Stephan & Nicole se baie oulike verlowing met baie huislike gevoel. Dit is presies wat die paartjie na opsoek was vir hulle fotosessie. Hulle wou die gevoel hê van ʼn verlowing fotosessie by die huis. Dit is ook die rede agter die spesifieke venue van die fotosessie. Ons is mal oor Nicole en Stephan se fotosessie.
Jy kan sien die paartjie was sommer lekker gemaklik voor die kamera. Die fotosessie het so ʼn warm gevoel en jy kan hulle glimlagte voel deur die foto’s. Die neutrale kleurpalet van die fotosessie se dekor elemente en paartjie se kleredrag is prentjie mooi. Dit is so belangrik dat paartjies fokus op wat hulle aantrek na ʼn fotosessie. Stephan en Nicole se fotosessie sal inspirasie wees vir baie paartjies.
Vir nog vele verlowing fotosessie inspirasie, kyk na ons verlowing kategorie op Mooi Troues. Ons het tonne inspirasie wat jy kan gebruik vir jou verlowing fotosessie. Geniet Nicole en Stephan se oulike verlowing fotosessie op Mooi Troues.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het mekaar die eerste keer ontmoet by ‘n 7s Rugby toernooi op skool. Dit was definitief love at first sight. Ons was omtrent so 6 jaar saam voor ons verloof geraak het.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Ek dink ons altwee inspireer mekaar, Nicole is sageaard, liefdevol, ambisieus en pragtig binne en buite. Stephan is definitief iemand waarna ek opkyk. Hy is slim, nederig en weet wat hy soek in die lewe en wil alles net ‘n sukses maak.
Die groot vraag:
Ons was Dullstroom toe vir Stephan se ma se 60ste verjaarsdag met Stephan se Familie, die beplanning was vir n pikniek in die veld. Die weer was nie in ons guns nie, en Stephan het heel onverwags my gevra die oggend toe ek en hy op die stoep gesit het en koffie gedrink het. Ons was nog in ons pajamas, en dit het alles net meer spesiaal gemaak. Ons het daarna n spa dag geniet. Na die aktiwiteit volle dag het ons mooi aangetrek en n klein foto sessie gehou. Alles was perfek en sou niks anders wou gehad het nie.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:
Ons het glad nie vrese nie, ons gaan al lank uit. Ons is meer opgewonde om ons lewe saam te begin.
Verloofring:
Ek sal se dit was altwee, ek het al vir hom gewys en gaan aanpas van wat ek hou, hy het ook sy eie styl ingebring.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ek het vir Mona gevra wat sy dink toe stuur sy vir my Culture barn se details en die homie idea van dit. Ek het dadelik van dit gehou want dis nie mens se tipies engagement shoot nie. Dit was iets anders gewees.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons trou die 22 Augustus so ons sou dan so 7 maande verloof gewees.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het dit gedoen want ons wou gemaklik wees met die fotograaf op ons trou dag en ook om fotos op te sit in ons huis.
Visie vir droomtroue:
Al wat ons soek is ons vriende en familie, lekker musiek en lekker kos dan is ons gelukkig.
- Fotograaf: Mona-Liza Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Venue: Culture Barn