Nathan & Emma het ‘n pragtige natuur toneel verlowing gehad. Jy kan sommer in hierdie liefdevolle en pragtige paartjie se foto’s sien dat hulle dit geniet het. Dit is so belangrik dat paartjies hulle verlowing fotosessies geniet. Emma en Nathan se fotosessie wat ons vandag deel is besonders mooi. Die tyd van die dag is perfek wat beteken die lig is prentjie mooi vir die fotograaf om mee te werk.
Die rede vir die fotosessie was vir die paartjie om meer gemaklik voor die kamera te wees. ‘n Belangrike rede vir ‘n verlowing fotosessie. Dit is baie belangrik vir ‘n paartjie om gemaklik te wees voor die kamera op hul troudag. By jou verlowing fotosessie kan jy nog leer en jou fotograaf vrae vir hulp. So weet jy dan jy is gereed by jou troudag en kry die mooiste foto’s. Kry al jou verlowing fotosessie inspirasie op Mooi Troues. Blaai af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het deur vriende ontmoet terwyl ons op Desember vakansie was. Ek en Nathan het mekaar leer ken in ‘n kort tydperk terwyl ons gesit en sterre kyk het op die strand. Ons glo dat dit moes gebeur het omdat Nathan na Johannesburg getrek het daardie Januarie waar Emma bly.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Emma oor Nathan: sin vir humor, harde werk en hy het ‘n snaakse manier om my terug te bring aarde toe.
Nathan oor Emma: passie, ‘n drome en baie liefdevol.
Die groot vraag:
Ons het in ons pajamas reguit uit die bed in ons eerste huis saam opgestaan. Nathan het my wakker gemaak met ‘n koppie koffie en gevra dat ek saam met hom buite moet gaan sit. Toe ek om die draai kom toe is hy op sy knieg.
Die Verloofring:
Die ring het ons saam ontwerp. Nathan het toe oorgeneem en sy eie klein detail bygesit.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons het Alexis gevra om êrens in die buitelug aan te beveel en sy kon nie ‘n beter plek kies nie!
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:
Geen vrese nie. Julle sien net daarna uit om hierdie volgende hoofstuk van ons lewens te geniet!
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Net onder ‘n jaar …, maar COVID-19 het ander planne gehad.
Visie vir droomtroue:
Ons wil hê dat mense net ons liefde moet voel! D it was die hoofdoel gedurende ons beplanningsproses. Ons wil ‘n gesellige wintertroue hê, omring deur vure en gelag. Pragtige herfskleure en aandag kan gee aan al ons gaste. Om in die dag teenwoordig te wees en beskikbaar te wees, is vir ons baie belangrik.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Fotograaf: Alexis Muntz Photography