Wihan & Michah se vreugdevolle trou-makietie

Met die hulp van kreatiewe familie en vriende en ʼn uiters gedetailleerde Excel dokument, kon Wihan en Michah hul droom-dag binne 7 maande, sónder ʼn troue-beplanner reël.  Goeie beplanning, ʼn oog vir detail en die regte kleur-palet kan jou baie ver bring as dit kom by die beplanning van jou groot dag.  Wihan en Michah het op wynrooi en vlootblou besluit as die basis van hul trou dekor, maar hulle het dié warm kleure uitgebalanseer met ligpienk en wit.  Hulle het sover as moontlik weggebly van ʼn stywe geleentheid, waar hul gaste nie gemaklik voel nie.  Baie voete op die dansvloer, vriendelike gesigte en lekker kos was vir Wihan en Michah die héél belangrikste.

Rol af vir foto’s van hul vreugdevolle trou-makietie en om te sien of hulle aan al 3 vereistes kon voldoen.

free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State

Paartjie se Liefdesreis:


Ons storie begin vroeg in 2017 met ʼn naweek kuier in Johannesburg, waar ons beste vriende ons aanmekaar voorstel.  Dit was beslis liefde met die eerste oogopslag!  Ons moes vir ʼn jaar en ʼn half ʼn lang afstand verhouding trotseer terwyl ek my gemeenskap jaar in Ficksburg voltooi het en Wihan reeds in Johannesburg werksaam was.  Ek het naweke die platteland verruil vir die groot stad om vir Wihan te gaan kuier.

Ons het albei in Bloemfontein groot geword en dit is altyd so spesiaal om terug te keer na die Rose-stad.  ʼn Hegte familie band is ook vir ons baie belangrik; Dit is juis tydens so saamkuier in Bloemfontein dat Wihan my in ons tuin by die huis gevra het om te trou.  ʼn Fotograaf en ons gesinne het in die tuin weggekruip.  Dit was ʼn groot verassing!

free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddingsWedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings

Die Verlowing Tydperk:


Ons trou datum was 5 Oktober 2019, omdat dit beide ons ouerpare se 30ste huweliksherdenking(net ʼn week uitmekaar) is.  ʼn Week van feesvieringe!  Dit het beteken dat ons slegs 7 maande gehad het om ons droom troue te beplan.  Ons het nie nodig gehad om ver te soek vir ʼn venue nie, aangesien ons die voorreg gehad het om by my ouers se venue, Villa Avianto, te kon trou.  Ons het die troue self beplan.  My en Wihan se droom was om die lekkerste troue ooit, nie net vir onsself nie, maar ook vir ons gaste te bied.  Ons wou graag hê hulle moes lekker kuier, lekkerder dans en die lekkerste te eet.  Met die insette van ons talentvolle familie en vriende het ons drome in ʼn werklikheid verander.

free state weddings Wedding venues in The Free Statefree state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons albei was die merkwaardigste oomblik toe ons mekaar vir die eerste keer kon sien.  Op troues kyk ek altyd vir die uitdrukking op die bruidegom se gesig, want daar is soveel rou emosie wanneer hul sien hoe beeldskoon hulle bruide lyk.  Dit was baie spesiaal om die intieme oomblik saam te kon beleef op ons groot dag.  Natuurlik was ʼn groot hoogtepunt ook toe ons uiteindelik as man en vrou verklaar is.  Ons is so dankbaar vir Marlé Fourie wat hierdie spesiale oomblikke vasgevang het.

free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddingsWedding venues in The Free State free state weddings Wedding venues in The Free State free state weddings

Paartjie se styl:


Ek sou sê ek en Wihan het beide ʼn klassieke, romantiese styl.  Ek het my asemrowende trourok by Bridal Emporium in Bloemfontein gekry. Wihan het sy pak laat maak deur Khaliques in Johannesburg.  Hy het self my ring laat ontwerp, asook ek syne, met die helpende hand van Cristelle De Necker van Your Diamonds.  Dit was so spesiaal om saam met haar ʼn pad te kon stap, omdat sy soveel aanvoeling en kennis het.

free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings

Finansiële Aspekte:


Nadat die trou datum gekies is, was die tweede belangrikste item op ons agenda om ʼn begroting op te stel.  Ek, Wihan en albei ons ouerpare het elkeen ʼn kwart van die begroting bygedra.  Wihan is ʼn ouditeur, so begrotings opstel is deel van sy spesialiteit!  Hy het ʼn merkwaardige Excel dokument opgestel wat ons begroting uiteengesit het en presies aangedui het op watter items ons oor- of onder-spandeer het.  Ongelukkig op een of ander manier spandeer ʼn mens altyd meer as wat jou begroting toelaat.  Daarom is beplanning en kommunikasie integraal tot ʼn realistiese begroting.  Dit is uiters belangrik om vooraf te bepaal hoeveel jy bereid is om op jou groot dag te spandeer.  My advies is om so vroeg as moontlik ʼn hele paar kwotasies aan te vra sodat jy jou begroting so akkuraat as moontlik kan opstel.

Ons gastelys het uit 167 gaste bestaan.  Dit was wonderlik om saam met ons naaste familie en vriende te kon feesvier.  Ons troue was een groot makietie en dit was só spesiaal om te sien hoe oud en jonk saam op die dansvloer, onder sterre en fees-liggies, lag en dans.  Dit was ʼn ongelooflike dag vir ons.

free state weddings free state weddings

Venue & Dekor:


Ek sal die styl van ons troudag as eenvoudig, maar tog met ʼn tikkie detail beskryf.  Ons het warm kleure gekies – wynrooi en donkerblou met ʼn skakering van wit en sagte pienk.  Ons familie en vriende het meestal alles self gedoen, van die dekor tot die kosmaak.  Dit was ʼn ware saamkuier geleentheid.  Almal se bydrae het dit mooier as ʼn sprokiesverhaal laat lyk.  Almal was so kreatief en ons kon nie vir beter vra nie!

free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings free state weddings