Pieter & Vonique se moderne plaastroue

Pieter en Vonique se moderne plaastroue sal jou inspireer om ʼn lekker plaastroue te hou.  Ons is mal oor die modern en stylvol dekor elemente van dié troue.  Die groen plante wat vanuit die hoë dak hang is so mooi.  Dit skep onmiddellik hoogte en gee die venue daardie ekstra bietjie lewe.  Die roosgoud elemente pas so mooi in by die groen en die rou tafels.  Dan is daar die buite sit areas.  Perfek gestileer vir die gaste wat onder die sterre lig wil sit.

Vonique vertel nadat hulle verloof geraak het baie op Mooi Troues gaan rondspeel vir trou inspirasie rondom veral dekor, blomme en gaste geskenke.  Vir ons agter die skerms hier by Mooi Troues, maak dit ons harte so bly om dit te hoor.  Ons werk baie hard om die beste trou inspirasie en gratis trou advies vir ons lesers te publiseer.  Mooi Troues se Trougids bestaan ook uit fantastiese professionele diensverskaffers.  Dit is belangrik om diensverskaffers te gebruik wat goed saam werk.

Pieter en Vonique het hul wittebrood geniet in die Maldives,  Sjoe!  Hoe gelukkig is die paartjie nie?  Dink jou self in hoe jy jou wittebrood sal geniet omring deur ligblou waters en skemerkelkies.  Die doel van ʼn wittebrood is om jouself te geniet en julle tyd as ʼn pasgetroude paartjie te geniet.  Onthou om elke sekonde te ontspan en pret te hê.

Geniet die paartjie se troue onder en lees meer oor hulle liefdes reis in die artikel.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Paartjie se Liefdesreis:


Na onderlangse kyke in die gimnasium, het ons uiteindelik op 01 Augustus 2010, deur ʼn gemeenskaplike vriend, by ʼn sosiale geleentheid ontmoet.

Aan die begin van 2013, het ek na die Kaap verhuis, weens ʼn wonderlike werksgeleentheid.

Na twee-en-half jaar se langafstand verhouding, het Pieter op 12 Junie 2015, met ʼn pragtige sonsondergang, tussen wynlande en op ʼn hout dek, verlig deur honderde kersies my voete totaal en al onder my uitgeslaan, en op sy knie afgegaan vir die ja woord.  Dit was absoluut sprokiesagtig.  Die volgende dag, het ons Bloemfontein toe gevlieg, waar ons die groot oomblik verder saam geliefdes gevier het.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Die Verlowing Tydperk:


Na die verlowing, moes ons eers besluit of ons in Bloemfontein of Kaap ons lewe saam gaan begin, en daarmee die gepaardgaande trek, ens, en was ons dus vir 2.5 jaar verloof gewees.  Ons het Bloemfontein en die Kaap vir ons troue oorweeg, maar toe op Bloemfontein besluit, aangesien meeste van ons familie en vriende van die Vrystaat omgewing is.  Ek kon eers 3 maande voor die troue weens werk-verpligtinge na Bloemfontein terug verhuis en moes toe meeste van die trou reëlings vanuit die Kaap tref.  Ons het gelukkig ʼn ongelooflike span diensverskaffers gehad, wat die proses soveel makliker gemaak het.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Finansiële Aspekte:


Ons het lank voor die tyd diensverskaffers gekontak en kwotasies ingewin, en daardeur ʼn begroting probeer vasstel en begin spaar vir die groot dag

70 gaste het saam Ons Mooiste Daggie gevier, wat dit perfek intiem en spesiaal gemaak het

Advies:

Probeer vroeg voor die tyd begin reël en doen.  Hoe meer besluite lekker vroeg geneem kan word, hoe meer kan daar gesoek word vir goedkoper opsies.  Besluit op 3 aspekte van die dag wat vir beide van julle baie belangrik is, en sentreer die begroting rondom dit.  Vir die ander aspekte, kan daar dan altyd goedkoper opsies gekry word

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons albei was dit verseker toe die kapel se deure oopgaan en ons mekaar vir die eerste keer sien.  Ek was ongelooflik senuweeagtig gewees, maar het dadelik rustiger begin raak toe ek hom daar sien staan.  Pieter was net so oorstelp van emosie toe die kapel deure oopgaan.  Daarna kon ons ons opgewondenheid & oorweldigende geluk beswaarlik terughou.  Voor ons by die seremonie aangesluit het, het ons ook vir 5 minute buite gestaan en saam stil geword, voor ons as Meneer en Mevrou voorgestel was, wat dit verder baie spesiaal gemaak het.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Paartjie se styl:


Met Pieter se troupak, het ons op ʼn klassieke snit besluit met Casper se uitstekende leiding rondom bykomstighede.

Ek het baie rokke aangepas om daardeur te sien watter styl by my pas.  Tannie Annette van Bridal Emporium het ongelooflik gehelp, en my ʼn rok  laat aanpas wat glad nie by my styl eintlik ingepas het nie, maar toe ek eers daardie rok aangetrek het, kon ek dadelik voel ek het my trourok gevind.

Met ons trouringe, wou ons vir ʼn tydlose ontwerp gaan.  Pieter het self my verloofring en troupand ontwerp en sy trouring het ons van foto’s laat maak.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Die Besluitnemingsproses:


Ons wou van die begin af saam Ons Mooiste Daggie aanpak en beplan.  Familie en vriende se insette was verseker verwelkom met al die hordes besluite wat geneem moet word, maar die finale besluite het steeds by ons berus.

moderne plaastroue moderne plaastroue

Vermaak:


Ons het besluit om vingeretes, tesame met vonkel-drankies, aan die gaste by die klubhuis (The Kitchen) te bedien terwyl ons vir foto’s gegaan het.  Ons fotograwe en videograwe het ons so gemaklik gemaak dat ons bloot net nie kon ophou lag nie.  Dit was gelukkig ʼn heerlike somersdag en kon die gaste ook hul aanwend tot ʼn verskeidenheid grasperk-speletjies.  Ons het ook ʼn ongelooflike platejoggie gehad, wat ʼn uitsonderlike kuns het om gaste te lees en net te weet watter liedjies om wanneer te speel.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Venue & Dekor:


Ons het dadelik verlief geraak op Warm Karoo se Kaapse wynland gevoel.  Ek het nog altyd gedroom om perde deel van ons groot dag te maak, en die lieflike groot groen grasperke & Tristone Stables kon daardie droom ʼn werklikheid maak.  Ulrich van Grand Room Design het ons gehelp met blomme en dekor.  Hy het ʼn ongelooflike talent en visie, en het baie duidelikheid gegee aan ons prentjies en verwagtinge.  Ons wou vir ʼn unieke modern minimalistiese elegante styl gaan, met roosgoud, marmer en geometriese aksente.  Die primêre kleure vir die blomme was wit en groen, met ʼn titseltjie blos.

moderne plaastrouemoderne plaastroue moderne plaastroue

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit sal regtig onmoontlik wees om net een diensverskaffer uit te lig.  Ons het lank huiswerk gedoen en toe besluit op ʼn ongelooflike span diensverskaffers wat vreeslik goed saam gewerk het en daardeur ons troue net soveel makliker gemaak het.  Elkeen het presies geweet wat om te doen en het mekaar perfek aangevul, en ons deel van die familie gemaak.  Ons dag sou nie ʼn miljoenste gewees het wat dit was, as dit nie vir ons briljante “A-Team” diensverskaffers was nie.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Advies aan paartjies:

Dis die begin van julle pragtige lewenspad saam.  Moenie dat die troue beplanning die fokus daarvan verskuif nie.  Op die dag, maak ʼn punt daarvan dat julle deur die aand bietjies-bietjies alleen saam mekaar tyd deurbring.

Advies aan dames:

Geniet elke liewe sekonde.  Die dag gaan verloop perfek soos Liewe Jesus dit beplan het nog voor jy eers gebore was.  Dis deel van wat dit so spesiaal maak.  Geniet dit net saam vriende, familie en jou toekomstige lewensmaat.  Dit gaan regtig so vinnig verby.

Advies aan manne:

Probeer jou bruid ondersteun en help oral waar jy kan.

moderne plaastroue moderne plaastroue

Spesiale Tradisies:


Ons kom beide van Afrikaanse families, en het daarom meeste van die tradisionele Afrikaanse tradisies gehad by die troue.  By die seremonie, het die dominee vir my, Pieter en beide ons ouer pare gebid, wat baie spesiaal was.  Toe ons by die kapel uitstap, het ons wit duiwe losgelaat.  Ons wou egter bietjie ietsie anders doen met die blomruiker en kousband, waardeur ons die kousband oorhandig het aan die jongste getroude man, en ek my blomruiker oorhandig het aan die dame wat die langste getroud was by ons troue.  Die gaste het dit baie geniet

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Wittebrood:


Ons het na ʼn asemrowende Maldives eiland gegaan.  Pieter het maande vooraf alles beplan en het ek eers op Dubai se lughawe die groot verrassing gekry.  Dit was absoluut idillies gewees;
7 Daggies van ligblou water, die heerlikste kos, skubaduik saam met besonderse seelewe, en natuurlik bodemlose skemerkelkies, na die gejaag en haas van die troue, was dít absoluut salig.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Maak nie saak hoe perfek elke stukkie van daardie spesiale dag beplan word nie, die kanse is steeds baie goed dat daar iewers gedurende die verloop van die dag dingetjies verkeerd kan loop, maar daardie is die dinge wat aan die einde van die dag dit soveel meer spesiaal maak, en dit is die dinge wat ons vandag oor lag.  Toe ek voor die kapel staan, het ek aan myself, en vroeër my ongelooflike grimeerkunstenaar, Ronèl, belowe om die dag net te geniet, soos dit gebeur, en nie toe te laat dat klein dingetjies die ongelooflike daggie en waaroor dit eintlik gaan, ontsuur nie.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

Eerste Dans:


Ons het besluit om op “Just the way you are” van Bruno Mars.  Pieter het hierdie liedjie vir my gespeel toe hy my uitgevra het om sy meisie te wees … Ook gespeel toe ons verloof geraak het, en was dit daarom baie spesiaal om op hierdie liedjie ook as meneer en mevrou vir die eerste keer saam te kon dans.

moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue moderne plaastroue

    Artikel Diensverskaffers:

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: