Pierre & Chantelle se kleurvolle Winter troue

By Mooi Troues deel ons met Pierre en Chantelle se kleurvolle Winter troue, die ideale winter troue vir die moderne paartjie.

Hulle het hul trou dekor eenvoudig gehou met donker kerse, pragtige kleurvolle blomme ontwerpe op die tafels.  Dan was daar ook grys elemente wat deurgekom het in die dekor.  Flower Box het die paartjie se mooi blomme en dekor behartig.  As jy opsoek is na ʼn fantastiese blomme en dekor ontwerper in die Mpumalanga omgewing dan is Flower Box die opsie vir jou.  Kry tonne inspirasie met die moderne, kleurvolle trou dekor.

Winter troues begin al hoe meer populêr te raak.  ʼn Gesellige winter troue met kleurvolle elemente om die grys wolke te breuk.   ʼn Element wat vir ons uitgestaan het was die troukoek met granate op.   Granate is so mooi rooi en helder.  Geniet Pierre en Chantelle se Winter troue op Mooi Troues.  Lees meer oor hulle liefdesreis en troue hieronder.

winter wedding winter wedding

Paartjie se Liefdesreis:


Pierre het my gevra om te trou die 20ste November 2017 in die Kaap op Groot Constantia.  Ons het in geloof n datum vasgemaak op ʼn venue wat nog nie gebou was nie.  En het in elke besluit die Here geken en vertrou om dit wat vir ons nie finansieel moontlik was nie n realiteit te maak.  Die 20 ste Julie 2019 het ons getrou op ‘n winterdag op die mooiste venue met ʼn boek vol getuienisse van die Here se goedheid tydens die onvergeetlike reis.

winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir bietjie meer as ʼn jaar en ʼn half (20 Nov 2017 en het 20 Julie 2019 getrou).  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie.  Die venue was baie goed ingerig en so mooi dat ons regte net die blomme, rok en koek moes reël.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Finansiële Aspekte:


In totaal het ons 120 gaste onthaal en het baie afslag gekry op alles omrede ons in die winter getrou het.  Ons het ook by ʼn nuwe venue getrou wat groot “opening specials” gehad het.  Ons het baie mense gekontak en spesifiek die venue gevra vir diensverskaffers in Ermelo omgewing omrede ons van Witrivier af kom.  Dit het baie gehelp om nie addisionele vervoer kostes te betaal vir die diensverskaffers nie.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Diensverskaffers vanaf Mooi Troues geboek:


Ek het my strooimeisies se rokke van Gelique gekry.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Chantelle

Ons het op die venue gebly en die oggend 6 uur het ek en Pierre mekaar ontmoet en om die hele venue gestap en net bietjie stil geword voor die dag begin.

Die kerk diens was baie spesiaal met my skoonpa wat die diens gelei het.

Toe ons instap vir die eerste keer as Mnr. en Mev. Janse van Rensburg op die liedjie “special star”.

Die atmosfeer by die troue was ongelooflik en ons harte was vol dankbaarheid teenoor die Here en teenoor almal wat bygedra het om ons dag spesiaal te maak.

Pierre

Alles was regtig baie lekker en een van my gunsteling oomblikke was die oomblik net voor ons ringe vir mekaar moes gee, toe ek opkyk en Chantelle se gesig sien, toe kon ek net nie die trane terug hou nie.

Nog n spesiale oomblik was toe ons die dansvloer open met die liedjie “True believer” van Darius Rucker en weereens kon ek net nie die trane terug hou nie.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers