‘n Opsomming van jou troubeplanning proses

By Mooi Troues, is ons mal om ons lesers te help om hul troudag te beplan.  Ons het ʼn Opsomming van jou troubeplanning lys gemaak wat die hoofpunte opsom.  Is jy verloof?  Om jou troue te beplan, hoef nie stresvol te wees nie.  Dit gaan baie oor die beplanning tegnieke wat jy gebruik.   Ons het ʼn trou beplanning aftiklys onder gemaak wat jy kan gebruik om jou troue te beplan.  Dit sal jou help om ʼn struktuur te kry en makliker maak om jou troue te beplan.  In die toekoms gaan ons ʼn meer in detail aftiklys vrystel, so hou jou oë op Mooi Troues.

Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese diensverskaffers wat jy kan gebruik vir jou troue.  Ons help jou om die beste diensverskaffers te vind vir jou troue.   As jy van die diensverskaffers in ons trougids gebruik maak, weet jy dit is op Mooi Troues se standaard.  Dat jy fantastiese diens en produkte sal ontvang.

Onthou om jou troubeplanning te geniet en nie teveel te stres nie.  Indien jy jou troue korter as 12 maande voor die tyd beplan, kan jy twee of drie maande se take bymekaar sit en die lys net verkort oor ʼn korter tydperk.

 11 tot 12 maande voor die troue:


  • Is jy klaar verloof?  Maak seker jy vertel vir almal van jou verlowing.
  • Besluit op ‘n troudatum:  Die tyd is ook belangrik, maar vir eers, kies net ‘n datum sodat jy diensverskaffers kan kontak en hoor of hulle wel beskikbaar is.
  • Kry ʼn trou webtuiste:  Trou webtuistes is baie oulik en jy kan al jou informasie op een plek plaas.  So kan al jou gaste alle informasie direk vanaf julle trou webtuiste kry.  Op die manier kan jy met al jou gaste kommunikeer, sonder om een vir een kontak met hulle te maak.
  • As julle families nog nie ontmoet het nie, is die nou die perfekte tyd om hulle te laat ontmoet.  So beplan ‘n lekker samekoms.  Dit hoef nie ʼn formele storie te wees nie.  Julle kan net lekker saamkuier by ʼn restaurant of so.
  • Dink aan ʼn begroting:  Nou is die tyd om eerlik te wees oor geldsake.  Maak seker julle begin werk aan ‘n begroting wat julle sak sal pas en sodoende kan julle die beplanning proses oor vergemaklik en weet waar om te soek.
  • Besluit op ‘n tema of styl van jul troue.  Maklik is om te dink aan kleure, dekor styl, natuur tonele om die venue ens.
  • Kontak julle huweliksbevestiger oor haar/sy beskikbaarheid om jou seremonie te behartig by jou troue.
  • Begin dink aan die hoeveelheid gaste wat julle wil nooi en finaliseer die totaal.
  • As julle weet hoeveel gaste julle wil hê, nou begin met die gastelys.
  • Maak kontak met venues waaraan jy belangstel, sodat jy weet hoeveel jy benodig vir deposito’s en al die ander kostes betrokke.
  • Begin kontak maak met besiger diensverskaffers wat gewoonlik ver vooruit geboek word.  Dit sluit in diensverskaffers soos venues, verblyf, fotograwe, trourok ontwerpers en trou koördineerders.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

9 tot 10 maande voor die troue:


  • Teen die tyd sal jy al weet min of meer watter tiepe trourok jy opsoek is na.  Maak jou finale besluit en bestel solank jou trourok.
  • Nadat jy die venue besluit het, begin kyk na verblyf plekke vir jou gaste.  Al betaal julle dit nie, dit is altyd om ‘n reëling met plekke te maak en indien meer as ‘n seker aantal mense boek kan hulle ‘n afslag prys kry.
  • Bruidegom: Kies jou strooijonkers solank.
  • Bruid: Kies jou strooimeisies en hoof bruidsmeisies.
  • Teen die tyd sal jy al weet min of meer watter tiepe trourok jy opsoek is na.  Maak jou finale besluit en bestel solank jou trourok.
  • Begin om Diensverskaffers te kontak en ontmoet oor jou troudag en begin die waarvan jy baie hou te boek.  Onthou goeie Diensverskaffers word lank vooruit geboek, so as daar iemand is waarvan jy regtig baie hou, boek hom/haar so spoedig moontlik.

weddings joubertsdal country estate swellendam

7 tot 8 maande voor die troue:


  • Wittebrood beplanning:  Begin te dink aan julle wittebrood planne en begin met die reëlings.  Al is dit ‘n verassing maak seker jou paspoort en alles is in order indien jy wel die land sal verlaat.
  • Begin soek na strooimeisie en -jonker se rokke en pakke, sodat dit inpas by die res van jou trou kleurskema en tema’s.  Jy kan altyd later klein verstellings laat doen.
  • Nou is die perfekte tyd om te begin skimp vir jou droom trouring.  Maak seker julle albei weet wat julle wil hê.  ‘n Trouring is ‘n lewenslange belegging, so maak seker jy koop iets waarvan jy regtig baie hou en wat tydloos is.
  • Begin nou te registreer vir jou kombuis-tee geskenk register en ook begin uitkyk vir trouregisters solank.
  • Skryfbehoeftes:  Begin skryfbehoeftes ontwerpers kontak oor jou “onthou die datum” kaartjies asook jou uitnodigings.
  • Registreer ook op aanlyn publikasies, soos Mooi Troues om gratis skryfbehoeftes te kry wat jy maklik kan aflaai en self laat druk. Dit is net nog ‘n manier om ekstra mooi goedjies by jou troudag te hê.
  • Indien jy nog nie jou fotograaf gekies het nie, kies jou trou fotograaf en boek hom/haar.  Jy kan dit vroeër ook doen, omdat baie fotograwe vinnig vol geboek word vir die volgende seisoen.

weddings joubertsdal country estate swellendam

5 tot 6 maande voor die troue:


  • Finaliseer jou gastelys indien jy dit nog nie gedoen het nie.
  • Begin “onthou die datum” kaartjies uitstuur na gaste toe.  Dit is nog nie ʼn formele uitnodiging nie, dit gee jou gaste net ʼn idee dat julle troudatum dan sal wees en dat julle hul wel ʼn uitnodiging gaan stuur.
  • Begin rondsoek vir spysenering en troukoeke en begin proe sessies te boek, om seker te maak dit is wat jy ingedagte het.  Dit is baie belangrik om die kos en ook die koek te proe.  Alles lyk mooi op ʼn foto en jy wil lekker eet, so maak seker dit proe soos dit lyk.
  • Dit is nou die perfekte tyd om vir die bruidegom ‘n pak te begin soek.  Veral as jy een wil laat ontwerp.  Dit gee die ontwerpe die kans om genoeg tyd te hê om ʼn mooi troupak te ontwerp wat perfek pas.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

3 tot 4 maande voor die troue:


  • Begin om goed te bestel vir jou troue, wanneer dit kom by beligting, ekstra dekor items en ook drank vir jou troue (indien daar nie ‘n kroeg is nie).  Hierdie klein detail is gewoonlik wat mens vergeet nader aan die troue.  Indien jy drank en koeldranke vir jou troue vooruit koop, maak net seker die verval datums is ver in die toekoms.
  • Finaliseer jou spyseniering (indien dit nie met venue gedoen word nie) en besluit op jou finale keuses van julle finale spyskaart.
  • Maak seker jy het al jou Diensverskaffers geboek en hulle deposito’s betaal.
  • Stuur inligting uit oor verblyf na gaste wat van ver af na jou troue toe reis.
  • Koop gaste se geskenkie of indien jy dit self gaan maak, begin solank, want van nou af gaan die tyd baie vinnig verby.
  • Begin om jou trou toespraak te skryf.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

2 maande voor die troue:


  • Stuur julle trou uitnodigings uit na al jul gaste.
  • Doen jou grimering en hare proef sodat jy weet jy is gemaklik met jou grimering en hare.  Dit gee jou ook die kans om jou stilis te vrae indien jy nie seker is oor iets nie of as jy iets wil verander.
  • Finaliseer jou wittebrood planne.
  • Musiek lys: Finaliseer jou platejoggie se lys van musiek en wat moet speel as julle inloop by die venue, eerste dans ens.
  • Bevestig weer per e-pos met alle diensverskaffers dat hulle alles het wat hul benodig om julle troudag vlot te laat verloop.
  • Boek julle repetisie aandete met die families.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

ʼn Maand voor die troue:


  • Koop geskenke vir die strooimeisie en -jonkers om dankie te sê.
  • Skeduleer jou laaste aanpas sessie vir jou trourok en maak seker jou strooimeisies pas hulle rokke ook voor die tyd aan en sodoende die strooijonkers.
  • Bestel enige laaste huur items soos ligte, stoele ens.
  • Beplan vervoer vir strooimeisies, strooijonkers en gaste wat nie vervoer het nie.
  • Bel gaste wat nog nie bevestig het nie om te hoor of hulle die uitnodiging ontvang het en wat hulle besluit is?
  • Bevestig die finale wittebrood reëlings.
  • Bevestig of julle trouringe klaar is en gaan tel dit op en maak seker dit is op jul versekering.
  • Maak seker jy het al jou ekstra klein bykomstighede bymekaar.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

1 tot 2 weke voor die troue:


  • Maak finale betaling aan diensverskaffers en stuur vir hulle finale reëlings weer ‘n keer.  Reël finale tye met diensverskaffers en die venue.

weddings joubertsdal country estate swellendam

Die dag voor die troue:


  • Ontspan en gaan vir ‘n lekker spa-sessie.
  • Boek in by jou wittebrood suite waar jy gaan klaar maak.
  • Onthou om nie te veel te oefen of stap sodat jy moeg is die volgende dag nie.
  • Gaan na die repetisie ete toe.
  • Gaan lekker vroeg bed toe, sodat jy op jou beste voel en lyk as jy opstaan.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Artikel Krediet: