Selfdoen-troue? Onkostes waarvan mens vergeet

Baie paartjies verkies ʼn selfdoen troue, maar vergeet van die selfdoen troue onkostes wat vinnig kan optel.  Ons skryf hierdie artikel om ʼn paar punte uit te lig waarvan mens maklik vergeet wanneer jy self jou troue beplan.  Om jou troue self te beplan kan lekker wees, maar ook stresvol op tye.  Moet nie onnodig stres nie, veral nie as jy ʼn Mooi Troues leser is nie.

By Mooi Troues deel ons gereeld gratis advies en inspirasie om jou trou beplanning proses te vergemaklik.  Elke paartjie het verskillende doelwitte vir hul troue asook verskillende begrotings.  Dit is hoekom elke paartjie se trou beplanning proses uniek is.  Geniet hierdie artikel en hou ʼn ogie op Mooi Troues vir vele meer gratis en professionele advies vir jou troue.

Konsultasie kostes:


Baie paartjies vergeet maklik van konsultasie fooie.  Daar is ʼn baie goeie rede hoekom diensverskaffers konsultasie fooie vra.  Dit is ook ʼn hele artikel op sy eie.  Konsultasie fooie verskil van diensverskaffer tot diensverskaffer.

Sekere besighede trek konsultasie fooie af indien jy wel een van hul dienste of produkte boek, ander nie.  Vra die diensverskaffers voor die tyd of hul konsultasie fooie het, wat dit is? Ook wat die terme is.

Deposito’s/Besprekings fooi:


Dit is iets wat baie paartjies vergeet, omdat mens gewoond is daaraan om net na ʼn prys te kyk.  ʼn Deposito/Besprekings fooi is iets wat jy betaal om ʼn seker diens of produk te boek vir daardie spesifieke datum en/of datum en tyd.

Elke besigheid se besprekings fooi betalings werk anders.  Die hoeveelheid besprekings fooi jy moet betaal en ook die terme rond om die betaling van die besprekings fooi.  Dit word gewoonlik gestipuleer in die diensverskaffer se kontrak en of algemene terme en bepalings.

Diensverskaffers vir jou troue:


Besluit eers op jou begroting, dan begin jy kyk na diensverskaffers.  Probeer kyk na diensverskaffers wat in jou begroting is.  Dit sal jou help om nie onnodig teleurgesteld te word, omrede jy nie ʼn diensverskaffer kan bekostig nie.

Party paartjies sal meer spandeer op seker diens as op ʼn ander diens, bv: meer op ʼn fotograaf as op ʼn troukar.  Die rede hiervoor is omdat party goed meer belangriker is vir paartjies as vir ander.  As jy opsoek is na fantastiese diensverskaffers vir jou troue besoek Mooi Troues se Trougids.

Dekor huur:


Paartjies vergeet heeltemal van die dekor wat hulle moet huur.  Daar is baie verskillende areas wat dekor sal benodig.  Van die seremonie-, gaste vermaak- tot die onthaal lokaal.  Al die verskillende areas het verskillende dekor items nodig.

Elke paartjie het hul eie dekor smaak, so verskil pryse van dekor items ook.  Dit hang alles af van watter dekor jy opsoek is, na en hoe populêr die item is.

Verblyf vir die aand voor jou troue:


Moet nie vergeet van jou verblyf die aand voor jou troue nie.  Paartjies dink gewoonlik net aan die verblyf die aand van die troue.  As jy nie naby aan die plek van die troue bly nie, sal jy moet dink aan verblyf die aand voor die troue.  Die paartjie maak gewoonlik daar ook reg op hul troudag.

Onthou dat jy verblyf vir die bruid, bruidegom, strooijonkers en strooimeisies moet boek.  Dit kan nogal ʼn groot bedrag geld kos indien jy dit nie voor die tyd in jou begroting inwerk nie.  Dink ook of jy een plek wil boek vir almal, en of die bruid en bruidegom aparte plekke wil boek.   So moet jy onthou om dan met twee plekke te gesels en nie net een nie.

Etes vir diensverskaffer:


Hierdie is ʼn baie belangrike punt.  Jou diensverskaffers soos fotograwe, videograwe, vermaak ens. werk die hele dag sonder ʼn breuk.  Hulle raak ook honger en kan nie juis die troue verlaat om iets te gaan koop nie.  So dit is baie belangrik dat jy met die venue en of die spyseniering besigheid gesels om kos te hou vir die diensverskaffers.

Asseblief.  Gee ordentlike kos vir diensverskaffers.  Dieselfde kos as wat jou gaste kry.  Vra net dat jy x-totaal meer borde kos wil hê vir diensverskaffers.

Oortyd vir werkers:


Daar is baie mense wat per uur betaal word wat werk by jou troue, soos byvoorbeeld kelners en die personeel in die kroeg.  Indien jy hulle langer besig hou as die oorspronklike ooreenkoms, gaan jy moet betaal.

Verskillende personeel het verskillende pryse.  Maak seker jy weet hoeveel die oortyd kostes is vir almal wat oortyd moet werk.  Party venues het klaar ʼn oortyd koste wat deel vorm van die pakket.  Indien jy dit dan nie gebruik nie, sal dit afgetrek word van jou rekening.  Maak net seker voor die tyd, sodat jy dit kan inwerk in jou begroting.

Wittebrood:


Die wittebrood is definitief nie iets waarvan paartjies sommer vergeet nie.  Alhoewel paartjies partymaal so gefokus is op hul troue se beplanning, dat hul vergeet om ook aandag aan die wittebrood te gee.  Dit is belangrik om goed te weet wat in jou begroting oor is vir jou wittebrood.

Omdat baie paartjies na plekke wil toer waar dit in die seisoen is vir wittebrood en reisigers, is dit belangrik om vroegtydig te boek.

Indien jy ʼn gebruik maak van ʼn reisagent, hoef jy nie jouself te veel te bekommer nie, want daardie persoon sal jou herinner om sekere goed te doen.

As jy jou wittebrood self beplan moet jy in ag neem die tyd van die jaar, beskikbaarheid van jou wittebrood datums, deposito-, verblyf-, reis- en vermaak kostes, asook etes en drankies.  Dit klink vinnig en maklik, maar onthou al die bogenoemde kos geld.  So maak seker jy begroot hiervoor.

In kort – ʼn opsomming:


Geniet die beplanning proses en moet nie te veel stres oor klein dinge nie.  Probeer fokus op die belangrike dinge eerste, daarna op die kleiner dinge.  Hierdie artikel fokus net op ʼn paar punte, maar daar is ander punte wat net so belangrik is.  Ons doen gereeld advies artikels so wees op die uitkyk vir nog advies.  Laaste, maar nie die minste nie, gebruik Mooi Troues as jou bron van inspirasie en advies om jou troue te beplan.

Artikel Krediet:

Foto’s:  Pexels