WP en Williche se tuiste verlowing fotosessie bring so ʼn warm gevoel in mens se hart. Die doel van die fotosessie was om dit moeiteloos, snoesig en warm te laat voel. Hulle het tesame met hul fotograaf definitief dit reg gekry. Hulle het ʼn kort termyn huur woonstel gehuur vir ʼn dag vir die fotosessie. Ons is mal oor fotosessie wat ʼn tuiste gevoel het.
Williche en WP is skool liefdes. Mens kan hul liefde vir mekaar voel en sien in die foto’s. Ons is ook mal oor die donker en romantiese gevoel wat die foto’s het. Dit pas perfek by die warm en snoesige inspirasie van die fotosessie. Ons kan nie wag om die paartjie se trou foto’s te sien nie.
Daar is baie redes hoekom ʼn verlowing fotosessie amper ʼn moet is voor jou troudag. Een is om meer gemaklik te wees met jou fotograaf en of as paartjie voor die kamera. Vind fantastiese fotograwe in Mooi Troues se Trougids. Geniet Williche en WP se tuiste verlowing fotosessie en mooi storie hieronder.
Paadjie wat gelei het tot verlowing:
Ons is soos hulle sê, ‘skool verliefdes!’ Ons het in Graad 11 al ontmoet deur ons beste vriende op daardie tyd en net so jaar daarna toe besluit ons om dinge bietjie meer ernstig te vat. En dit was eers ʼn hele 7 jaar later wat ons toe verloof geraak het.
Die groot vraag:
Ons het op 16 Desember 2019 op ʼn wynplaas in die mooi Kaap verloof geraak. Ideaal, want ons is albei baie groot wyn liefhebbers! Dit was ʼn verassing, ek (Williche) het niks daarvan geweet nie, maar het wel vermoed dit sou iewers in die vakansie tyd gebeur.
Trou was definitief iets waaroor ons al ʼn geruime tyd van gepraat het, dit was net ʼn kwessie van wanneer en waar! Wp se familie en van ons vriende was daar om hierdie groot oomblik saam met ons te vier.
Tydperk van verlowing:
Net na die verlowing het ons dadelik troue begin beplan. Ons wou oor presies 3 maande trou, ʼn baie kort tydperk, maar doenbaar!
Rede vir fotosessie:
Om dinge bietjie gemakliker vir ons te maak op ons troudag, wou ons graag eers die fotograaf voor die tyd ontmoet. Dis toe dat ons hierdie fotosessie met Major & Me (Marnique) gereël het.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ons het al een of twee fotosessies van te vore gehad, en dan het ons dit gewoonlik buite of in die natuur gedoen. Ek het toe vir Marnique gevra of sy nie enige voorstelle het van ‘iets anders’ wat ons kan doen nie. Iets meer snoesig en warm, wat moeiteloos sou lyk. Sy het toe vir ons die mooiste Airbnb plekkie gereël waar ons ʼn moderne tuis fotosessie kon doen.
Verwagtinge & vrese gedurende die verlowing tydperk
Ons grootste vrees is dat ons nie die troue betyds sal kan reël nie! Ons het immers net 3 maande om alles bymekaar te slaan. So ons verwag definitief ʼn baie spanningsvolle en besige tydperk wat vir ons voorlê, maar glo dit is alles doen baar!
Verwagtinge van ons droom troue:
Ons verwag dat hierdie nie net vir ons ʼn spesiale dag moet wees nie, maar ook vir ons vriende & familie wat dit gaan bywoon. Dis vir ons belangrik dat hulle die dag saam met ons geniet en vier! En ook vir ons, is dit ʼn dag om 7 jaar se afwagting en n ewigheid van liefde te vier; ʼn dag wat ons vir die res van ons lewe sal wil onthou!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Major & Me Photography
- Plek: Airbnb Woonstel
- Grimering: Charne Karstel