Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Ons gesels met Marinda Cilliers, eienaar van Whispering Thorns, ʼn pragtige trou venue in Mpumalanga.  Hierdie pragplaas is die perfekte plek vir die moderne paartjie wat hou van glas en die natuurlewe.  Dan is dit die keuse vir jou!  Ons hier by Mooi Troues is mal oor glas konstruksies.  Veral as dit omring is deur die natuurskoon van ons mooi land.

Hierdie pragtige trou venue in Mpumalanga sal jou asem wegslaan.  Nie net is die venue en kapel mooi nie, maar ook die uitsigte.  Omring deur natuurlewe en die plaas gevoel.  Dit is idillies!  ʼn Moderne plaastroue, net genoeg plaas gemeng met net genoeg glas wat die stadsgevoel gee.

Die elegante venue bied nie net ʼn mooi venue en omgewing nie … Fantastiese diens is ook deel van die pakket wat jy kry.  Dan is daar die heerlike spyseniering.  Sjoe!  Whispering Thorns het fantastiese pakkette wat baie insluit.  Lees meer hieroor in die artikel hieronder.

As jy opsoek is na ʼn trou venue in Mpumalanga, dan is Whispering Thorns die perfekte opsie vir jou.  Rol af en lees meer oor die pragtige trou venue in Mpumalanga hieronder.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Die begin van Whispering Thorns:


Alles het begin in 2013 toe Marinda Cilliers die venue begin het.

Sy het 21 jaar lank vir Standard Bank gewerk en al hulle onthale en byeenkomste gereël.  Marinda het nog altyd ʼn passie gehad vir die beplanning van onthale en troues.

Sy het altyd geweet sy haar nog eendag haar eie besigheid gaan begin.  Toe hulle die plaas in 2012 koop, word haar droom ʼn werklikheid.  Sy het klein begin met wat op die plaas beskikbaar was (ou skuur) en het so die venue opgebou.  Tot die wonderlike glashuis wat dit vandag is.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Storie agter die naam, Whispering Thorns:


Die plaas is ook die tuiste van Orgideë, Papierbas Doringbome.  Marinda het geweet dat sy dit in die naam van die besigheid wil implementeer op een of ander manier.  Op een somers Sondag het Marinda onder die bome op ʼn kombers gelê.  Dit was asof die blare van die dorings in die wind gefluister het, vandaar die naam: Whispering Thorns.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Waar is Whispering Thorns geleë?


Whispering Thorns is ʼn skilderagtige gasteplaas in Witrivier.  In die hartjie van die noordoostelike deel van Mpumalanga, naby die Krugerwildtuin.  Die plaas is omring deur  die mooiste natuurskoon in die Laeveld.  Whispering Thorns het voortreflike verblyf beskikbaar.  Omring deur die pragtige agtergrond van die panoramiese grasvelde van die Laeveld.  Whispering Thorns is in ʼn gebied met pragtige natuurskoon geleë.  Dit maak dat die klimaat na bewering van die beste in Suid-Afrika is.  Dit is nie buitensporig warm in die Somer, as die reënval op sy hoogste is nie.  Ook nie te koud gedurende die sonnige Winters nie.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Hoeveel gaste kan jul onthaal-lokaal vat?


Whispering Thorns kan 200 gaste onthaal.

Verblyf:


Die gastehuis kombineer ʼn atmosfeer van plattelandse-sjarme en kontemporêre ontwerp.  Dit is die ideale verblyf opsie vir gaste wat troues, konferensies en funksies by hul glas-lokaal, of ander plekke in die omgewing, besoek.  Die ruim dubbelverdieping eenheid het 12 stylvol versierde dubbel kamers.  Die verskillende sitkamers en buite stoep bied ʼn rustige omgewing na ʼn besige dag in die Laeveld.

Let wel: Bespreking van die hele akkommodasie beskikbaar is verpligtend.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Spyseniering:


Whispering Thorns is ʼn een-stop-winkel.  Hulle is trots daarop dat die reël van van ʼn troue gebruikersvriendelik is vir paartjies.  Daarom doen hulle hul eie spyseniering, blomme en koördinasie.  Hulle spyskaart bied paartjies hartlike maaltye in semi-fynproewer styl.

Let wel:  Hulle laat nie enige derde partye toe vir spyseniering nie.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Addisionele Dienste:


Blomme, dekor en koördinering dienste is ook beskikbaar by Whispering Thorns.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Hoekom jy Whispering Thorns moet kies as jou trou venue:


Die hedendaagse ontwerp van hul glas gekonstrueerde venue en -kapel gee gaste die perfekte vakansie in die natuur gevoel.  Dit trek die elemente van die natuur nader en sorg vir ʼn perfekte troue.  Whispering Thorns is die enigste glas konstruksie venue van sy grootte in die Laeveld.

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Pakkette beskikbaar:


Indien jy meer wil weet oor Whispering Thorns se pakkette, klik hier.

Eerste pakket:

Die eerste pakket is vir ʼn minimum van 50 gaste tot ʼn maksimum van 200 gaste.

Tweede pakket:

Die tweede pakket is vir kleiner troues met ʼn minimum van 2 gaste tot ʼn maksimum van 32 gaste.

Ingesluit by die Venue-huur:


  • Vyfgang maaltyd spyskaart opsie.
  • Glas kapel met sitplek, tafel met twee stoele vir teken van die register, podium, vier buite bome gedrapeer met Feetjie liggies (as die weer dit toelaat).
  • Venue: saal, boma en die dek alles vir u eksklusiewe gebruik op u troudag.
  • Feetjie liggies in die venue.
  • Reghoekige tafels (2,4 x 1,2 meter)
  • Wit tiffany stoele
  • Verwelkomings drankie – klein verpersoonlikte bottel sap per persoon – 100 ml.
  • Wit tafellinne.  Dan ook wit, swart, grys, donkerblou, bottelgroen, rooi, Bordeaux, terracotta, sjampanje of kip-lug bedekte servette.
  • Opstel van die tafels.
  • Eetgerei – messe, vurke, lepels en breekware, klein borde, grootborde en nagereg borde.
  • Standaard glasware – sjampanje glase, rooiwyn-glase en groot water houers.
  • Gevulde sout en peper potte.
  • Wyn verkoelers
  • Kombuis personeel, as ook ʼn bestuurder aan diens en kelners.
Ook ingesluit:
  • Kroeg personeel.  Die kroeg diens is tot en met 24:00 indien voor die tyd gereël.   (Kontant kroeg alleenlik.  Geen op rekening koop nie.  Indien wel, moet jy die bedrag 3 weke voor die troue op jou rekening laat plaas.  Geen kaart fasiliteite nie).
  • Tafel vir die platejoggie.
  • Geskenk tafel
  • Boks vir koeverte.
  • Geen kurk fooie vir die volgende nie: Drie (3) bottels sjampanje / wyn per 10 gaste, wat die bruid op eie koste kan inbring.  Voorbeeld: 100 gaste deel deur 10 gelyk aan 10 keer drie gelyk aan 30 bottels.
  • Baai-mariniers
  • Opskeplepels
  • Koek-staander
  • Bediening van geregte.
  • Slaai bakke en borde.
  • Skinkborde
  • Gratis ys
  • Patrollie sekuriteitswag op die dag van die troue.
  • Alle dekor items wat in voorraad is.  (Kandelare van silwer en kristal.  Silwer- en glas-bakke, staal kandelaars, voëlhokke en groot verskeidenheid glasvase.  Daar is ook silwer vase, houtkaste, hout en glas onder borde, lopers en staal windpompe.  As ook klein kershouers vir tee, tafelnommers, tafel dek planke, ligte ens.)
  • Venue en Kapel koördinasie.
  • Gedetailleerde beplanning asook uitsonderlike diens sal verseker dat u en u gaste u droom troudag geniet.

Uitgesluit by Venue-huur:


  • Blommerangskikkings
  • Pastoor/predikant
  • Bykomende versiering en drapering wat u ekstra wil huur, afgesien van Whispering Thorns.
  • Platejoggie en klank toerusting.
  • Kerse & batterye.
  • Troukoek
  • Motor vir die bruidspaar.
  • Skryfbehoeftes vir jou troue (program, tafel plasings, spyskaarte, aangepaste tafelnommers, ens.)
  • Hout om vuur te maak in die boma.
  • Gas vir verwarmers.
  • Gastehuis
  • Klein bottels water vir gaste by die seremonie.
  • As die verblyf nie geboek word nie, het die bruid nie ʼn kamer om gereed te maak nie.

ʼn Paar belangrike kennisgewings:


  • Geen gaste mag etes wegneem nie.
  • Indien gaste gevang word dat hulle hul eie dranke op die perseel in bring sal die R 3 000 deposito vir die breuk van items onmiddellik verbeur word.
  • Laaste rondtes by die kroeg is 23:30.
  • Laaste liedjie sal gespeel word 23:45 en dan sal die ligte ook aangeskakel word.
  • Gaste sal ongelukkig nie verder kan kuier by die boma na die bogenoemde tyd nie.  Gaste wat by die gastehuis bly is welkom om verder te kuier op die veranda na die afsny tyd.  (Sonder enige harde musiek en of geraas)
  • Die venue kan ʼn addisionele uur geboek word na 24:00 tot 01:000 teen R 6 000 per uur.  (Nie later as 01:00 nie as gevolg van die dranklisensie.)

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Volg Whispering Thorns aanlyn:


Jy kan hulle webtuiste besoek vir meer inligting.  Volg Whispering Thorns op Facebook, Instagram en Pinterest.

Bespreek jou troue by Whispering Thorns:


Kontak hulle per e-pos: whisperingthorns@yahoo.com, bespreek ‘n besigtiging besoek (tussen Dinsdag tot Vrydag), betaal daarna u datum besprekings fooi (u nie-terugbetaalbare deposito).

Whispering Thorns Mpumalanga Trou Venue

Artikel Krediet: