Stephan & Clarése se oulike plaas verlowing

Stephan en Clarése se oulike plaas verlowing fotosessie sal jou opgewonde maak vir jou eie verlowing fotosessie.  Daar is soveel oulike idees wat mens kan doen met ʼn verlowing fotosessie.  Vandag se fotosessie is ʼn inspirasie vir almal wat ʼn plaas tema het vir hul fotosessie.  Stephan en Clarése is beste vriende vir sewe jaar.  Aan die begin wou Clarése niks van Stephan weet nie.  Toe begin hul verlief raak na ʼn kuier op die plaas.  Dit is waar die paartjie se romantiese verhouding begin het.  Hulle het begin uitgaan vir agt maande voordat Stephan haar gevra het om te trou.

ʼn Verlowing fotosessie is ook meer as net ʼn paartjie fotosessie.  Dit is ʼn belangrike deel van jou verhouding met jou fotograaf.  Hier het jy die kans om van jou fotograaf te leer hoe jy moet staan ens.   Jy kan ook vrae vra vir jou fotograaf indien jy nie seker is oor iets nie.  Dit is regtig ʼn pret tyd om gewoond te raak aan die kamera.

Clarése het ʼn pragtige vloeiende blom-patroon rok aan.  Stephan het ʼn denim broek aan met ʼn eenvoudige swart t-hemp.  Hierdie kombinasie saam werk perfek vir die fotosessie.  Hulle pas net mooi in bymekaar en niks is te veel of te min nie.  Dit is baie belangrik om mooi en gemaklik aan te trek vir jou verlowing fotosessie.  Kleredrag dra by tot die eind resultaat van ʼn suksesvolle verlowing fotosessie.   Vind inspirasie op Mooi Troues vir jou verlowing fotosessie.

Hulle sou 2 Mei trou, maar toe weens die wêreld pandemie is hul troue uitgestel na 15 Augustus 2020.  Ons sien baie uit daarna om hierdie oulike paartjie se pragtige bruilof-fees te sien.   Vir nou kan jy hul baie mooi verlowing storie onder geniet.

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Die groot vraag


Fanna is eintlik GLAD NIE romanties nie, vriende van ons bly op ʼn plaas en sy vrou, Lulindie en Izari, haar sussie het eintlik alles gereël.  Dit was Sondag, 7 Julie 2019 in die woud van hulle plaas naby die rivier.  Hulle het ons “genooi vir Cois” se verjaarsdag braai teen die rivier, Fanna se beste vriend verjaar daai dag, so dit was baie gepas!

Die oggend sou ons 11:00 gaan maar toe laat weet hulle nee eers 4uur? S o toe dink ek dis so random tyd om op ʼn Sondag ʼn braai te hou, maar nie te min het ons maar gegaan.  Fanna kan vreeslik stres en voor ons ry plaas toe het hy met sy boetie op die foon gepraat wat toe hom nou sterkte toe wens.  Ek het in die bakkie geklim toe hy sê nee dankie Mol ek moet nou gaan, heel pad sê hy toe hys nie lus vir dit nie en hy wil nou nie gaan nie …

Die oomblik:

So kom ons toe daar aan en Dirk, Lulindie se man kry ons toe by die huis, hy sê toe nee ons sal nie met Fanna se bakkie tot daar kan ry nie ons gaan vas sit!

So het ons toe oor in Dirk se bakkie geklim koeler en al, toe ons so ry toe sien ek nee maar hierdie paadjie gaan nie rivierhuis toe nie ons is dan in die woud naby die skietbaan?  Dirk stop toe en sê daarsy … Ek sê toe DADELIK, NEEEE!!!!

My hart het vinniger begin klop en ek het geweet oky dis nou so, toe ek by die linker venster uit kyk toe sien ek n kombers met kussings, peuselhappies, sjampanje, en ʼn tydlyn van foto’s van my en hom saam met fairy lights!

Die arme man het so gestres, hy het op sy knieë afgesak en gesê: “Lyf trou nou met my toe asseblief man!” Ek het gelag en dadelik JA gesê, ek het sommer emosioneel geraak die oomblik was so groot en oorweldigend! En ja toe het ons lekker peuselhappies geëet en fees gevier, dit was eintlik toe nogal baie romanties en alles wat ek wou hê!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ons was verloof van 7 Julie tot 2 Mei veronderstel om te wees so ons sou 10 maande verloof wees voor ons getrou het, maar God seën ons met nog paar ekstra maande om net nog beter huweliksmaats te kan word! Ons gaan nou 1 jaar en 2 maande verloof wees voor ons trou!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Die verloofring


Ek het nog altyd n idee gehad van HOE my ring moes lyk en ek het fotos vir hom gestuur toe ons ernstig begin raak, hy het my ring laat maak presies soos ek hom wou hê!

Ek het nie geweet hoe hy gaan lyk nie maar toe ek dit sien het ek dit dadelik GELOVE!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Rede vir die verlowing fotosessie


Ons het hierdie fotos geneem vir 2 redes, Fanna HAAT fotos so hy moet oefen vir die troudag!! En vir ons uitnodigings, wat ons nou ook in ons huisie sal kan hang!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Sooo dit was eintlik nie die oorspronklike plan nie! Die plan was om tussen skape te neem en toe eindig ons op tussen beeste wat toe so mooi was, ek is n blomme kind en hy ‘n skaap fanatikus, so ons wil graag n stukkie van ons menswees en van wie ons is weerspieël in ons fotos en troudag.

As paartjie wou ons egter tussen skape en plaaslewe wees en natuurlik my blomme uitrusting weerspieël dan die blomme gedeelte en op die ou einde het ons meer gekry as wat ons wou hê ons het tussen mooi bome en klein pers blomme in n veld fotos geneem in Kroonstad.  En dan skelm op ʼn boer se plaas tussen sy beeste gaan fotos neem en daarna in die lusern! Albei van ons wou ook onsself wees en spontane fotos gehad het nie net “pose” en “stywe” fotos nie. Ons fotos was stunning dit was so moeilik om te kies uit alles vir die uitnodigings!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk


Ons verlowing tydperk tot dusver was lekker en moeilik, troue reël is regtig ‘n uitdaging en dis hekkies wat ons maar saam moes oor spring, ons skaaf en skuur ook maar mekaar en groei saam in alles wat ons aanpak, dis ook SOOO LEKKER op dieselfde tyd, natuurlik meer lekker as sleg! Hierdie hele voorbereidings proses maak ons sterker en bring ons nader aan mekaar, maar maak ons ook opgewonde vir dit wat kom, ons sien so baie uit vir ons spesiale dag en oh uiteindelik vir-ewig by mekaar te kan wees sonder om totsiens te hoef sê! Ons leer baie van mekaar in hierdie tyd en doen ook so voorhuwelikse lessies wat mens bietjie uitdaag om oor sekere belangrike goed oor die huwelik te praat!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

Visie vir droomtroue


Wel ons wil 3 hoof goed vir ons troue hê, 1. Godelike, Geesvervulde dag, 2. Lekker kos, 3. ʼn Groot en lekker partytjie, ons hashtags is:

#Venterfees

#Venterverhaal

#Venterewig

Ons wil regtig hê dit moet n feesviering wees en dat die mense saam ons dit moet geniet!

Ek dink dit beskryf ons baie mooi! En dis ons droom troudag in n neutedop, en natuurlik LIEFDE IN OORVLOED!

oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing oulike plaas verlowing

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]