Pragtige Konfetti Houertjies

Dit is dikwels die klein details wat die onderskeid tref tussen jou gaste wat vir ʼn paar dae jou troudag onthou, of jou gaste wat met elke geleentheid vertel hoe asemrowend jou troudag was.  Indien jy tot daardie besef gekom het, is jy beslis op die regte plek!

ʼn Houer waarin jou konfetti gebêre word, is iets wat baie selde jou ‘Onthou’ lysie haal.  Tensy jy ʼn trou-koördineerder of bloemis het wat jou daaraan herinner, sal dit ontaard in ʼn geval waar een van jou strooimeisies op die laaste minuut moet rondhardloop en ʼn ou ys-bak uit die kombuis gryp!  Die probleem met slegs een groot bak is ook dat ʼn paar gaste dalk baie gretig is en twee hande vol konfetti neem en vir die res ʼn blaartjie of twee oor los.  Jy en jou pasgetroude man/vrou word dan van links af oorval met konfetti, maar die bak het nooit by die mense aan die regterkant uitgekom nie.

Om hierdie proses so eenvoudig en stres-vry as moontlik te maak, het Rabbitstrail pragtige konfetti houertjies ontwerp.  Só kan jy seker wees dat elke gas ewe veel konfetti kry. Dat geen silwer bak soos ʼn seer toon op jou pragtige troufoto’s uitstaan nie.

Pragtige Konfetti Houertjies Pragtige Konfetti Houertjies

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Pragtige Konfetti Houertjies

Artikel Krediet: