Louw en Bianca se selfdoen bosveld troue is prentjie mooi en bied baie trou inspirasie vir paartjies wat ʼn bosveld troue beplan. Louw het Bianca gevra om te trou in ʼn helikopter, sjoe dit is nou romanties. Hierdie troue is ook ʼn goeie voorbeeld hoe mooi ʼn selfdoen troue met 180 gaste kan wees.
Die paartjie is gek oor vlootblou. Louw het ʼn pragtige vlootblou pak aangehad wat so elegant is. Dan is daar Bianca se pragtige vloeiende lang trourok. Sjoe dit is prentjie mooi. Die kontras tussen die onafgewerkte bosveld landskappe en die paartjie se sagte troue is so mooi.
Hulle trou dekor is prentjie mooi. Die sagte pienk elemente saam met die Bourgondiese blomme en kerse is so mooi. Groen elemente breuk die twee kleure en bring net alles so mooi saam. Die kerse op die tafel gee dit ook ʼn baie snoesige romantiese gevoel.
Is jy verloof? Vind fantastiese diensverskaffers vir jou troue in Mooi Troues se Trougids. Geniet Louw & Bianca se selfdoen bosveld troue hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Louw het mekaar ontmoet by ʼn motorfiets resies op Roedtan. Louw het motorfiets gery. Ons is op 12 Oktober 2019 verloof. Hy het my gevra om te trou in ʼn helikopter.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir 5 maande verloof en het die troue self beplan met die hulp van ons familie.
Finansiële Aspekte:
Ons het nie eintlik ʼn begroting gehad nie, maar ons het mooi na ons geldsake gekyk. Ek en Louw het 180 gaste gehad by ons troue. Daar is soveel wat ʼn mens op jou spesiale dag wil hê, maar meeste van die goedjies gaan nie eers onthou word nie.
Merkwaardigste Oomblikke:
Toe ons mekaar weer vir die eerste keer kon sien op die dag.
Paartjie se styl:
My rok was die perfekste rok. Alles op die rok was perfek. Louw se pak was vlootblou, ons albei hou van vlootblou en dit het gepas by ons kleurskema. My trouring het Louw spesiaal dit vir my laat maak. Sy ring het ons gekoop by Benjamin juweliersware in Groblersdal.
Die Besluitnemingsproses:
Ek en Louw het al twee saam die finale besluite geneem. Ons familie was baie betrokke. Hulle het ons mooi gehelp waar ons was gehaak het ens.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Nee!! Alles was perfek gewees. Ons sal absoluut niks wil verander aan ons groot dag nie!
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Dames, nie alles gaan uitwerk soos wat jy bepan nie, maar dis okay. Jou mense onthou die lekker kuier en oomblikke saam julle. Manne, doen wat jy goed dink, nooi die mense wat jou sal nooi, moet nie spuit wees oor iets nie, dis te vinnig verby en definitief die beste dag van jou lewe. So moet nie na ander luister nie, maak soos jy wil!
Venue & Dekor:
Louw se ouers was die eerste mense wat by Tsekama Lodge getrou het. En albei my ouers werk vir die eienaars. So ons het ons geweet dis die plek waar ons moet trou. Dit was alles kleure waarvan ons albei hou, en dis het alles mooi bymekaar gepas.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ons was gelukkig gewees! Slegs 2 naweke voor die KOVID -19 begin het getrou. Ons kon nie ʼn beter datum gekies het nie.
Wittebrood:
Ons was Kaapstad toe gewees. Vir ons het dit nie gegaan oor waarheen nie, dit het vir ons gegaan oor die tyd wat ons saam mekaar kon spandeer.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Fotograaf: JCS Photography
- Blomme: Tsekama Wedding Venue
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Tsekama Wedding Venue
- Grimering: Makeup@benjakkals
- Hare: Exclusive Bridal Hair
- Huweliksbevestiger: Ds Frans De Beer
- Juweliersware: Elma Juweliers
- Trouring: Elma Juweliers
- Troukoek: Tsekama Wedding Venue
- Musiek: Schalk Burger
- Platejoggie: Schalk Burger
- Skoene: YDE
- Strooimeisie-rokke: Marinda Turvey
- Trourok: Fynbos Bridal Boutique
- Venue: Tsekama Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Tsekama Wedding Venue