Johann & Rochelle se prettige stedelike verlowing

Johann en Rochelle se stedelike verlowing is inspirasie vir die paartjies wat opsoek is na ‘n oulike verlowing fotosessie idees.  Die paartjie het ‘n baie stedelike gevoel verlowing fotosessie gehad.  Van foto’s in die buitelewe van die gebied tot foto’s in ‘n oulike koffie winkel en gallery.

Baie paartjies raak verloof en wonder dan wat hulle kan doen vir hul verlowing fotosessie.  Die begin sal wees om te besluit op ‘n plek en tema.  Wil jy iets plaas, bosveld, stedelik ens. doen?  Dit help jou klaar om in die regte rigting te gaan.

Is jy verloof?  Laat Mooi Troues jou help met jou trou beplanning proses.  Ons het tonne fantastiese advies artikels geskryf vir paartjies wat opsoek is na advies vir hul trou beplanning.  Dit is belangrik om so stresvry moontlik te bly.  Fokus op die belangrikste eerste en daarna op die res van die lys.  Geniet Rochelle en Johann se verlowing fotosessie hieronder.

urban engagement urban engagement urban engagement urban engagement

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Johann het mekaar vir die eerste keer ontmoet oor ‘Skype’ in 2013 tydens ʼn ‘tutor’ sessie.  Kom ons stel dit net so … statistiek is nie my sterk punt nie.  Johann was saam met een van my vriende in ʼn koshuis op die PUK en hy het gereël dat Johann ons help voor ʼn belangrike toets.  Ons het mekaar se oë gevang en die liefde het begin blom.  Ons het ses jaar lank uitgegaan en verloof geraak in Desember 2019.

urban engagement urban engagement
urban engagement urban engagement

Die groot vraag:


Ek moet sê dat ons nou al ʼn rukkie begin gesels het rondom verloof raak.  Johann is baie geheimsinnig en hy het toe ʼn baie oulike verlowing beplan.  Ons het verloof geraak op ʼn plaas in Vrede in die Vrystaat op die 20ste Desember 2019.  Hy het ʼn romantiese piekniek gereël tussen die mooiste kranse en dit was ʼn groot verrassing.  Tot en met die oomblik wat hy my gevra het, het ek nie gedink ʼn verlowing is op pad nie.

urban engagement urban engagement urban engagement urban engagement

Hoekom ons mekaar liefhet:


Rochelle

Sy sagte hart, die manier hoe hy oor diep dinge van die lewe kan gesels, hoe hy my liefhet en sy goeie sin vir humor.  Ek lag konstant!

Johann

Ek het haar lief vir haar mooi omgee-hart en dat sy ander mense altyd eerste stel.  Die feit dat ons dieselfde belangstellings deel i.e. musiek, kuns, liefde vir diere en ook mekaar se abstrakte grappe kan vang.  Ons lag baie saam en beskou mekaar as ons beste vriende.

urban engagement urban engagementurban engagement urban engagement urban engagement

Rede vir die verlowing-fotosessie:


Ons wou graag ʼn verlowing-fotosessie doen sodat ons die foto’s kon gebruik vir ons trou webtuiste en uitnodigings.  Mans is natuurlik ook nie so lief vir foto’s neem nie so dit was belangrik dat mens voor die troue die geleentheid het om vir Martinet beter te kon leer ken en ook dat ek en Johann meer gemaklik voor die kamera kon wees.

urban engagement urban engagement urban engagementurban engagement urban engagement

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Martinet Blomerus Photography neem baie mooi foto’s en haar oog vir detail is ongelooflik goed.  Ons het gehou van hoe sy haar foto’s ‘redigeer’.  Ons het besluit om die verlowing fotosessie by 44 Stanley in Johannesburg te gaan neem.  Juis oor die feit dat ons graag ʼn “stedelike” gevoel wou hê en dat die ontwikkeling ʼn klomp hoekies en draaitjies het wat geleenthede skep vir mooi fotos.

urban engagement urban engagement urban engagementurban engagement urban engagement

Visie vir droomtroue:


Ons albei hou baie van minimalisme.  Ons wou graag in die winter trou met emerald groen as kleurskema saam met pampas, aalwyne en droë plante.  Die venue stel mens in staat om minimalisties te wees want die argitektuur en uitsig is ongelooflik mooi.  Ons venue is Kleine Rijke, Hartbeespoortdam.

urban engagement urban engagement urban engagement urban engagement urban engagement

Het KOVID-19 enige effek gehad op jou troubeplanning?


Ja, ons troudatum sou die 20ste Junie 2020 gewees het, maar a.g.v. Covid-19 het ons dit uitgestel na later die jaar.  Ons hoop dat daar teen daardie tyd minder beperkings is en dat ons die dag saam al ons familie en vriende kan spandeer.  Moet sê dat Covid-19 mens eintlik net weereens laat besef dat jy glad nie in beheer is nie.  Jy kan regtig net op die Here vertrou en ons glo dat alles sal uitwerk.  Sou daar steeds streng beperkings wees het ons besluit ons trou steeds op die nuwe datum en mens kan mos altyd net later ʼn partytjie saam al die geliefdes hou.

urban engagement urban engagement urban engagement urban engagement urban engagement

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

[endsection]