Conrad & Philna se klassieke troue

Vir hul klassieke troue het Conrad en Philna ʼn pragtige venue in Botrivier in die Wes-Kaap gekies vir hul om ewige trou aan mekaar te beloof.  Hulle het besluit om hul troudekor en styl op ʼn eenvoudige en klassieke tema te baseer, wat ook uiteindelik ʼn rustige atmosfeer sou verseker.  Dit was beslis die regte keuse!  Dié paartjie het gestraal van geluk en uiters gemaklik op hul troudag gelyk.  Alhoewel Philna erken dat sy elke nou en dan effens té opgewonde geraak het en Conrad moes briek aandraai, het die paartjie daarin geslaag om hul begroting uitstekend te bestuur.

Philna vertel dat sy gereeld trou inspirasie op Mooi Troues se Instagram gevind het.  Sy vertel ook dat dit haar nie oorweldig het nie en die inhoud smaakvol en van hoë gehalte is.  Baie dankie Philna, ons hier by Mooi Troues waardeer jou kompliment en vat dit to harte.

Philna is van mening dat lekker kos, ʼn goeie platejoggie, asook ʼn goeie fotograaf die drie belangrikste dinge is;  Dit wat vir ewig op foto’s vasgevang word, moet van goeie gehalte wees.  Dit help dus nie jy het die beste en duurste van alles, maar die foto’s kan dit nie weerspieël nie.

Vir Conrad en Philna  was ʼn klassieke troue, waar kwantiteit belangriker is as kwaliteit, hul droom-dag.  Rol af om te sien of jy kan aanklank vind by dié paartjie.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Paartjie se Liefdesreis:


Ek (Philna) het in 2013 in Taiwan gaan skoolhou, maar aan die einde van Oktober het die skool waar ek tans skoolhou, dringend ʼn Lewenswetenskap-onderwyser gesoek.  Die hoof het my genader en ek het in Januarie daar begin.  Conrad het reeds in Hermanus gewerk en was baie goeie vriende met my niggie.  Ons het by haar huis aan die einde van Januarie ontmoet en het dadelik bymekaar aanklank gevind.  In April 2014 het ons dit ‘amptelik’ gemaak en 5 jaar later in my geboortedorp, Worcester, het Conrad my by ʼn uitkykpunt gevra om te trou.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Die Verlowing Tydperk:


Ons was letterlik net vir 6 maande verloof!  Ons het dadelik (en eintlik al bietjie voor die tyd) begin met die beplanning.  Nadia by 4 Every Event het my gehelp met die beplanning van die dekor, blomme, ligte en dansvloer.  Mariaan by Gabrielskloof het my weer gehelp met die beplanning rondom die venue, kos en tyd-lyn.  Die res het ons self probeer beplan.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Paartjie se styl:


Ons het verkies om by ʼn eenvoudige en klassieke styl te hou.  My rok en ring is baie klassiek, terwyl Conrad se pak en ring meer modern, maar eenvoudig is.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Die Besluitnemingsproses:


Ek en Conrad het al die besluite self geneem.  Ek kan partykeer bietjie meer spandeer as wat ek moet, so Conrad moes maar partykeer so bietjie briek aandraai.  Ons wou ʼn groot gedeelte vir ons familie ʼn verrassing hou, maar ons ouers het wel voor die tyd saam met ons na die kerkie en venue gaan kyk.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons albei het elke oomblik van ons troudag geniet!  Die seremonie (in ʼn ou ‘kerkzaal’ in Botrivier) en die onthaal (by Gabrielskloof) was beide baie spesiaal.  Om al ons mense by ons te hê en te sien hoe hulle saam met ons makietie hou, is iets wat beide van ons nooit sal vergeet nie.  Ons is waarlik bevoorreg om so ʼn mooi troue te kon hê!

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons albei was baie beïndruk met ons fotograaf!  Ons is van nature meer introverte en sy het ons deurgaans op ons gemak laat voel.  Die foto’s wat sy geneem het is asemrowend!  Sy net dié beste!

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Dit was die heeloggend bewolk, maar dit het letterlik gesous nadat ons uit die kerk uitgekom het!  Dit het ons gedwing om een of twee goed te verander, maar hulle sê mos dit is goeie geluk!  In daardie geval, is dit goed so!  Die fotograaf het ook weggery met ons wittebrood-kamer se sleutel.  Sy was reeds daardie tyd terug in Kaapstad toe ons dit agterkom.  Ons moes op ons eerste nag as pasgetroudes maar elders ʼn slaapplekkie kry – wat ʼn storie om te vertel!

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Inspirasie vanaf Mooi Troues:


Ek het Mooi Troues op Instagram gesien en het redelik daarna verwys vir inspirasie vir die blomme en dekor.  Dit is duidelik dat die blad uitsoek wat hulle publiseer – alles is smaakvol en van gehalte.  Daar word ook net ʼn sekere hoeveelheid foto’s, soms net een, gepubliseer.  Dit is handig, want die beplanning kan oorweldigend raak en dit is soms al wat die paartjie nodig het.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Venue & Dekor:


Gabrielskloof was nog altyd vir ons ʼn venue wat uitgestaan het.  Ons gaan eet graag daar, want hulle kos is die beste!  Ons het ʼn venue gesoek waar ons so min as moontlik dekor nodig het, sentraal geleë is en goeie kos en wyn kan bedien.  Gabrielskloof is letterlik alles in een!  Die gras-binnehof met die dammetjie en rustige atmosfeer is presies wat ons wou hê.  Daar was min dekor – slegs ligte wat oor die binnehof gespan is, asook blomme en kerse op die tafels.

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad – Dyna-Mix Mobile Disco.  Daar is min troues waarby ons al was waar die mense so lekker gedans het!

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venuegabrielskloof wedding venue v gabrielskloof wedding venue

Finansiële Aspekte:


Eerstens het uitgewerk hoeveel ons en ons ouers kan bydra en probeer om binne ons begroting te bly.  Ons het 90 gaste onthaal en het besluit om net die mense te nooi waarmee ons gereeld kontak het.  Ons het ook kwaliteit bo kwantiteit verkies.  Daar is baie klein dingetjies wat ons uitgesny het, waaroor ons glad nie spyt is nie.  ʼn Goeie fotograaf, kos en platejoggie is belangriker as honderde tierlantyntjies op die tafels.  Sorg ook dat dit wat vir ewig op die foto’s vasgevang gaan word, van goeie gehalte is;  Koop daardie droom-trourok, mooi pak en duur strooimeisie-rokke!

gabrielskloof wedding venu gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Geniet elke oomblik van die beplanning én die dag.  Almal sê die dag gaan hopeloos te vinnig verby en dit is regtig in ʼn oogwink verby!  Neem alles in van die dag – van die oggend wat jy opstaan tot die laaste minuut van jou troue.  Geniet die mooimaak en om in jou droom-rok te paradeer.  Jy gaan nooit weer so mooi en goed oor jouself voel nie!

Bruidegom:

Moenie te veel inmeng nie, bruide raak bietjie moeilik!  Onthou dit is jou dag ook, so geniet dit!

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof gabrielskloof wedding venue

Wittebrood:


Ons was vir ʼn week in Phuket, Thailand.  Dit was Conrad se eerste keer oorsee en ek was reeds daar.  Ons het besluit dat dit ʼn veilige keuse is, asook die perfekte bestemming waar ons net kan gaan ontspan!

gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venuegabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue gabrielskloof wedding venue

Eerste Dans:


Nie een van ons kan goed vas-dans nie, so ons het besluit op ʼn stadiger liedjie.  Ons het sommer by die huis geoefen, vir baie meer aande as wat ons regtig wil voorgee!  Die liedjie wat ons gekies het is All my Love van George Ezra.

gabrielskloof wedding venuegabrielskloof wedding venuegabrielskloof wedding venue

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

[endsection]