Eduan & Salmari se verlowing fotosessie

In hierdie verlowing fotosessie word ons geïnspireer deur Jeffreysbaai se magiese sonsondergang en ʼn liefde wat geen afstand ken nie.  Na ʼn jaar se lang-afstand verhouding, is Eduan en Salmari uiteindelik terug bymekaar en reg om hul lewens saam te begin.  Tydens dié fotosessie, het Eduan en Salmari drie uitrustings vir drie verskillende omgewings in Jeffreysbaai gekies.  Die eienskappe van hul verhouding skyn deur in elke foto en ons hier by Mooi Troues glo dit is presies wat ʼn verlowing fotosessie moet wees.  Eduan en Salmari kan eendag terug kyk op die foto’s en herinner word aan hul jong, vurige liefde.

Rol af vir ʼn veelsydige verlowing fotosessie, asook ʼn verassing aan die einde!

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Salmari: My en Eduan se storie verskil, afhangend van wie dit vertel.  Alles het gebeur toe ek, ‘n Vrystaatse boeremeisie as ʼn nuut gekwalifiseerde mediese dokter in 2017 Port Elizabeth toe moes verhuis om my internskap jare daar te voltooi.  Min het ek geweet dat hierdie onbekende stad en sy mense my huis eendag sal word.  Ek en Eduan het mekaar die eerste keer in die Kerk gesien.  ‘n Paar weke het verby gegaan, totdat hy homself een oggend in sy koffie-winkel, Vovo Telo, voorgestel het.  Met sulke lekker koffie en gebak, kan ek seker sê die res is geskiedenis.  Van die begin af was alles so gemaklik en so lekker.  Hy het vinnig nie net my beste vriend geword nie, maar iemand wat my lewe so mooi kom inkleur het.

Ons het so ongeveer twee jaar uitgegaan voor hy die groot vraag gevra het.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessieverlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Die groot vraag


Salmari: Ons verlowing is ‘n herinnering wat ek verewig sal koester.  Eduan het ‘n prys na Madagascar Nosy Be gewen in November 2018.  Hierdie ongerepte idilliese eiland het al ons verwagtinge oortref.  Ons het ‘n bietjie gesukkel met die kommunikasie op die eiland, omdat meeste mense slegs Malagasy, Frans of Spaans praat.  Tydens ‘n dag uitstappie na Nosy Iranja, het Eduan die groot vraag gevra.  Dit was ‘n groot verrassing, omring deur God se mooiste skepping.  Die dag kon nie meer perfek gewees het nie!

verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Tydperk voor die knoop deurgehak word


Eduan: Dertien maande om presies te wees.  Ek en Salmari was in ‘n lang-afstand verhouding in 2019.  Salmari moes Graaff Reinet toe verhuis vir werk.  Sommer vroeg in 2020 gaan ons die knoop deurhak en dan ons lewe saam begin in Port Elizabeth.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Die Verloofring


Salmari: Oeh! Ek dink Eduan moet die storie eerder vertel.  Hy is mal oor die ringe en sal altyd sy opinie gee en my opinie vra as ons ‘n vrou met ʼn mooi ring sien.  So het hy my ring se “ontwerp” bymekaar gesit en weereens bewys hy ken my beter as wat ek myself soms ken.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Rede vir verlowing fotosessie


Die rede vir ons verlowing fotosessie was hoofsaaklik om gemaklik voor die kamera te word en so ook vir ons fotograaf, Niki, beter te leer ken.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessieverlowing fotosessie

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Eduan: Jeffreysbaai is bekend vir sy mooi sonsopkoms;  Dit is nog altyd ‘n spesiale prentjie vir ons.  Daar is net iets aan “die begin van ‘n nuwe dag.”  Alhoewel Salmari haar tas vie die fotosessie, waaraan sy baie lank gepak het, in Port Elizabeth by die huis vergeet het, moes ons maar werk met wat ons gehad het.  Maar, ons is baie bly oor hoe dit uitgekom het.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie

Verwagtinge en vrese vir verlowing tydperk


Afstand is ons grootste vrees.  Werk-verpligtinge het lang-afstand vir ‘n jaar vereis, maar die 273 km was nooit te ver as die hart verlang nie.  Die jaar was verbasend baie goed vir ons.  Ons het altyd ekstra moeite gedoen om tyd te maak vir kommunikasies en spesiale afsprake as ons vir mekaar gaan kuier het.

verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie verlowing fotosessie