyd steeds tyd gemaak vir mekaar. April 2019 het Eugene my uiteindelik gevra om te trou.

Ons het een Saterdag, dit was al skemer, gaan stap met ons hondjie, Maggie. Ons het gereeld met haar in die park gaan stap, maar hierdie keer was ʼn bietjie vreemd aangesien dit reeds amper donker was. Ek was half op my senuwees, aangesien ek gevoel het, dit nie regtig baie veilig is om in die donker in die park rond te loop nie. Daar is die mooiste rivier en ons het al langs die rivier af gestap.

ʼn Spesiale briefie:

Die padjie kom na ʼn ruk by ʼn bruggie uit en hoe nader ons aan die bruggie gekom het, hoe vinniger het Eugene begin stap en my hand al stywer vas gehou. Toe ons by die bruggie kom, het Eugene my gevra om my oë toe te maak en saam met hom te stap. Ek kon hoor ons was naby die water en dat hy ons hondjie roep. Toe ek my oë oop maak, was Maggie op pad na my toe met ʼn briefie om haar nek. Die briefie het gevra “Will you marry my daddy?”. Toe ek omdraai het Eugene daar op sy knie gestaan met die ring boksie na my toe uitgehou. Ek het onmiddellik “JA!!” gesê. Ons was reg langs die rivier en al die bome om ons was vol “fairy lights”. Eugene het vonkelwyn uitgehaal en ons het saam ʼn glasie op ons toekoms geklink!

Ons ouers het van die verlowing geweet en vir ons ʼn baie lekker familie braai gereël waar ons saam met ons geliefdes die wonderlike nuus kon vier!

Bride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photosBride getting ready photos

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Advies vir die dames:

Moenie toe laat dat ander mense vir jou besluite neem nie. Jy weet wat jy en jou verloofde graag wil hê. As jy nie te vrede is met iets nie, sê so anders gaan jy na die tyd net spyt wees. ʼn Mens kry hierdie spesiale dag net een keer in jou lewe, so dit moet presies wees wat julle graag wil hê!

Advies vir die manne:

Probeer jou toekomstige vrou help met die beplanning waar jy kan, want daar gaan baie meer beplanning in ʼn troue in as wat jy dink en geniet elke oomblik van die troue en neem elke oomblik in, want dit is verby in ʼn oogwink.

groom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photosgroom getting ready photos

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 11 maande verloof (20 April 2019 – 22 Februarie 2020).  Ek en Eugene het ons troue self beplan.  Ons het gelukkig ook baie hulp van my ouers af gehad met die beplanning.

groom getting ready photoswedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremonywedding ceremony

Merkwaardigste Oomblikke:


Die seremonie was vir my, Joané, die mees spesiale deel van die dag. Die oomblik toe ek voor die kerkie in Baardskeerdersbos staan en die deure gaan oop, was dit net die wonderlikste gevoel! Ek droom al my hele lewe lank om saam met my pa in die padjie af te stap na die man van my drome. Daar is nie woorde om daai gevoel te beskryf nie. Eugene se reaksie toe hy my sien was net so spesiaal! Die oomblik toe ons trou aan mekaar beloof en ons in mekaar se oë kyk en net weet dat hierdie is vir altyd!

Vir my, Eugene, was die merkwaardigste deel om Joané te sien afloop by die padjie en om met haar te trou en die toesprake wat familie en vriende ook gemaak het, was baie spesiaal.

wedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanford

Vermaak:


Husband Wife Team het vir ons gras speletjies voorsien. Ons het giant jenga, mini golf en rolbal gehad. DJ Arries was ons platejoggie en hy het vir ons musiek gespeel tydens die vingerhappies en het ook net geweet hoe om mense op die dansvloer te hou! Hy het gesorg vir ʼn wonderlike makietie!

wedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanford

Finansiële Aspekte:


Ons aanvanklike begroting was R180 000. Ek, Eugene, my ma en pa het een aand gesit en mooi uiteengesit hoeveel ons bereid is om te betaal.  Wie betaal vir wat gaan betaal.  Ek het dit alles neergeskryf in my “trou” boekie.  Dan ook elke keer geskryf wanneer ons klaar deposito’s betaal het en hoeveel geld daar oor was.  Ons het regtig mooi by die begroting gehou.  Behalwe, op die ou end was die rok waaroor ek mal was dubbel die prys van wat ek gedink het en ons dekor was toe ook op die ou end R10 000 meer.

Ek het my rok gesien en aangepas en net geweet daar gaan nie nog ʼn rok wees waarin ek voel soos ek in die een voel nie. Maar ek het daarna nog rokke gaan aanpas, omdat ek gevoel het die rok is te duur, maar ek het net glad nie dieselfde gevoel in die ander rokke gekry nie. Ek het net besluit dat ek nie bereid is om op my rok op te offer nie. Ons wou ook meer blomme gehad het en dit het die prys toe opgestoot. So ons troue het toe R200 000 gekos.

Ons het gebruik gemaak van Appy Couple vir ons trou webtuiste en applikasie. Dit het baie goedkoper uitgewerk as troukaartjies. Ons fotograaf, videograaf en spyseniering se pryse was ook baie goed gewees. Fantastiese diens (foto’s, video en kos), vir laer pryse as meeste van die diensverskaffers daar buite, so ek voel met dit het ons baie gespaar.

wedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanford

Gunsteling Diensverskaffers:


Sjoe ons was regtig so so so gelukkig met al ons diensverskaffers. Daar was regtig nie een wat ons teleurgestel het nie. Ek kan onmoontlik nie net een kies nie, maar as ek moet sal ek sê Husband Wife Team. Ons dekor en beligting was vir my so mooi gedoen. Christien en haar man is so talentvol en het regtig ons spesiale dag tot sy reg laat kom.

ʼn Mens sal nooit verkeerd gaan met Husband Wife Team nie. Die feetjie-liggies was so pragtig, asook die blom-boog, blommerangskikkings en die dekor in die algemeen! Ek moet ook net noem dat Elsa van Elate Photography, DJ Arries en Alida Groenewald (spyseniering) van ons gunsteling diensverskaffers was!

wedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanford

Die Besluitnemingsproses:


Ek, bruid, het meerderheid van die besluite geneem. Die aftiklys was vir Eugene baie vreesaanjaend.   Ek het gereeld vir hom sy opinie gevra en dan ook sy insette waardeer.  Toe het ek vir Eugene ook ʼn to do lys gemaak.  Ons het so een keer ʼn week met mekaar in ge kyk om seker te maak ons al twee is nog op trek. Eugene was verantwoordelik vir die reël van die dominee, sy pak, sy strooijonkers se klere.  Asook sy en sy strooijonkers se akkommodasie, die reël van die botteltjies water vir gaste by die kerk en onthaal en die seremoniemeester.

Hy het ook ons liedjies gekies vir die in en uit stap by die kerk, ons eerste dans, liedjie om in te stap by die onthaal en die liedjies van die gooi van die blomme en kousband. Eugene het baie goeie smaak in musiek so ek het dit in sy hande gelos. My ma en pa was ʼn groot hulp met al die reëlings. Ek het gereeld gespot en gesê dat my pa my trou koördineerder is. Hy het my gereeld herinner aan alles wat nog gedoen moet word.  Dit het my ook op tye gedruk om aksie te neem en om nie te lank met goed uit te stel nie.

Die blou wynglase was sy idee en dit het regtig die tafels baie mooi afgerond. Ek was ʼn bietjie verlore met hoe die blomrangskikkings op die tafels moet lyk. Tussen my ma, pa en Christien het ons reg gekom met iets waarmee ons almal gelukkig was!.  Ek het baie spesifieke idees in my kop gehad, so ek het gehoor wat vriende of familie sou sê, maar in elk geval gedoen dit wat ek en Eugene graag wou gehad het.

wedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanfordwedding in stanford

Venue & Dekor:


Ons het na venue’s in Stellenbosch, Grabouw en in die Overberg gaan kyk.  Trou venue’s is verskriklik duur en veral na ons na venues in Stellenbosch gaan kyk het, het ek vir ʼn paar aande nie geslaap nie.  Die pryse in Stellenbosch is regtig buitensporig duur en baie van die venues verplig ʼn mens om dan ook al hulle akkommodasie vir die naweek uit te boek.  Sommige venues verplig ʼn mens ook om van hulle diensverskaffers gebruik te maak en dan voel dit half ʼn mens het nie meer ʼn sê oor jou troue nie.

Stylvolle elegante venue met rustieke elemente:

Ons was een naweek by Eugene se ouers op Stanford en toe noem ek Murasie op Baardskeerdersbos aan Eugene en sê toe ons moet net gaan kyk, dalk hou ons daarvan? Ek was opsoek na ʼn baie stylvolle en elegante venue en Eugene na iets meer rustiek.  Op daai stadium het ons nog nie iets gekry, waarvan ons al twee hou nie.  Ons het skaars op Murasie aangekom, toe weet ons al twee dat Murasie ons venue is.  Die mooi groen grasperke, die dam en die venue self met al die glasdeure het dadelik my aandag gehad. Die klip effek van die venue, die vervalle klip geboutjie en die plaas gevoel het vir Eugene weer die rustiek element gegee.

Ons het gevoel dit is ʼn baie goeie kombinasie tussen wat ons al twee graag wil hê. Tannie Leana, eienaar van Murasie, het ook vir ons baie goeie plaaslike aanbevelings gemaak vir diensverskaffers, maar was ook oop vir ons eie keuse van diensverskaffers.  Dit het net van die begin af gevoel soos ʼn goeie opsie! Na ʼn ruk het ons ook besef dat Murasie vir ons bedoel was aangesien ons al twee se families oorspronklik van Stanford is.  My oupa het groot geword op Papiesvlei, tussen Stanford en Baardskeerdersbos, en Eugene se oupa en ouma was ook oorspronklik van Stanford en sy ouers en ander familie woon steeds daar. Ons het mekaar ook in Stanford ontmoet. So om toe te kon trou in die Overberg het net reg gevoel!

Dekor beplanning proses:

Die dekor was ʼn baie lang werkende proses. Ek het vir lank op Pinterest gesoek vir idees. Ons was so oor die wit met groen, of vuil pienk of wynrooi kleurskemas. Ek het iets anders, iets meer uniek gesoek.  So het ek altyd die heeltyd die idee in my kop gehad van blou, maar ek was nie seker presies wat nie. Ons het oral inspirasie gesoek, maar was nooit seker nie. Ek het toe eendag na ʼn blomwinkel gery en ʼn blou, pruim, wit en heldergroen kleur blomme bymekaar gesit, net om te kyk hoe dit lyk?

En dit het net vir my gewerk! Ek het iets skoon, vrolik en helder gesoek! Ons het die kleurvolle blomme afgerond met glas, silwer en sement kershouers, botteltjies en vase. Ek het ook geweet dat ek ʼn stowwerige blou tafel hardloper in die middel van die tafels wil hê, wat sag af val aan die kante. Ek het met die idee na Christien van Husband Wife Team gegaan en sy het net gehardloop met dit en al ons drome oortref! Christien is so talentvol en het sulke wonderlike idees gehad.

Murasie Wedding VenueMurasie Wedding VenueMurasie Wedding VenueMurasie Wedding VenueMurasie Wedding Venue

Paartjie se styl:


Ek het van die begin af geweet dat ek graag ʼn rok wil hê wat kant op het asook ʼn mooi rug. Ek het aanvanklik gedink ek gaan van ʼn rok hou wat sag val, maar toe ek rokke begin aanpas het daai tipe rok my korter laat lyk as wat ek reeds is. Die noupassende rokke het baie mooier aan my gelyk!  Ek het heeltyd geweet dat ek iets uniek, maar stylvol soek en ek voel dat my rok presies dit was!

Ek glo baie in die hele konsep van minder is meer, daarom het ek ook my styl afgerond met slegs ʼn paar oorbelle en ʼn fyn armbandjie! Eugene wou graag ʼn vlootblou pak gehad het, en hy het regtig oral gaan kyk wat daar beskikbaar is en toe besluit op ʼn eenvoudige, maar stylvolle pak en das by Woolworths.  Daar was slegs ʼn tikkie kleur by sy sakvierkant.  Met ons ringe het ons uit en uit gegaan met wat ons elkeen se smaak is.  Ek wou graag iets fyn hê, wat nie te bonkig op my hand gaan lyk nie.

Omdat ek klein hande het wou ek aan die juwelier verduidelik dat ek graag klein en fyn steentjies wil hê. Ek wou ook graag iets uniek hê en daarom is die middelste pandjie ʼn ander patroon as die buitenste twee, en die pandjie met die groot diamant dra ek heel bo en nie in die middel soos baie ander trou ringe nie. Eugene het baie gehou van die Tungsten ringe, en het besluit op ʼn swart Tungsten ring met ʼn koolstofvesel insetsel.

wedding receptionwedding receptionwedding reception

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar het regtig niks op ons troudag verkeerd geloop nie.  Ons het wonderlike diensverskaffers gehad en Murasie venue is al so in geoefen met troues dat alles net perfek afloop.  Dit het wel op ons troudag gereën, wat ʼn mens nou nie in Februarie sal verwag nie, maar ons kon gelukkig die dag voor die tyd reël vir ʼn tent tydens die vingerhappies.  Murasie venue het dit vinnig vir ons gereël en opgeslaan. Die reën op ons troudag was eintlik ʼn groot seën.

wedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding reception

Eerste Dans:


Ons het besluit op Phillip Phillips – Gone, Gone, Gone. Soos voorheen genoem was Eugene verantwoordelik om die liedjies vir die dag te kies.  Hy het vreeslik op my senuwees gewerk met ons eerste dans liedjie, want hy het net heeltyd gesê hy sal weet wanneer hy weet, ek moet hom nie aanjaag nie.  Hy het seker eers ʼn week voor die troue op hierdie liedjie besluit.  Ons was eendag op pad huis toe en het musiek geluister in die motor.

Hierdie liedjie het op gekom en Eugene het net gesê hy dink hierdie kan werk!  Die liedjie het woorde waarmee ons so baie mee kan verband hou en dit het ʼn lekker ritme. Ons het nie gegaan vir danslesse nie.  Ek en Eugene het sommer net lekker ge-sokkie! Ons wou dit geniet en nie te veel stres oor dans tegnieke nie!

wedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding receptionwedding reception

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir diensverskaffers]

    [endsection]