Barry & Samantha se donkergroen troue

Barry en Samantha se donkergroen troue met wit en goue elemente sal jou asem laat wegslaan.  Ons is mal oor groen, veral donkergroen, dit skep lewe aan enige spasie.  Dan is daar Samantha se pragtige vloeiende trourok wat so mooi oor haar skouers val.  Prentjie mooi en dit pas perfek by Barry se donkergroen pak wat amper soos ʼn skakering van swart lyk as jy vinnig daarna kyk.

Samantha en Barry se trou dekor styl was geïnspireer deur natuur elemente, maar wou nogsteeds luuksheid bied aan hul gaste.  Die venue se mooi oop hout dak-balke werk perfek met die paartjie se dekor styl.  Geweefde mandjies is deesdae verskriklik in die mode.  Die paartjie het dit ook deel gemaak van hul trou onthaal dekor.  Hierdie is perfek vir die paartjie wat graag natuur elemente wil deel maak van hul troudag.

Dit is baie belangrik om diensverskaffers vir jou troue te gebruik wat jy kan vertrou.  Die diensverskaffers is die mense wat jou stertvlakke baie kan verminder as hulle ʼn goeie werk doen.  Vir fantastiese en professionele diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet Barry en Samantha se donkergroen troue hieronder.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Paartjie se Liefdesreis:


Ons albei het in Bloemfontein groot geword, waar ons mekaar deur sosiale kringe ontmoet het.  Ons liefdes verhaal begin egter toe Samantha in Jeffreysbaai gebly het – sy was een naweek in Bloemfontein, toe ons paaie weer kruis en die heen-en-weer kuiers tussen Bloemfontein en Jeffreysbaai begin.  Barry het toe vir Samantha gevra om saam met hom Uvongo toe te trek.  Drie jaar later, op 23 Februarie 2018, vra Barry vir Samantha om te trou na hy haar verras het met ʼn huis vol sprokies ligte, rose en talle ballonne met foto’s van al ons avonture saam.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowing tydperk was ongeveer twee jaar.  Ons het geen beplanner gebruik nie – ons het aanvanklik trou-uitstallings in Durban bygewoon vir inspirasie en ʼn troue beplan in die Midlands.  Kort daarna word Barry verplaas Kaap toe, waar ons daar ʼn troue beplan.  Na inagneming van vervoerkoste vir gaste na Kaapstad,  besluit ons toe om dit sentraal by Warm Karoo in Bloemfontein te hou.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Aan die toekomstige bruidegomme sal my advies die volgende wees: Geniet die beplanning van die groot dag en maak julle self betrokke by die reëlings van julle troue, dit is immers julle dag ook. Wees kalm en ondersteun jou bruid in die proses.

Aan die toekomstige bruide: Skep ʼn platform vir jou bruidegom om deel te vorm van die proses en maak hom gemaklik om sy idees te deel.  Maak seker jou verskaffers ken mekaar en is gemaklik om met mekaar te werk – dit vat ʼn groot deel van die beplanning en stres van jou rug af.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Finansiële Aspekte:


Vandag se troues is baie duur, dus was begroting ongelooflik belangrik vir ons.  Ons het n spaar plan opgestel van twee jaar, sodat ons nie skuld hoef aan te gaan vir ons groot dag nie.  Ons begroting was R 230 000.00 vir n 100 gaste.  Die beste advies wat ons aan toekomstige trou paartjies kan gee is, doen genoeg navorsing oor die verspreiding van julle begroting oor die verskillende aspekte van die troue.  Dit het ons gehelp om by ons begroting te bly om duidelikheid te hê oor ons prioriteite – ʼn duur ontwerpers rok vs. ʼn orkes by die onthaal?

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Spesiale Tradisies:


Ons seremonie was gelei deur Ds. Stoffel Hellmuth, wat tradisioneel oor jare deur die bruidegom se familie gebruik word.  Ons het wel tradisie bietjie verander deur gekleurde linte aan die bruid se ruiker vas te maak en vir elk van die enkel dames gegee, waar hulle om die bruid in ʼn kring geloop het en sy die linte een vir een gesny het – die laaste lint kry die blomme.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Barry – Daar was soveel onvergeetlike oomblikke, maar die ongelooflikste oomblik was toe die kapel deure oop swaai en ek my beste vriend (Samantha) sien wat ek die eer gaan hê om my vrou te kan noem. Dan deur die res van die aand net vir haar te kyk en besef hoe gelukkig ek is.

Samantha – Die merkwaardigste oomblik was Barry se beloftes aan my, dit was ʼn ongelooflike persoonlike en egte oomblik.  Ons het gekies om ons eie beloftes aan mekaar te gee.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar was min wat verkeerd geloop het en dit wat wel nie 100% perfek was nie, het niemand agtergekom behalwe ons nie.  Ons was opsetlik daaroor om in die oomblik te wees en die aand te geniet saam ons gaste.  Ons verskaffers was puik en ek kon staat maak op die feit dat alles in plek was.  Daar is niks wat ons sal wil verander nie.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Paartjie se styl:


Bruid se rok – My rok was ʼn romantiese “off the shoulder” rok, in ʼn trompet styl.  Ek het ʼn plaaslike ontwerper gebruik wat ʼn spesiale kant van ʼn foto af, opgespoor het vir my.

Bruidegom se pak – My Bogart Italiaanse pak was formeel en klassiek, met ʼn U-vorm onderbaadjie en die kleur was ʼn donker woud-groen.

Trou ringe vir die bruid – Die verloofring was ʼn ovaal Pavé in Roosgoud, ontwerp deur die bruidegom en gemaak deur HDL Jewellers.  Die styl was ‘vintage’ maar tog tydloos.  Die trou pand was ʼn Roosgoud Herringbone ring.

Trou ring vir die bruidegom – Die trou ring was ʼn klassieke ronde goue ring – treffend en tydloos.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Die Besluitnemingsproses:


Beide van ons was betrokke by die finale besluitneming.  Ons het take onderverdeel sodat elkeen hulle eie insette kon lewer op die trou dag.  Ons het gevoel die troue is ʼn weerspieëling van ons persoonlikhede en het baie lekker saam gewerk en idees geruil, al was dit effe moeilik  om ʼn troue vanuit verskillende provinsies te reël.  Die raad wat ons van ons vriende en familie ontvang het was baie hulpvaardig, alhoewel ons steeds die finale besluite geneem het om ons dag so persoonlik as moontlik te hou.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons het soveel ongelooflike diensverskaffers op ons groot dag gehad, maar om ʼn paar uit te sonder wat die dag ekstra spesiaal vir ons gemaak het en wat ons enige dag sal aanbeveel:

Lighticle – Dylan Britz was briljant met professionele raad en kreatiwiteit.

Warm Karoo & The Kitchen – Vir uitnemende spyseniering en Bronwyn Cahill Graham se professionele en vriendelike dag koördinering.

Reflective Photography – Elani Ross se pragtige hoe kwaliteit fotografie.

Jan Jordaan Media Production – Pragtige trou film en professionele diens.

Estie Swart Make-up Artistry – Uitnemende diens en professionele advies.

dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding dark green wedding

Venue & Dekor:


Ons het dadelik aanklank gevind by Warm Karoo se styl, met hul oop hout dak-balke.  Verder het hulle ons “moet-hê” items nagekom – Dit was belangrik dat ons venue ʼn Kapel op die perseel het, binne-huise “gourmet” spyseniering en op-die-dag koördinering. Ons dekor was geïnspireer deur die natuur, maar ons wou ook luuksheid aan ons gaste bring, dus het ons besluit op ʼn “moody tropical-luxe” tema, waar ons kleur-skema donkergroen, ‘a touch of black”, goud met wit aksente op rou hout was.

moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe weddingg moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding dark green wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding

Vermaak:


Ons is groot musiek aanhangers, dus was musiek belangrik.  ʼn Persoonlike vriend, Nathan Combrinck, was gevra om in die Kapel op te tree.  Vir ons verwelkomingsdrankies het ons ʼn trio-orkes van Arco Musica laat optree en vir die onthaal het ons Creative Kilowatt (Quintin de Lange) gebruik.  Om alles by mekaar te bring het die talentvolle Gerben van Niekerk as Seremonie Meester opgetree.  Ons het ʼn Gin Bar gehad waar ons Craft Gin bedien het, asook Craft Bier.  Daar was ook ʼn stylvolle foto-hoek as agtergrond vir ons Polaroid gasteboek.

moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding

Wittebrood:


Ons wittebrood was in Knysna.  Ons is albei baie lief vir die natuur en dus was Forest Valley Cottages die perfekte plek om mens af te sonder van die wêreld en deur die natuur in gesluk te word. Die eenhede is in die Knysna woude en mens word wakker elke oggend met die wonderlike klanke van natuur.  Verskriklik romanties en ontspannende wittebrood.  Presies wat ʼn pas-getroude paartjie nodig het na die warrelwind van jou groot dag.

moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding

Eerste Dans:


Die eerste dans was op “Toe Vind Ek Jou” deur Francois van Coke en Karen Zoid.  Albei van ons is beide lief vir alternatiewe musiek en is jonk van hart.  Ons het aanklank gevind by die rou en relevante lirieke wat van toepassing is op ons liefdesverhaal.  Ons het nie danslesse geneem nie, ons het reeds ʼn gemaklikheid met mekaar en die wysie gehad.

moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding dark green wedding moody tropical-luxe wedding moody tropical-luxe wedding