1970โ€™s Boheemse Trou Inspirasie

Met opgewondenheid deel ons die 1970โ€™s geรฏnspireerde Boheemse trou inspirasie met jou.  Ons is gek oor die tema van die fotosessie.  Dit is so speels, maar nogsteeds ล‰ formele gevoel tot dit.  Neon kleurskakerings was ook groot in die 1970โ€™s.  Hierdie kleure begin stadig maar seker weer ล‰ terugkeer te maak.

Rabbits Trail was verantwoordelik vir die skryfbehoeftes in die gestileerde fotosessie.  Sy is ook een van Mooi Troues se goedgekeurde skryfbehoeftes bydraers.  Die ontwerp wat sy vir die fotosessie gemaak het is pragtig.  Pas so mooi in by die res van die kleurskakerings en dekor van die fotosessie.  Uitgedroogde blomme gemeng met vars blomme hou dinge interessant.  Die kleurskakerings van die dekor is alles redelik neutraal.  Die neon lig teken gee die fotosessie ล‰ lekker speelse gevoel.

Boheemse trou dekor is baie populรชr regoor die wรชreld en nou in Suid-Afrika.  Dit is ล‰ tendens wat al ล‰ hele tyd aan die gang is, maar jy begin dit nou meer sien. Jy sal dit nie sonder fantastiese diensverskaffers kan doen nie.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir die beste diensverskaffers vir jou troudag.  Geniet hierdie 1970โ€™s geรฏnspireerde Boheemse trou inspirasie hieronder.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Wie het die fotosessie gereรซl?


Liandri Lensley Photo & Film het die fotosessie gereรซl en die beste span betrek. Na die hele span deel geword het, het elk hulle eie inspirasie en idees ook gedeel, sodat ons almal kreatief op dieselfde bladsy kon wees. Elke spanlid het haar talente gebruik en saam het ons hierdie droom/ visie ล‰ realiteit gemaak.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Inspirasie agter die fotosessie:


Boheemse troues is al ล‰ ruk lank baie groot oorsee.  Dit het eers die laaste jaar of twee in Suid-Afrika populรชr geword. Die 1970โ€™s hippie era se modes het bekend gestaan vir klere en trourokke wat โ€™n indruk  gemaak het.  Groot, los moue en rompe, kreatiewe kant patrone, groot kleurvolle oorbelle en โ€™n โ€œfunkyโ€ hoed. Dit het โ€™n prentjie van โ€™n bruid geskep as sorgeloos, vry en avontuurlustig, maar steeds klassiek en romanties.

Elke bruidspaar verdien om sorgeloos, vry en spesiaal te voel op hulle troudag en ook uit te sien vir hulle avonture saam in die toekoms. Die huidige omstandighede van die wรชreld het baie negatiewe gevolge, maar dit kon nog nooit die liefde oorwin nie. In die 1970โ€™s het โ€œneonโ€ ook โ€™n simbool van hoop geskep en so het ons ook gebruik gemaak van โ€™n pragtige pienk neon teken.

Verder het ons ook inspirasie gekry van populรชre temas tans in Suid-Afrika se trou industrie,  Tendense soos terracotta, neutrale kleure en ander helder kleure.  Kleure soos geel, asook pampas grasse, gedroogde blomme en om die blomme nog meer uniek te maak โ€“ ingevoerde rose van Kenia wat โ€œCafe Latteโ€™sโ€ genoem word.

Die driehoek trou-boog en driehoekige troukoek is ook gekombineer met die boho tema. Die driehoek simboliseer hoe twee mense โ€œeenโ€ word. Ons fokus weer op die liefde tussen twee mense en so begin Suid-Afrikaners ook besef dat โ€™n groot troue nie altyd โ€™n moet is nie.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Elke diensverskaffer is so talentvol, gesog in die industrie en baie kreatief. Dit was ล‰ eer gewees om saam met elke persoon te werk. Die pandemie het mense se lewens omgekeer en dit was so lekker om weer bietjie iets positief en kreatief te doen saam met nog passievolle en kreatiewe mense. Hierdie diensverskaffers kan op staat gemaak word om op jou groot dag hulle beste te gee in dit waarin hulle goed is!

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Mees spesiale deel van die fotosessie:


Yana en Hj, ons modelle en bruidspaar vir die dag, het in die grendeltydperk ล‰ klein troue gehad met slegs familielede. Op die dag van die fotosessie was hulle al 2 maande getroud gewees. Hj kon nie sy oรซ afhou van sy mooi bruid nie en ons kon op hierdie manier hulle 2 maande huweliksherdenking nog meer spesiaal maak. Verder was dit so spesiaal om ten spyte van die huidige omstandighede en maskers dra, as kreatiewe mense steeds bymekaar uit te kom, mekaar beter te leer ken en liefde in sy suiwerste vorm te ervaar!

1970s Bohemian Wedding Inspiration

Dekor:


Ons gestileerde fotosessie was by die Culture Barn in Johannesburg. Die Culture Barn het vir daardie week dekor stukke beskikbaar gestel van (Reserved Exclusive) vir ons om te gebruik. Ons het gebruik gemaak van die pou boheems stoel om ล‰ paar mooi fotoโ€™s van die troukoek te neem en so bietjie iets anders gedoen as die tipiese โ€œbruid hou die koek vasโ€ foto.

Verder het ons ล‰ driehoek boog gebruik van Yster houdt.  Dit simboliseer hoe twee mense โ€œeenโ€ word. Die hout boรซ is ook besig om al hoe meer populรชr te word in Suid-Afrika.

Die tafel is gedek met verskillende skakerings van terracotta en neutrale potjies wat rose ingehad het, Mostert geel servette en pragtige, kontemporรชre Mostert kleur wyn glase.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Agter die skerms van die fotosessie:


Die dag het vlot verloop, maar sonder hierdie kreatiewe en hardwerkende span sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons het slegs drie ure gehad om grimering en hare te doen, die blomme te doen, die tafels te dek, twee verskillende rokke aan te trek en fotoโ€™s en video te neem. Die tyd het omtrent verby gevlieg en alles het perfek uitgedraai!

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Venue en Ligging:


Ek het afgekom op Culture Barn se Instagram post oor die โ€œColour Blockโ€ week en dadelik geweet dit is die perfekste idee vir die kleur pallet van die gestileerde fotosessie.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Kleurskema:


Die populรชre kleurskema tans in Suid-Afrika is terracotta en neutrale kleure. Die Culture Barn venue het ล‰ kleur-blok week gehad wat hulle die een muur van hulle studio ล‰ terracotta kleur geverf het. Zavion Kotze het ook ล‰ installering gedoen van ligte geel gedroogde blommetjies wat van die dak af gehang het. Die terracotta en geel was dus ons basis van kleure. Verder het ons op ล‰ Mostert geel, neutrale kleure en pienk besluit, om die kleur pallet uniek te maak.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Trourok en bruidegom pak:


Hj Cronje (die bruidegom) het sy pak aangetrek wat hy aangehad het die dag wat hy getroud is.

Yana se twee rokke is gemaak deur Elli-Nicole Bridal. Ek het Elli-Nicole gebel en sy het vertel dat sy besig is om ล‰ rok te maak wat perfek sal werk met die 1970โ€™s tema. Ons het later ook besluit om ล‰ tweede rok deel te maak van die fotosessie.  Vir variasie en kreatiwiteit van die 1970โ€™s af te wys.

Die eerste rok het die groot, los moue en romp verteenwoordig met ล‰ moderne aanslag, terwyl die tweede rok ล‰ meer tradisionele bruidsrok snit gehad, maar die kant patrone op die rok, gepaard met ล‰ lekker boho hoed โ€“ was elke boho bruid se droom trourokke.

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


ล‰ Troue is ล‰ feesviering van liefde, twee wat een word en saam hulle nuwe lewe van avonture aanpak. Sommige Suid-Afrikaners dink nog aan โ€œelopeโ€ as om saam weg te hardloop en nie vir jou ouers daarvan te vertel nie. ล‰ Intieme troue kan net so spesiaal wees soos ล‰ groot troue.  Op die ou end van die dag gaan dit oor julle liefde vir mekaar. Jy kan steeds ล‰ intieme troue hรช met die belangrikste mense in jou lewe daar om getuienis te lewer (dis nie nodig om jou ma se niggie se ouma te nooi nie).

1970s Bohemian Wedding Inspiration 1970s Bohemian Wedding Inspiration1970s Bohemian Wedding Inspiration

    Artikel Diensverskaffers: