Kobus & Chané se tydlose selfdoen troue

Mooi Troues se lojale lesers sal Kobus en Chané se plaas verlowing fotosessie onthou, om jul geheue te verfris klik hier om na die paartjie se verlowing fotosessie te gaan kyk.  Nou deel ons met ons lesers Kobus en Chané se tydlose selfdoen troue.

Kobus en Chané het vanaf die eerste stap van hul trou-beplanning al goeie besluite gemaak wat sonder twyfel tot ʼn suksesvolle troudag sal lei;  Hulle het besluit dat hulle ʼn tydlose selfdoen troue gaan skep sodat as hulle eendag op hul spesiale dag terugkyk, hulle dit weer presies dieselfde sal wil hê.  Daarom het hulle op ʼn tydlose selfdoen troue besluit, gekombineer met subtiele moderne elemente om dit ʼn ‘wow’ faktor te gee.  Nog ʼn goeie besluit was dat hulle die venue se skoonheid as basis van hul dekor gebruik het.  Dít het ʼn gemaklike atmosfeer verseker en gesorg dat hul troudag sag op die oog, maar terselfdertyd asemrowend mooi is.

In die kort tydjie wat Kobus en Chané hul troudag beplan het, het hul kenners in die veld geraak!  Rol af vir raad, advies en foto’s om jou eie tydlose selfdoen troue te beplan.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet in Mosambiek op Ponta do Ouro se strand in 2012, terwyl ons albei as studente saam vriende vakansie gehou het.  ʼn Gemeenskaplike vriend het ons toe aan mekaar voorgestel en gou het ons besef hoe baie ons in gemeen het.  Dit was nie liefde met die eerste oogopslag nie, maar gou het ons vriendskap ontwikkel in ʼn sterk liefdesverhouding wat ons vir 5 jaar oor lang-afstand gedra het.

Kobus het my gevra om te trou op ʼn baie avontuurlustige, tog romantiese, manier;  In die Midlands langs ʼn waterval, op ʼn hout-platform, baie hoog bo Karkloof se boomtoppe.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen trouetydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 11 maande verloof.  Ons het nie ʼn trou-beplanner gebruik nie, maar wel elke detail van ons troue self, tesame met ons ouers, beplan en aanmekaar gesit.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen trouetydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Paartjie se styl:


Ons albei is sonder tierlantyntjies en wou graag ʼn baie stylvolle troue hê, sodat ons eendag kan terugkyk en dit weer presies net so wil oorhê.  My trourok was elegant en dit het vir my perfek ingepas het by ons styl.  Dit was ook die héél eerste een wat ek aangepas het.

Kobus se gunsteling kleur is navy, dus was daar geen twyfel aan die keuse van sy pak nie.  Dit was toevalling ook die heel eerste een wat hy aangepas het.

Ons trouringe is vir ons uniek en stylvol met spesiale betekenis. My trouring is self deur Kobus ontwerp en laat maak, met die twee pantjies wat ineen vloei, nes ons ʼn nuwe lewe saam begin.  Sy trouring het ek aan die binnekant laat graveer met die afdruk van my ringvinger.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen trouetydlose selfdoen troue emotional groom at altar tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen trouetydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Merkwaardigste Oomblikke:


Chané: Die merkwaardigste oomblik was by verre om saam my Pa in die kerk se paadjie af te stap en my toekomstige man vol emosie te sien.

Kobus: Om die oggend op te staan en te besef die dag het aangebreek, was ʼn baie merkwaardige oomblik.  Natuurlik ook om in die kerk te staan en al die emosies te ervaar, terwyl ek gewag het op my bruid.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen trouetydlose selfdoen troue

Inspirasie vanaf Mooi Troues


Ons het oor die algemeen baie inspirasie geput uit Mooi Troues, hetsy dit dekor, blomme of onthaal idees was.  Op die ou einde het ons alles saamgevoeg en die resultaat was fantasties en uniek.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Die Besluitnemingsproses:


Van begin tot einde het ons alle besluite as ʼn paartjie geneem.  Kobus se insette was net so belangrik soos myne.  Ons het ook ons ouers se wense en idees gerespekteer. Ons het sommige vriende en familie se opinies gevra, maar gelukkig was daar geen besluit op ons afgedwing nie en het ons steeds op dit besluit wat óns dink die beste was.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Finansiële Aspekte:


Alhoewel ons nie spandabelrig was nie, het ons wel besluit om te belê in kwaliteit foto’s en ʼn video asook kos, verversings en musiek.  Albei ons ouers het saamgestem om die grootste uitgawes te deel, wat op die ou einde baie goed gebalanseer het.  Ons het ons ouers heeltemal vertrou met die geldsake.

Ons het besluit om nie geld te spandeer aan klein, fyn details wat dalk gemis sou word deur die aand nie.  160 gaste het ons spesiale dag bygewoon.

Ons advies sou wees om nie geld te spandeer aan iets wat nie vir julle spesiale betekenis het of ʼn belangrike funksie moet verrig deur die aand nie.  Moenie iets doen omdat almal dit doen nie;  Wees uniek en bied vir die gaste ʼn dag om te onthou.

< tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Spesiale Tradisies:


Ons troue was baie tradisioneel.  Ons het in die NG Kerk getrou en ek het op die troumars ingestap aan my Pa se arm.  Beide ons ouers het saam ons aan die hoof-tafel gesit.  Die ruiker en kousband was gegooi en die troukoek was gesny.

Ons raad aan ander paartjies sal wees om nie toe te laat dat mense en trou-neigings jou laat dink dat tradisie “outyds” is nie.  Tradisionele elemente kan wel omskep word op ʼn stylvolle en elegante manier.  Ons het wel ʼn Duitse tradisie gehad waar ek op ʼn stoel in die lug gegooi was, terwyl my ooms, neefs en broers “Lank sal jy lewe” in Duits gesing het.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Venue & Dekor:


Ons het in my tuisdorp, Pongola, getrou waar daar nie ʼn wye verskeidenheid venue opsies is nie.  Aanvanklik het ons besluit op ʼn ander venue, maar Kleinberg het ons asems weggeslaan en op net die regte tyd vir ons in plek geval.  Kleinberg het baie natuurlike elemente wat die basis was vir ons dekor. Die pragtige uitsig en gemaklike atmosfeer het bygedra tot ʼn sprokiesmooi aand.

My Ma, Leza Brecher, het hoofsaaklik die dekor en blomme behartig.  Sy het die ongelooflikste idees en voer dit foutloos uit!  Omdat dit een van haar passies is, het ek geweet dat enigiets wat sy doen, fantasties sal lyk.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Juan Boucher se “Gebore om by jou te wees”.  Ons hou albei baie van sy musiek en die woorde was vir ons spesiaal.  Gelukkig kan ons albei lekker sokkie, so geen danslesse was nodig nie.

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen trouetydlose selfdoen troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Moenie ingee tot die stigma dat jy móét stres, ʼn “bridezilla” móét wees of ʼn ineenstorting móét hê die dag voor jou troue nie.  Dit kán stres-vry wees as jy van die begin af goed beplan en jou span ten volle vertrou.

Kêrels:

Bied aan om te help en ondersteun jou verloofde waar jy kan.  As sy vir jou sê “warm wit”, dan sê jy nie “koel wit” nie!

tydlose selfdoen troue tydlose selfdoen troue

Klik hier vir meer diensverskaffers