As jy opsoek is na ʼn mooi woud troue as trou inspirasie? Dan sal jy mal wees oor Dwayne & Angelique se mooi woud troue in die Caledon omgewing. Angelique het pragtig gelyk in haar trourok wat soveel klein detail gehad het. Dit het so mooi gepas by Dwayne se grys pak en die strooijonkers en strooimeisies se donker blou uitrustings.
ʼn Harp en Viool duo pas so mooi in by die paartjie se troue. Hulle het Zest Music gebruik om hul gaste te vermaak met pragtige musiek. Daar is net iets so spesiaal aan musiek wat op ʼn instrument voor jou gespeel word.
Ons is mal oor die sagte wit en pienk dekor elemente wat gebruik was in die venue. Die paartjie het een lang tafel gehad in die pragtige glaskas venue omring deur bome. Deurskynende stoele was gebruik en het ʼn moderne effek geskep.
Die paartjie het op die mooiste twee houtstoele gesit. Dit is nogal ʼn oulike idee, om die styl bietjie anders te laat lyk. Hulle troukoek is ons mal oor! Dit hang vanuit die dak op ʼn tafeltjie. Die koek self het ʼn grys en wit marmer gevoel. So modern en mooi.
Silk Music was hulle platejoggie en het seker gemaak gaste geniet die musiek en het ʼn lekker groot partytjie. Dit is belangrik om iemand soos Ryan van Silk Music te gebruik as platejoggie. Iemand wat professioneel is baie ervaring het wanneer dit kom by die musiek bedryf. Geniet die paartjie se troue.
Paartjie se Liefdesreis
Met ʼn gekliek van die muis op sosiale media, nes meeste jong volwassenes destyds, het die liefde tussen ons begin blom net na skool en sterker en sterker gegroei tot en met tien jaar later. Intussen het ons verloof geraak in New York, waar die Bruidegom op die mooiste antieke bruggie in die middel van Central Park op sy knieë gegaan het.
Verlowing Tydperk:
Ons verlowing het vir drie jaar lank geduur. Ons het geen haas gesien om te trou nie en het ons ook gesoek na die perfekte venue, regte datum en die tema van ons troue. Omdat ons in Port Elizabeth woon en ons droom venue, meer bekend as Die Woud, in Caledon geleë is het ons definitief ʼn trou beplanner oorweeg, maar die Bruid was bang dat die persoon nie haar visie sal kan uitbeeld soos sy dit baie graag wou gehad het nie so toe besluit ons maar om dit alles self te reël.
Finansiële Aspekte:
Ons het besluit dat ons baie graag ʼn intieme troue wil hê en dus was ons maksimum net sestig gaste. Ons wou tyd met elke liewe persoon deurbring en het ons geweet dat ʼn groot gastelys ons nie sal toelaat nie. Met ʼn begroting van twee honderd duisend rand en ʼn troue wat plaas moet vind in die Wes-Kaap het ons, ons bes probeer om in die begroting te bly, maar het vinnig besef dat dit geensins sal gebeur nie.
Ons het behoorlik die begroting oorskry. Advies aan ander paartjies is dat ons gevind het ʼn troue is rerig net vir julle as paartjie. Die aand is so ʼn gejaag deur die gaste en tydlyn dat alles op die ou end net ʼn klein verlate herinnering is. As ons ooit dit oor sou kon doen, sou ons baie graag veel eerder ʼn oorsese bestemming troue doen met net die heel naaste familie en vriende.
Merkwaardigste Oomblik:
Die kansel is die heel beste merkwaardigste oomblik vir ons albei gewees. Dit is die oomblik wat alles soos ʼn realiteit uiteindelik voel. ʼn Oomblik waar alles om julle twee verdwyn en waar die liefde ekstra mooi blom.
Besluitnemingsproses :
By die besluitnemingsproses het albei die Bruid en Bruidegom ʼn sê gehad. Die Bruidegom het meeste besluite in die Bruid se hande gelos, omdat hy gevoel het dit is tog wat enige vrou van kleins af oor droom. Gedurende die worsteling met die reëlings en keuses het familie en vriende ingespring en gehelp by die maak van goed.
Paartjie se Styl:
Ons wou met items gaan wat nie sommer uit die mode sal gaan nie. Ons uitrustings moes stylvol en elegant gewees het en moes alles in terme van die kleurskema bymekaar pas, dus het ons die Bruidegom se trouband so gekoop dat dit mooi inpas by die vlootblou, roos goud en die klein bietjie wit goud in die Bruid se trouring.
Vermaak:
In hierdie afdeling wou ons definitief alles anders gedoen het. Ons het eers as vermaak by die seremonie gegaan met ‘n viool en harp duet. Toe dit gekom het by die kousband en ruiker het ons besluit op een minuut speletjies. Die ruiker was gewen deur snesies die vinnigste uit ‘n boksie te trek en die kousband was nou weer gewen deur wie die stadigste ontslae kon raak van al hulle balletjies.
Venue en Dekor:
Die Woud in Caledon is asemrowend, beeldskoon en definitief die perfekte plek om enige spesiale dag te komplimenteer. Wind deur die takke, sonstrale deur die bome, die geluid van voëltjies is van die vele eienskappe wat Die Woud so wonderlik gemaak het vir ons. In die buitelug wou ons trou en het ons ver en lank gesoek na dit. Die troue was gevul met die mees sagste, vrolikste blommetjies in pastel pienk en wit. Feëtjieland was die gevoel wat geskep moes word en het Wildeflower ons wildste drome so mooi uitgebeeld. Die res van die dekor het die blomme baie mooi gekomplimenteer. Ons het sagte pienk, vlootblou en roos goud gekies as ons kleurskema.
Wittebrood:
Ons wittebrood was iets besonders. ʼn Keuse deur die Bruidegom en ʼn geheim tot die einde vir die Bruid. Ons eerste bestemming was Parys in Frankryk. ʼn Bestemming wat die Bruid as tiener besoek het saam met haar ouers. Dit was vir haar die mees romantiese plek en wou sy dit baie graag weer besoek met haar trouman. Omdat ons Parys besoek het gedurende die winter seisoen was ons tweede bestemming Mauritius. Die Bruidegom het besluit dat die wittebrood geëindig moet word op die strand, met ʼn uitkyk oor die see wat skitter in die sonlig.
- Musiek: Silkmusic Wedding DJ
- Platejoggie: Ryan Engelbrecht
- Vermaak: Zest Music
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Blomme: Wildeflower
- Bruidegom-pak: Macy’s
- Dekor: Bruids Paar
- Fotograaf: Ron Harding Photography
- Gaste Geskenke: Martinus van Tee Caricature
- Grimering: Tarryn Harding Makeup Artist
- Hare: Nandi Kai
- Huurdienste: Muse Decor Hire en Scape Events
- Huweliksbevestiger: Riette Gerber
- Trouring: Sterns
- Troukoek: Sheena Henry
- Koördineerder: Leandre Muller
- Strooimeisie-rokke: Edgars
- Trourok: Bruid se Ma
- Venue: Die Woud
- Paartjie se verblyf: Schulphoek House
- Videograaf: White Motion Films
- Huwelik kontrak: Liandra Schoultz de Jongh
- Wittebrood plek: Parys en Mauritius