By Mooi Troues deel ons Ormond & Mieke se klassieke plaastroue met skakerings van aardse kleure met ons lesers. Mens kry altyd so ʼn warm gevoel as jy dink aan ʼn plaastroue, ʼn troue wat gevier word saam met vriende en familie. Plaastroues gee jou ook daar rustige gevoel, weg van die stad se gejaag. Al jou gaste kan saam ontspan en die rustigheid van die omgewing geniet. Mieke en Ormond se trou dekor is skakerings van aardse kleure wat so mooi inpas by die omgewing waarin hul getrou het. Dan is daar Mieke se pragtige groot ruiker met spierwit orgideë – prentjie mooi.
Mieke is van Swellendam en Ormond is mal oor die dorp omring deur majestueuse berge. Dit is waar Joubertsdal Country Estate hul hart gesteel het vir hul trou venue. Daar is nie nog ʼn venue soos dié een met so ʼn mooi berg uitsig in Swellendam nie. Joubertsdal Country Estate is nie net ʼn lieflike trou venue met heerlike kos nie, maar het ook fantastiese luukse verblyf. Jy kry die plaaslewe, met luukse afwerkings. So as jy opsoek is na ʼn venue in die Swellendam omgewing, weet jy waar om te gaan.
Die talentvolle trou fotograaf, Helene Viljoen het elke oomblik van die paartjie se spesiale dag vasgevang. Helene se fotografie styl kan mens beskryf as oorspronklik, klassiek en skerp. Dit sal jou terugvat na jou troudag en dit weer laat herleef. Albei Helene Viljoen en Joubertsdal Country Estate is goedgekeurde Mooi Troues diensverskaffers en is deel van ons trougids. So jy kan met gerus op jou hart gebruik maak van hul dienste.
Al die elemente van die paartjie se prentjie mooi troues het so mooi inmekaar gevloei. Geniet die paartjie se troue onder en onthou om dit met jou vriende en familie te deel op sosiale media.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het deur gemeenskaplike vriende ontmoet in Stellenbosch in 2011. Ons was eers vriende vir ʼn jaar omdat Ormond op Bloemfontein gestudeer en ek was in Stellenbosch. Na ons eerste ontmoeting het Ormond gereeld in Stellenbosch kom kuier en so het ons liefde opgevlam. In Augustus 2012 het Ormond ʼn werk aanbod in Dubai gekry en my ook oorreed om na my studies oor te trek. Na 4 jaar in Dubai het ons besluit om Australië toe te emigreer. Ormond het Dubai ʼn maand voor my verlaat en dis waar ek die suspisie gekry het dat hy besig is om my ring te ontwerp en ouers te vra.
Ormond het die groot vraag gevra op die hoogste punt van Gourits rivier berg wat oor die see uitkyk. Daarna is ons verras deur ons ouers wat by sy familie see huis vir ons gewag het om die groot oomblik saam te vier.
Die Verlowing Tydperk:
ʼn Maand na ons verlowing het ons geëmigreer na Australië so daarom het ons vir onsself 18 maande gegee om die troue te beplan. Ons wou graag in die somer trou daarom moes ons n paar ekstra maande wag vir ons groot dag. Ek het n fantastiese trou beplanner gehad. Christie van La Flor Events het my gehelp om die troue te beplan van Australië af. Hy het presies geweet wat my smaak is en waarvan ek hou wat die beplannings proses n plesier gemaak het.
Finansiële Aspekte:
Ons was baie bevoorreg om nie ʼn vasgemaakte begroting te hê nie alhoewel ons alles in moderasie gehou het. Ek en Ormond het aan die begin van ons beplanning besluit op die belangrikste aspekte van die dag en dit ons eerste fokus punt gemaak. Ons het 150 gaste onthaal wat van wyd en syd gekom het, Engeland, Australië en Dubai, en daarom was dit vir ons belangrik dat ons gaste lekker kuier en eet.
Merkwaardigste Oomblikke:
Behalwe vir die oomblik wat ons vir mekaar vir die eerste keer in die kerk gesien het was daar oomblikke wat onvergeetlik was vir ons elkeen.
Bruid: Ek het saam met my ouers van die gastehuis na die kerk in ʼn “vintage” 1977 Pontiac gery. Dit was 20 min se ry tot by die kerk wat meer soos n uur gevoel het. Ons het gesels en gelag met baie opwinding oor die dag wat voorlê. Ek kon nie wag om in die kerk te kom om vir Ormond te sien nie. Ons kerk diens was baie intiem met die mooiste woorde van die dominee, al waarop ek kon fokus is die liefde tussen my en Ormond en die toekoms wat vir ons voorlê.
Bruidegom: Die oomblik toe ek vir Mieke in die kerk sien afstap was onvergeetlik en ʼn oomblik wat ek vir altyd sal visualiseer, sy het prentjie mooi gelyk. Die feit dat ons vir die eerste keer in 6 jaar al ons geliefdes op een plek saam kon hê was baie spesiaal.
Paartjie se styl:
Ons het besluit op ʼn klassieke en elegante styl vir die dag. Ek het verskeie rokke aangepas en besluit op ʼn tydlose wit satyn rok van Sassi Holford. Ormond het ʼn swart pak gedra wat afgerond was met ʼn satyn kraag en tydlose wit roos op sy bors.
Ormond het my bederf met n ovaal diamant wat omring is met kleiner diamantjies. My trou pand is dieselfde as my verloof ring pand wat perfek onder my verloof ring inpas. Ormond se ring is ʼn kombinasie van geel en wit goud van Michael Hill juweliers.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Alles was absoluut perfek op die dag te danke aan al ons diens verskaffers en seremonie meester wat alles perfek en op tyd laat verloop het. As ons terug dink sou ons n fotograaf assistent wou hê om vir Ormond en sy strooi jonkers af te neem voor die seremonie; die gaste huise was te ver uit mekaar om beide die bruid en die bruidegom te kon afneem.
Venue & Dekor:
Ek het groot geword in Swellendam en wou graag daar trou. Ormond is mal oor Swellendam se berge en sy enigste vereiste was dat die venue oor die berg moet uitkyk. Geen ander “venue” spog so mooi met die berg soos Joubertsdal Country Estate nie. Ons het dadelik geweet dis waar ons wil trou toe ons die venue besoek en die eienaar ontmoet het. Ek kon onmiddellik visualiseer hoe die dag gaan lyk.
Ek wou die dekor elegant en modern hou sodat ek in 20 jaar terug kan kyk en steeds verlief wees op die dag. My trou beplanner het my visie in n sprokie verander.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Vir die dames; geniet die beplannings proses en maak seker dat alles vooraf klaar gereël is, niemand wil op die dag rond hardloop nie. Moet jouself nie bekommer oor klein dingetjies nie, geniet elke oomblik ten volle saam met jou geliefdes want dit gaan in n oogwink verby.
Vir die manne; kies jou seremonie meester goed, hy of sy is die persoon wat gaan seker maak die dag verloop vlot. Moenie ure aan fotos spandeer nie, sny eerder die foto tyd korter en kuier saam met jou gaste by die “pre-drinks”. Almal is daar om met jou tyd te spandeer.
Wittebrood:
Ons gaan ons wittebrood op n later stadium doen. Ons het verkies om eerder die tyd in Suid-Afrika saam met ons familie en vriende in die mooie Kaapstad te spandeer.
- Fotograaf : Helene Viljoen
- Venue : Joubertsdal Country Estate
- Blomme : La Flor Events Planning & Décor Rentals
- Bruidegom-pak : Politix + Country Road (strooijonkers)
- Dekor : La Flor Events Planning & Décor Rentals
- Grimering & Hare : Alicia Buckle
- Platejoggie : DJ Chopper
- Trourok : Sassi Holford
- Spyseniering : Manna Crodini
- “Live Band”: Armand Fourie
- Strooi meisies grimering & hare: Nicole van Rensburg