Marcel & Janneke se natuurlike verlowing fotosessie

Marcel en Janneke het hul verlowing fotosessie geskrap van enige tierlantyntjies en besluit om dit so natuurlik as moontlik te hou.  In gemaklike uitrustings het dié gelukkige paartjie en hul fotograaf, Lucille Photography, ʼn rustige dag in die natuur geniet.  Die verlowing fotosessie was ingesluit by Lucille Photography se pakket.  Dit het hulle die kans gegee om mekaar beter te leer ken voor die groot dag aanbreek.

Indien jy ook ʼn verlowing fotosessie beplan, maar geïntimideer voel deur die luukse omgewings wat jy op sosiale media sien, laat Marcel en Janneke se fotosessie vir jou inspirasie wees.  Al wat nodig is is jy, jou verloofde, jou fotograaf en jou gunsteling Sondag-uitrusting.  Met hierdie vier dinge, sal enige omgewing die perfekte omgewing wees!

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Die groot vraag:


Die groot vraag is gevra nadat ons een aand by my suster gebraai het.  Marcel het ʼn warm baaitjie aan getrek, gedurende warm April maand.  Terwyl ek klaarmaak, het hy kom kyk waar ek draai.  Hy het gedink ek kom iets agter, omdat die ring ʼn jaar lank in sy bedkassie was.  Hy het gedink ek soek daarvoor, maar ek het niks verwag nie.  Ons het gaan braai en na die tyd sê Marcel dat ons lanklaas ʼn entjie gaan ry het en koffie by Blouberg gaan drink het.  Ons het daar aangekom, die liggies gekyk en ʼn entjie gaan stap.  Toe ek weer sien, staan Marcel agter my op een knie en daar is ons altwee in trane!

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het April 2019 verloof geraak en ons trou in Oktober 2020.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het na ʼn fotograaf begin kyk vir die troue.  Lucille het dadelik my oog gevang net haar ongelooflike aandag aan detail.  Ons pakket het ʼn verlowing fotosessie ingesluit.  Ons het die foto’s ook gebruik vir ons “Onthou die Datum” kaartjies.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons enigste vrees is Covid 19!  Dit het ons almal aan die vrees of ons wel sal kan trou.  Ons troue het vanaf Maart stil gestaan.  Einde Junie het ons besluit om moed te hou en te glo dat ons in Oktober sal kan trou.

    Artikel Diensverskaffers: