Marco & Charmaine se klassieke Hollywood troue

Marco en Charmaine het, met die hulp van ʼn bekwame troue-beplanner, daarin geslaag om klassieke Hollywood troue na Bloemfontein te bring.  Indien jy nog skepties is oor dié tema, wag tot jy die foto’s sien!  Charmaine se hoof vereiste was dat alles van haar troudag klassiek moes wees.  Minimale blomme op die tafels, gebalanseer met naakte gloeilampe het ʼn klassieke, kalm atmosfeer geskep.  Maar, toe die son sak het die Hollywood deel van die tema ingeskop!

ʼn Paar jaar terug is spesifieke beligting by ʼn troue as ʼn luuksheid, en ietwat onnodig, gesien.  Baie selde het paartjies ʼn besigheid ingekry om hierdie beligting te doen; Daar is bloot gebruik gemaak van wat die venue tot beskikking het.  By Marco en Charmaine se troue kan daar spesifiek gesien word hoe sulke beligting die atmosfeer beïnvloed.  Dit skep die perfekte oorgang van dag tot aand en verskaf ʼn ‘wow’ faktor.  En ʼn ‘wow’ faktor, sorg vir ‘wow’ foto’s.

Rol af vir Marco en Charmaine se weergawe van ʼn klassieke Hollywood troudag en klik hier om na ‘n kort video op Instagram te kyk.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Marco het mekaar in 2015 ontmoet, toe ek 19 en Marco 21 jaar oud was.  Ek het eers nie geweet wie hy was nie, maar soos meeste van die liefdes-verhale, het ons mekaar op Facebook opgespoor.  Hy het lank terug versoek om my vriend op Facebook te wees en daarna het ons mekaar die eerste keer by ʼn kuier ontmoet.  Ek het toe al geweet hierdie is my trou man!

Ons het in Desember 2017 Mauritius toe gegaan en Marco het sonder my medewete beplan om my te vra om te trou.  Ons het wel voor die tyd oor dit gesels en ek het toe vir hom gesê ek is nog te jonk.  Dag 2 in Mauritius en hy is op sy een knie!  Ek was baie onkant gevang en het dadelik gevra of my pa weet!  Marco het aan my verduidelik dat hy al lankal my pa vir sy toestemming gevra het en dat hy ja gesê het.  Net daar toe sê ek ook ja!  My pa se toestemming beteken die wêreld vir my.  Ek was op daardie stadium 21 jaar oud en het besluit om eers op 23 te trou.  Ek is glad nie spyt nie.  Jou ouderdom is net ʼn getal;  Nou het ek die beste lewensmaat om saam die lewe deur te reis.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Verlowing Tydperk:


Ons het die 18de Desember 2017 verloof geraak en eers die 16de November 2019 getrou.  Teen Januarie 2019 het ons die troue begin beplan.  Ons was glad nie haastig nie, aangesien ons “verloof wees” eers saam wou geniet.

Ons het ʼn trou-beplanner gehad – Tony Peng van Envie Concept.  Ek beveel hom beslis aan!  Hierdie man ken sy storie.  Ek en Marco het steeds elke liewe finale besluit geneem, maar met Tony in die proses, het alles soveel makliker gebeur.  Ek en Marco bly omtrent meer as 200km van die venue af en Tony was bietjie nader, so hy kon ons baie help.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Paartjie se Styl


Klassieke ou Hollywood was ons tema.  Ek wou alles klassiek hê.  Marco het nie veel omgegee oor die styl nie, maar ʼn swart en wit pak met ʼn spierwit trourok, sal nooit uit mode gaan nie!

My pa het sy eie diamant myn, so my trouring se diamant is deur my pa op sy myn uitgehaal.  Marco het ʼn ring laat maak met daardie diamant.  Marco se trouring is in Bloemfontein gekoop- HDL Bloemfontein. Hy wou ietsie swart hê, so ons het op Tungsten besluit.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Die oomblik toe ons mekaar sien was vir ons albei die merkwaardigste oomblik.  Toe Marco aan die einde vir my wag en my pa my afgee, was baie spesiaal.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Die Besluitnemingsproses:


Ek het meer van die finale besluite geneem.  Marco het nie veel geweet van wat alles is nie, en my ma het my hier en daar gehelp met baie raad.  Ek en Tony Peng se span het meeste van die beplanning gedoen en besluite geneem.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Finansiële Aspekte:


Ons aanvanklike begroting was R200 000.  Min het ons geweet wat ʼn troue in 2019 al kos!  Ek het altyd geweet ek wou nooit meer as 100 gaste by ons troue hê nie.  Rede daarvoor is dat ek net my naaste familie en vriende daar wou hê, asook Marco.  Ek het ʼn baie groot familie, maar ek het net die naastes genooi.  Ons het presies 100 gaste onthaal.  Op die ou einde, was ons begroting R450 000.

My advies aan ander paartjies:  Doen wat julle hart begeer, nie volgens jul skoonouers, familie en vriende nie.  Dis julle dag.  Maak nie saak wie betaal nie, julle wil jul eie sprokies dag beleef in julle eie manier.

Advies aan toekomstige bruide en bruidegomme:


Charmaine:  Die troudag self vlieg só vinnig verby;  Haal asem, neem die belangrike oomblikke in en geniet elke oomblik!  Dis jou enigste sprokie dag.  Moenie laat enige iets jou ontstel nie.

Marco:  My advies sal wees om dit regtig rustig te vat, die toesprake nie te veel te oordink nie en net die dag te geniet.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Eerste dans:


Ons het geen dans-klas bygewoon nie en was net onsself tydens ons eerste dans.  Ons het op Russel Dickerson se “Yours” gedans.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding

Wittebrood:


Die wittebrood is my gunsteling gedeelte na die troue.  Marco het vir ons ʼn wittebrood na Italië en Parys beplan.

Ons het begin by Rome, Florence, Venesië en geëindig in Parys.  Ons het soveel gesien, soveel geëet só baie gaan doen!  Dit was dié beste wittebrood.  Ons het Disneyland in Parys gaan besoek, die beste pizza in Italië geëet en die heel eerste keer op die Eiffel Tower gesoen.  Aangesien dit winter daar was, was dit ook lekker koud, maar dit was alles die moeite werd!  My droom was nog altyd om Italië te gaan besoek en toe verras Marco my met die beste wittebrood ooit.

Ons hele reis sal ons vir niks verruil nie verruil.  Wat is volgende?  Net die Here weet.

classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding classic Hollywood inspired wedding