ʼn Moderne Herdefiniëring van die 1920’s

Om outydse style te omskep in iets wat relevant is in vandag se tyd, maar steeds die tipe styl met respek hanteer en dit nie leed aandoen nie, is beslis nie ʼn maklike taak nie.  Ons wil tog nie hê ons kinders moet eendag ʼn wanpersepsie hê van al die ikoniese trou modes wat met die 1920’s gepaard gaan nie!  Dit is egter maklik vir ons om met ʼn sekere aspek van ʼn styl weg te hol en blind te wees teenoor die balansering-foute.  Daarom verskaf Mooi Troues gestileerde fotosessies soos dié om te verseker dat jy nét genoeg 1920 en 2020 bymekaarsit vir die perfekte dekor-styl.  Hierdie gestileerde fotosessie sal jou die nodige wenke en inspirasie gee om ʼn 1920’s trou styl foutloos uit te voer.

Geheime troues waar paartjies vlug en iewers alleen gaan trou, het ook oor die jare baie gewild geraak.  Daarom fokus dié fotosessie ook op die mag van eenvoud.  ʼn Kleiner kwantiteit van sterk dekor het soms ʼn groter impak as ʼn reuse venue gevul met verskillende dekor-elemente.

Rol af vir trou-inspirasie gevul met sterk 1920’s modes, asook romantiese rooi rose om die perfekte balans te skep.  Jy sal nooit kan raai watter klein Suid-Afrikaanse dorpie hierdie fotosessie opgelewer het nie!

1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Hierdie fotosessie is deur Sophia’s Bespoke Florals en Rolene Photography gereël.

1920's wedding inspiration1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

Inspirasie vir die fotosessie?


Sjoe – daar was baie elemente wat deel was van ons inspirasie.  Ons wou graag ʼn fotosessie reël waarmee ons Valentynsdag kon vier en wat die boodskap oordra dat Valentynsdag meer as rooi rose is.  Werner Dey het vir ons ʼn rok gegee met die pragtigste detail op die rug.  Die rok en haarstyl het ons weer laat dink aan die 1920’s.  Die era van “Art Deco” en die jong westerse vrouens.

1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Beide, ek en Rolene, is gebaseer in Parys waarvandaan ons dan reis.  Nie net is Parys ʼn pragtige dorp nie, dit is ook die ideale plek waarnatoe paartjies kan vlug en ʼn geheime troue hou.  Parys het ook kleiner venues waar paartjies intieme seremonies en onthale kan hou.

Ons wou graag plaaslike diensverskaffers gebruik;  Indien jy ʼn geheime troue wil hou, sal jy alles wat nodig is in Parys kan vind.

1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

Agter die skerms inligting, byvoorbeeld, probleme met onvoorsiene omstandighede:


Die fotosessie was oorspronklik geskeduleer vir die buitelug.  Die Saterdagoggend was daar ʼn vreeslike storm en die kanse was groot vir reën in die middag.  Ons moes inderhaas ʼn venue soek!   The Dog and Fig Brewery het nie gehuiwer om ons te help nie en het ʼn deel van hul brouery aangebied.  Op die ou einde het alles perfek uitgewerk.  Wanneer jy  ʼn intieme troue hou, hoef jy nie ʼn tradisionele trou venue te gebruik nie.  Brouerye, kunsgalerye, museums, ens. kan ingespan word as venues.

1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel van die sessie was toe almal se handewerk, blomme, foto’s, grimering, koek, rok en skryfbehoeftes bymekaar kom om towerkuns te maak!

1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


COVID 19 het klaar verrykende emosionele en finansiële gevolge op paartjies en troues.  Ek glo dat baie meer paartjies nie sal wil wag om te trou nie; hul sal geheime of kleiner troues hou met net die naaste familie en vriende.  Ons advies is om buite die boks te dink – dink wyer as net tradisionele trou venues.  Gourmet happies en skemerkelkies vir 20 gaste kan net so mooi vertoon en nog lekkerder wees as ʼn formele aansit ete.  Bruid, jy kan steeds jou droom-rok aantrek!  Sekere dinge hoef nie te verander nie.

1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration 1920's wedding inspiration

    Artikel Diensverskaffers: