Eben en Nanette se verlowing was al vroeër hier op Mooi Troues gepubliseer en julle kan hier klik om na die verlowing fotosessie te gaan kyk. Hulle het toe ʼn intieme troue by ʼn pragtige wildsplaas in Mpumalanga gehad, met ongelooflike uitsigte oor die Steenkamps-bergreeks en Krokodil Rivier. Hulle het ʼn intieme troue van slegs 60 gaste gehad en seker gemaak elkeen van hul gaste geniet hul troudag terdeë! Gaste is vermaak met grasperk speletjies, heerlike kos, ʼn sang-kunstenaar en die beste van alles – ʼn biltong en droëwors koek!
Eben en Nanette het verskeie planne geïmplementeer om hul kostes so laag as moontlik te hou. Hulle het Mooi Troues se webtuiste dopgehou en meestal al hul skryfbehoeftes gekry by gratis aflaaibare ontwerpe wat op die webtuiste beskikbaar is.
Dié paartjie bewys jy dat jy nie ʼn miljoenêr hoef te wees om ʼn asemrowende sprokies-troue te hê nie, jy moet net slim wees! Rol af vir Eben en Nanette se intieme wildsplaas troudag.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Eben het by ʼn vriendin se 21ste verjaarsdag ontmoet – die res is geskiedenis.
Die dag toe Eben my gevra het om te trou, het ons vroegoggend in ʼn natuurreservaat gaan stap. Terwyl ons sit en koffie drink, het Eben die groot vraag gevra.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir 10 maande verloof, waartydens ons die troue self beplan het. Met al ons diensverskaffers waarop ons kon staatmaak, het dit ons beplanning baie vergemaklik.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir 10 maande verloof, waartydens ons die troue self beplan het. Met al ons diensverskaffers waarop ons kon staatmaak, het dit ons beplanning baie vergemaklik.
Merkwaardigste Oomblikke:
Nanette: Ons het ons eie “Tafelkop” op die plaas met ʼn beeldskone uitsig! Ek en Eben het al na soveel sonsondergange saam daar gestaar, so die plek het betekenis vir ons. Ons het die voorreg gehad om die mooiste troufoto’s daar te kon neem.
Eben: Die oomblik toe Nanette in die paadjie afloop was vir my die merkwaardigste oomblik.
Finansiële Aspekte:
Ons het eintlik nie ʼn begroting gehad nie. Ons het die diensverskaffers gekies waarvan ons gehou het. My ouers besit die venue en hulle het verblyf op die plaas gebou, so dit het ons kostes baie verlaag. Ons het ook ʼn klein troue gehad; Slegs 60 gaste het die troue bygewoon. Ons enigste advies sal wees om behoorlik te beplan, sodat jy weet wat in jou begroting sal werk.
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Ons weet tot vandag toe nie hoe dit presies gebeur het nie, maar iewers het ons of die dominee deurmekaar geraak. Toe ons mekaar kon soen in die kerk, besef ons, ons het nooit mekaar se ringe aangesit nie! Ons albei het begin lag en al die gaste aangesteek. Dit is wel nou ʼn ʼnie-so-perfek’ oomblik, maar ons het die lekkerste lag foto’s in die kerk en gaan dit beslis vir altyd onthou.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is vir ons onmoontlik om te kies! Elkeen van ons diensverskaffers het uit hulle pad gegaan om ons spesiale dag nog mooier te maak.
- Stroopsoet Fotografie & 1988 Films – Hulle het ons so gemaklik voor die kamera laat voel en die mooiste foto’s en video geneem.
- Anton Botha – Hy het ons en ons gaste vermaak met sy musiek.
Vermaak:
Na die seremonie, het Anton Botha opgetree en ons het ook grasperk speletjies gehad om die gaste mee besig te hou. Die gaste het ook tyd gehad om as paartjies saam Polaroid foto’s te neem en dit dan in ons gasteboek te plak, tesame met ʼn boodskap aan ons.
Inspirasie vanaf Mooi Troues
Meeste van ons skryfbehoeftes is geïnspireer deur die gratis-aflaaibaar skryfbehoeftes op Mooi Troues se webtuiste, naamlik ma & pa van die bruid en bruidegom sitplek kaartjies, vonkel stokkie kaartjies, konfetti koevert en program vir jou troudag. Ons het die ontwerpe as ʼn basis gebruik en dit dan verander om meer by ons tema in te pas.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Nanette:
Wanneer jy meeste van die trou-reëlings self tref, stel vir jouself mikpunte of ʼn program op teen wanneer jy watter reëlings afgehandel wil hê. Dit sal onnodige stres voorkom.
Eben:
Wees net rustig en neem alles in. Die dag vlieg verby!
Venue & Dekor:
Die venue wat ons “gekies” het, lê baie na aan ons harte. Die venue is op ons familieplaas gebou waar ons soveel mooi herinneringe saam het.
Eerste Dans:
Ons het die dansvloer geopen op ‘If I ever saw Heaven’ van Roan Ash. Met die gaste wat elkeen ʼn lang vonkel stokkie gebrand het tydens ons eerste dans, het dit ʼn romantiese effek geskep.
Albei van ons het twee linker voete as dit kom by dans, daarom het ons vir danslesse gegaan by Ceroc Dance om ʼn roetine te leer. Dit het ons albei meer op ons gemak laat voel tydens ons eerste dans. Ons het 8 weke voor die troue eenkeer per week vir ʼn dansles gegaan. Voor die troue, was dit lekker om vir die tyd van die les aan niks anders te dink nie en onsself net te geniet.
- Trourok: Timeless Bridal Couture
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Stroopsoet Fotografie
- Blomme: The Language of Flowers
- Bruidegom-pak: Carducci
- Dekor: Badfontein Game Farm & Venue
- Fotohoekie: Stroopsoet Fotografie
- Gaste Geskenke: Badfontein Game Farm & Venue
- Grimeer kunstenaar: Duet Health Spa
- Haar stilis: Hairy Fairy
- Huweliksbevestiger: Lurinda Schoonwinkel
- Trouring: West Rand Diamond Cutting
- Troukoek: Kleinzuikerbosch Cake Studio
- Koördineerder: Badfontein Game Farm & Venue
- Platejoggie: Anton Botha
- Skoene: Blu Betty
- Strooimeisie-rokke: The Maiden
- Venue, Verblyf + Vervoer: Badfontein Game Farm & Venue
- Vermaak: Anton Botha
- Videograaf: 1988-Films
- Huwelik kontrak: Etienne Bedeker
- Wittebrood plek: Carla de Jongh: Flight Centre Associates