Renier & Marieke se selfdoentroue

Dié inskrywing wat ons nou met Mooi Troues se lesers deel is van Renier en Marieke se selfdoentroue.  Wat dit alles nog meer besonders maak is dat Renier en Marieke die heel eerste Mooi Troues se Troue van die Jaar kompetisie in die eerste plek gekom het.  Die prys wat hul gewen het is 7 nagte by ʼn luukse oord in Knysna ter waarde van R45 000.00.  Al die diensverskaffers wat betrokke was by Renier en Marieke se selfdoentroue, het almal 12 maande se advertensie spasie op Mooi Troues gewen.

Ons lesers kan ook meer foto’s sien van Renier en Marieke se troue wat geneem was deur hul gaste … Volg eenvoudig dié hutsteken #matthysenbruilof.

Renier se troupant was ontwerp en gemaak deur die talentvolle Grooms & Bros .  Gaan na hul blad op Mooi Troues om meer stylvolle ringe vir mans te sien.

So as jy nou wonder hoe lyk ʼn selfdoentroue wat Troue van die jaar gewen het?  Rol af en geniet Renier & Marieke se selfdoentroue.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Paartjie se Liefdesreis:


Dit het alles begin in 2014 in die pragtige Laeveld, toe dié twee se paadjies met mekaar gekruis het.  Twee jaar later het die liefde behoorlik begin blom.  Hulle het saam een pad begin stap die aand toe Renier ʼn romantiese tafel op die stoep by Marieke se huis gedek het.  Omring deur net die lig van kerse en haar daar gevra het om sy meisie te wees.

Die oggend van 9 Junie 2018 was net so ʼn groot verrassing en seker die grootste en beste ene nog.  Renier het vir Marieke gevra om haar tekkies aan te trek, want vandag vat hy haar na Kaapsehoop op ʼn staptog.  Daarna gaan hy haar vat om potjiekos te eet in dié kuns dorpie. Wel kom ons stel dit so:  Marieke wag nou nog vir die beloofde potjiekos van Kaapsehoop.  Maar inruil het Renier die ja-woord gevra op ʼn uitkykplek met ʼn piekniekmandjie reeds gereed uitgelê op ʼn spierwit laken, met die mooiste uitsig oor die vallei van dennebome.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Die Verlowing Tydperk:


Die Matthysens was omtrent elf maande verloof gewees, omdat hulle in 2018 in die winter verloof geraak het en die Laeveld baie warm kan raak, wou hulle graag aan die begin van die volgende winter trou.  Dit is dan ʼn pragtige tyd in die Laeveld en nogsteeds heerlik warm.  Vir hierdie paartjie was alles wat uniek was aan hulle, belangrik gewees vir hulle groot dag wat op 4 Mei 2019 waar geword het.

Die troue is self deur hulle beplan en die paartjie het presies geweet wat hulle wou hê.  Hulle het behoorlik navorsing oor elke verskaffer en element van hulle troue gedoen.  Verskeie kwotasies was bekom, webtuistes was besoek, Facebook-bladsye was nagegaan en elke verskaffer was mooi fyn uitgekies.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Finansiële Aspekte:


Heel eerste het die Matthysens ʼn begroting vir hulle troue opgestel.  Nadat dit vasgemaak was het hulle elke aspek van die troue in finansiële kategorieë opgedeel met betrekking tot wat elke deel se beraamde kostes sou wees, sodat hulle ’n idee kon kry van wat hulle bereid was om byvoorbeeld op dekor of blomme ensovoorts wou spandeer.  So is die troue beplan en elke deel binne begroting gehou.  As ʼn deel van die troue êrens oorgegaan het (wat natuurlik gebeur), het hulle weer op ʼn ander gedeelte dit goedkoper gedoen, dit verander of weggelaat en heeltyd so binne die “grense” gebly.

Die Matthysens het sestig gaste onthaal; ʼn klein en intieme troue!  Hoe kleiner die troue hoe meer kan jy die troue maak soos wat jy wil en hoe meer geld het jy beskikbaar vir ander belangrike aspekte waarop jy meer kan spandeer.

Baie goeie raad vanaf die paartjie is om ʼn heerlike atmosfeer by julle troue te laat heers (vir julleself en julle gaste) en om dit te skep moet die kos en musiek uitstekend wees; so moet dit nie in jou begroting afskeep nie.  Vir die bruid en die bruidegom is die belangrikste natuurlik die fotograaf en videograaf en die paartjie se raad hier is: bespreek wie julle wil hê en moenie vir tweede beste gaan bloot omdat dit goedkoper is nie!

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Merkwaardigste Oomblikke:


Marieke se strooimeisies het ingestap op Chantal Kreviazuk se Feels like Home.  Dié liedjie se woorde was presies wat Marieke graag aan Renier wou oordra voordat sy ingestap gekom het saam met haar pa op die O’Neill Brothers se Here Comes the Bride.  Vir die bruid was die merkwaardigste deel die oomblik toe sy klaar gereed is en afstap kapel toe en ʼn rukkie buite wag terwyl die strooimeisies instap en vir die eerste keer daardie hele dag alles by haar insink en al die emosies haar ook inhaal en die deure weer oopgaan en al wat sy sien is haar toekomstige man wat vir haar daar voor staan en wag en al die res vergete raak in daardie besonderse spesiale oomblik toe sy na hom toe stap om sy vrou te word.

Dieselfde oomblik was vir Renier die merkswaardigste toe hy sy vrou vir die eerste keer sien en die trane het gevloei en nie net by die bruid nie, maar die bruidegom self ook.  Dit was ʼn spesiale oomblik wat gedeel was en wat vir ewig gekoester gaan word.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Paartjie se styl


Marieke se drie strooimeisies was geklee in sagte pienk rokke, wat net onder die knieg gehang het, met gipskruid blomruikers en ʼn hofknapie, drie jaar oud, was deftig geklee in ʼn volledige swart pak met ʼn onderbaadjie daarby.

Die Bruid se ruiker het bestaan uit sagte varings wat af gehang het met wit rose, wit gespuit rose en gipskruid.

Aan weerskante van die padjie van die kapel was daar houtblokke met silwer potjies op, gevul met gipskruid blommetjies asook rustieke skaapwagters hoeke met glasballe wat daarvan af gehang het, met wit kant strikke en wit rose met sagte mos binne-in die glasbal. Bo die paartjie was ʼn houtplank versier met blomme wat bestaan het uit donker groenloof, sagte varings, snapdragon, gipskruid, pittosporum en wit rose met wit gespuit rose wat af gehang het vanaf die plank. Hier het die paartjie ewige trou aan mekaar beloof.

Die trouregister was geteken waar die paartjie by ʼn lang hout tafel gesit het.  Met groot glas skuifdeure wat oopgemaak was en uitgekyk het oor die lang pragtige swembad. Die paartjie het daarna buitentoe beweeg tussen die laventel velde na waar die gaste hulle met wit roosblare toegegooi het, terwyl hulle onderdeur ʼn buite hout prieel geloop het.  ʼn Groepfoto en familie foto’s was geneem by die lang indrukwekkende swembad waarna die gaste verskeie smul-lekker happies geniet het saam met verskeie drankies.

troue van die jaar 2019

Paartjie se styl:


Die styl van die paartjie was om hulle troue ʼn rustieke, maar tog moderne gevoel te gee.  Met gaste wat vir hulle na aan die hart gelê het.

Die Bruid het kant van haar ma se trourok gebruik en om haar handruiker gedraai.  Kousband van die bruid was ook handgemaak vanuit die vyf en dertig jaar oue kant wat ekstra was van haar ma se destydse trourok. Dit het ʼn blomme motief gehad en is drie blou kraletjies daarop vasgewerk.

Die Bruid se trourok was “off white” met kant blomme patrone wat ook oor haar skouers afgewerk was, met ʼn sagte satyn knopiesrug en gedetailleerde fyn middel krale beldjie.  ʼn Sluier wat dieselfde patroon rondom gehad het as haar trourok se onderkant, is ʼn kenmerk van die uitstekende ontwerper van die Trourok, Nelly van Bridal & Tuxedo in Fourways, Johannesburg.  Die bruid het plat wit trouskoene met ʼn blomme kant motief op aangehad.  Tesame met silwer oorbelle, ʼn armband en haarknip met ʼn blomme motief met ʼn fyn krale afwerking.

Renier was weer deftig uitgevat in ʼn swart formele pak en sy drie strooijonkers met onderbaadjies geklee in swart en wit. Renier wou nog altyd in ʼn swart pak trou – dit is stylvol en klassiek.

Die trouringe was vasgemaak, met ʼn sagte wit lint met fyn patrone daarop, aan ʼn Bybel wat Renier se grootouers as kind aan hom gegee het. Marieke se
verloof- en trouring is vanaf Browns en Renier se trouring is vanaf Grooms & Bros .

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Spesiale Tradisies:


Die Bruidspaar het besluit om die Vrydagaand ʼn groot braai te hou vir hulle familie en gevolg.  Mens sien tog immers almal so min en ʼn naweek se saam vier is soveel lekkerder as net een dag.  Familie en gevolg het ook saam met die Bruidspaar by die troulokaal die naweek spandeer.  ʼn Lekker peuselhappie pakkie het op elkeen se bed hulle ingewag vir die naweek.

Bruid en Bruidegom se ma’s was ook bederf met hulle eie japon, nagrokkie, pantoffels en boutonniere in die vorm van ʼn roos, gemaak uit materiaal, om ʼn leeftyd te hou.  Bruid en Bruidegom se pa’s was weer bederf met ʼn swart beld en polo kouse.  Die gevolg was net so bederf met hulle eie pakkies en boksies vol verrassings en bykomstighede vir die dag.  Die Sondag oggend het die familie en gevolg weer saam met die nuwe Meneer en Mevrou ʼn ontbyt geniet waarna almal weer vertrek het.

Dit was die klein dingetjies wat hierdie troue spesiaal gemaak het in die hartjie van die Laeveld.  Renier het aan sy bruid ʼn Calvin Klein horlosie gegee, gegraveer met hulle troudatum.  ʼn Regte romantikus hierdie man!  Die Bruidspaar het vir mekaar ʼn brief uit die hart uit geskryf en aan mekaar as ʼn trougeskenk hulle uitgekose parfuum gegee.  Dit was ʼn splinternuwe parfuum geur sodat hulle na elke keer se gebruik, dit hulle weer aan hierdie spesiale dag sal herinner.

Elke gas het ook ʼn geskenkie ontvang.  Die mans ʼn wyn “stopper and pourer” wat geboks was in ʼn “tuxedo” en die dames ʼn glas kers wat ʼn heerlike kombinasie gebied het vir gaste wat lief is vir wyn by kerslig.  Die sjampanje vir die aand was ook dieselfde as die een waarmee Renier en Marieke verloof geraak het.

Vermaak gedurende die onthaal

Buite die onthaalsaal het ʼn fotoraam gehang wat gedien het as ʼn fotohoekie met #matthysenbruilof daarop gedruk, asook Renier en Marieke se naam met hulle troudatum.  Bruidspaar het saam met elke gas ʼn foto in hierdie raam geneem.  ʼn Outydse donker groen posbus met poskaarte was ook buite geplaas en het gedien as hierdie Bruidspaar se trouregister-boek.  Gaste kon raad, ietsie snaaks of bloot net ʼn boodskap daarop skryf en “pos”.  Op hulle eerste huweliksherdenking het hulle die posbus was oopgemaak.  Die bruid het ʼn groot liefde vir poskaarte.  Sy sal graag eendag hierdie kosbare posbus in hulle eie familie tradisies wil betrek.

Die bruidegom het die kousband gegooi op Leon Schuster se Pretty Kabousie en die bruid het haar ruiker gegooi op Dear Future Husband deur Meghan Trainor.

Die Bruidspaar het ook die lekker lag speletjie van skoen lig met vragies wat gevra word gespeel en vir groot vermaak gesorg.  Gaste het die bruid en bruidegom ook sommer gou-gou nóg beter leer ken en baie lekker vir; en saam met hulle gelag.  Dit het sommer die toonset vir die troue aangegee as ʼn wonderlike aand van samesyn.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Venue & Dekor:


Venue:

Dit was die mooiste sonskyn dag op Alevi Farm Lodge in Witrivier.  Die gaste het heerlike koue waterbottels ontvang, as lafenis vir die warmte.  Die troue was “unplugged”; wat beteken het dat die Bruidspaar versoek het dat die gaste geen foto’s moet neem gedurende die seremonie self nie.  Hulle wou hê die gaste moet daardie deel van die dag intiem saam met hulle deel, waarneem en werklik na die Bruid kyk wanneer sy instap en om nie doenig te wees met ʼn selfoon nie.  Die res van die troue was die gaste welkom om soveel foto’s te neem en op te laai op sosiale media met die gebruik van #matthysenbruilof.

Die venue het die rustieke tog moderne gevoel gehad, wat die Bruid wou gehad het.

Dekor:

Die dekor was stylvol, tydloos en klassiek gedoen met kleure wat neutraal, maar romanties vertoon het.

Die wit houttafels, met wit tafelnommers in woorde omring deur ʼn blarekrans, was gedek met groot ronde hout “underplates”. Roomkleurige tafellopers versier met blomme daarop, in die middel van die tafel, wat soortgelyk was aan die kombinasie gebruik in die kapel.  Met verskeie kerse in staanders van glas en silwer en wynvate langsaan waarop die tafelwyn gehou was, het die dekor in die onthaalsaal voorsien.

Elke tafel het ʼn spyskaart in ʼn hout fotoraam ontvang.  Fotorame wat na die troue deur die Bruidspaar in hulle huis gebruik word.

Die dak was belig met fyn liggies.  Daar was blomme wat op ʼn houtplank af gehang het bokant die bruid en bruidegom se aparte tafel.  Die woorde Mnr en Mev Matthysen in groot wit letters was geplaas voor hulle tafel.

Die tafelplasingsbord was ʼn groot wit fotoraam wat ook later in hulle huis gebruik word.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

Eerste Dans:


Die Bruidspaar en gaste het hulleself behoorlik geniet die aand.  Tussen Sterre se Agape liedjie is waarop die Bruidspaar die Dansbaan geopen het.  Die Bruidspaar het vooraf danslesse geneem by die talentvolle Rosalina van Werner Pulse Dance Studio en ʼn spesifieke dansroetine geleer.  Dit was perfek uitgevoer die aand, lift en al.  Nie net het die gaste dit geniet nie, maar die Bruidspaar ook, al was hulle behoorlik senuweeagtig voor die dans.  Dit was pragtig, romanties en soveel pret!

troue van die jaar 2019troue van die jaar 2019

Vertel ons meer van jul troukoek


Die unieke drie lae troukoek was gesny terwyl die liedjie Honey Bee van Blake Shelton gespeel het.  Die Troukoek was verseker ʼn Matthysen troukoek en het al die geure bevat waaroor die Bruidspaar mal is.  Dit boonste laag was ʼn Amarula gegeurde Vanilla koek, gevul met hazelnut en wit sjokolade.

Die ander twee lae onderskeidelik ʼn tradisionele rooi velvet koek en ʼn blackforest koek met ʼn bessie vulsel. Die nagereg was bedien op ʼn outydse leer en ʼn koffiemasjien het reggestaan vir ʼn kafeïen opkikker.

troue van die jaar 2019troue van die jaar 2019

Wittebrood:


Veranda Paul et Virginie Hotel & Spa te Mauritius was die Bruidspaar se bestemming vir hulle wittebrood. Dit was gekies omdat Mauritius naby is en daar nie dae verloor word en spandeer word op lughawens en vlugte nie. Dit is ʼn warm bestemming met die mooiste en helderste blou water en wit strande. By hierdie oord word slegs volwassenes toegelaat.  Wat die oord baie stiller en meer romanties gemaak het, veral vir ʼn wittebrood.  Met twee swembaddens en verskillende restaurante was dit rustig en pragtig. Die perfekte bestemming vir enige Bruidspaar en word sterk aanbeveel deur die Matthysens.

troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019 troue van die jaar 2019

    Artikel Diensverskaffers: