Niël & Suzanne se boheems geïnspireerde troue is ʼn prentjie mooi fees van kleur en geluk. Suzanne vertel dat sy baie inspirasie van Mooi Troues gekry het. Veral die idee dat iets anders en ʼn mens se Pinterest droom beslis moontlik is met die regte verskaffers. Vind fantastiese diensverskaffers in Mooi Troues se Trougids. Dit is belangrik dat jy jou diensverskaffers kan vertrou en dat hulle jou visie verstaan.
Suzanne se pragtige trourok het so mooi ingepas by die strooimeisies se blou kleurvolle blom patroon rokke. Dekor elemente het ingesluit goue kandelare. Die gebruik van verskillende diep kleurige blompotte met die helder kleurige blom ontwerpe skep ʼn moderne en elegante gevoel. As jy verskillende elemente gebruik soos Niël en Suzanne gedoen het by hul troue, is dit belangrik om ʼn middelpunt te kry. Iets waarom jy kan werk om al die elemente bymekaar te bring.
Hulle het die oulikste troukoek gehad. ʼn Wit koek met mooi blom illustrasies op. Blomme en koeke is definitief twee elemente wat perfek by mekaar pas. Ons kan net indink hoe heerlik hierdie koek mos proe.
Vir hul wittebrood het hulle plaaslik ondersteun en ʼn toer per motor gedoen. Ons is ʼn groot aanhanger van plaaslike wittebrood plekke. Suid-Afrika is ʼn pragtige land met soveel verskillende landskappe. Dit maak nie saak of jy opsoek is na see, woud, stad of karoo nie. In Suid-Afrika het ons bietjie van alles. Lees meer oor ons eie wittebrood ervarings regoor Suid-Afrika. Geniet die paartjie se prentjie mooi troues.
Paartjie se Liefdesreis
Ons het amper 5 jaar terug ontmoet by ʼn restaurant in Centurion. Sy vriend wou aanvanklik by my vriendin aanlê en toe gebeur dit só dat ons aan die gesels en toe aan die dans geraak het – Die res is geskiedenis. Niël het deur vriende wat vir Jo Black ken, gereël dat hy my by ‘The Tequila & Mexican Food Festival’ tydens sy vertoning vra om te trou. Die man was heel oggend op sy senuwees en ek kon nie verstaan hoekom nie – toe Jo ons op roep het my bene “jelly” geraak en ek kon nie die trane keer nie. Hy het my toe op die verhoog gevra en ek kon nie anders as om JA te sê nie.
Die Verlowing Tydperk
Ons was 6 maande verloof en ek het natuurlik reeds ʼn hele Pinterest bord vol idees gehad. Ek het alles van daar af self beplan met die hulp van my ma, skoonma en wonderlike bruidsmeisies.
Finansiële Aspekte
Ons het nie veel van ʼn begroting gehad nie, ons het net probeer om alles so “goedkoop” as moontlik te hou en hulp aanvaar waar ons kon. Het net verskaffers gekontak wat dadelik ons aandag getrêk het en vir ons die beste diens teen die beste prys kon lewer. Onthaal het ons 100 gaste onthaal, waarvan meeste saam met ons naweek-bruilof gehou het. Advies sal wees: kry verskaffers met wie julle ʼn verhouding kan bou – mense wat verstaan wie julle is en by wie julle aanklank vind, dit het ons beplanning en dag ekstra maklik en spesiaal gemaak.
Merkwaardigste Oomblikke
Sy sê: Toe ons na die seremonie uitstap op een van ons gunsteling liedjies en met blomme gestrooi word. Die ergste spanning was verby en ek is toe ʼn Mev. Meyer. Daardie gevoel van opgewondenheid vir die aand se verrigtinge wat voorlê saam met my man, ons vriende en familie sal ek vir niks verruil nie.
Hy sê: Toe Suzanne by die paadjie af stap met haar ongelooflike mooi rok. Mooiste bruid ooit. En ons eerste dans.
Paartjie se styl
Ek is nogal boheems en het my rok en Niël se uitrusting volgens dit gekies. Ek het vellies van Blu Betty as trouskoene gedra, met bykomstighede van Lovisa. Hy het my gevra met ʼn Browns pêrel en roosgoud ring (my droom ring wat hy self gekies het) en dit is so mooi, ek het nie eers pante by gesit nie. Niël het ʼn hout en Grooms & Bros gekies van #BAMBOO waaroor hy mal is.
Die Besluitnemingsproses
Ek (die bruid) het meeste van die idees by mekaar gekry en dan vir Niël opsies gegee om van te kies. Hy was baie betrokke en het baie gehelp met die besluite en ook die maak van die uitnodigings, plek-kaartjies, koerante vou, dankie sê CD’s ens. Ons ma’s en die bruidsmeisies het ook baie gehelp met besluite en handjie bygesit.
Gunsteling Diensverskaffers
Oeh, die is moeilik want AL ons diensverskaffers was die perfekte keuse. Maar, ek moet sê dat ons fotograaf (Nicolene) en blomme & dekor dame (Zenobia) vir ons uitgestaan het. Hulle het ons van dag 1 af verstaan, leer ken en ons dag ekstra spesiaal gemaak met hul uitstekende en vriendelike diens.
Wittebrood
Ons het vir ons wittebrood ʼn “roadtrip” gedoen. Ek en Niël het daarop besluit, want dit pas so mooi by ons persoonlikhede. Ons het in Clarens, Bluff en Elysium oorgeslaap en by klomp verskillende plekke gestop en geëet op die pad. Dit was heerlik en ons wou nie huis toe kom nie!
Venue & Dekor
Ons het die venue gekies, omdat ons dadelik gevoel het “dié is ons venue!” toe ons by die hek in ry. Dit het ook verblyf gehad vir (amper) al ons gaste sodat ons ons naweek-bruilof kon geniet. Ons dekor het weereens gespruit van ons boheemse tema en ons verskaffer het dadelik ons gevoel gekry, verstaan en alles perfek opgemaak op ons dag.
Vermaak
Ons het ʼn DJ (Brendan Skibinski) gehad wat al die musiek en klank gehardloop het van die seremonie, onthaal, tot by die boma na 12h. Hy is ʼn vriend van ʼn vriend en het ons geken en geweet wat ons graag wil gespeel hê (en wat nie) en perfek daarby gehou.
Eerste Dans
Ons het ons eerste dans op ʼn akoestiese weergawe van “Cheerleader” gedoen. Dit was die eerste liedjie waarop ons gedans het toe ons ontmoet het en wou ʼn romantiese weergawe daarvan hê omdat dit die begin van ons verhouding simboliseer. Ons het nie vir danslesse gegaan nie, omdat ons reeds lekker saam kon dans en gereeld “skoffel”, al is dit soms in die sitkamer.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Fotograaf & Videograaf: Armadillo Media Int. Wedding Photographer & Videographer
- Blomme & Dekor: Veldblom
- Venue, verblyf & kos: LaLula Lodge & Wedding Venue
- Trourok: Something New Bridal
- Bruidsmeisies se rokke: Hummingbird
- Skryfbehoefte Ontwerp: Cryptic Cactus
- Skryfbehoefte Druk: Japs Printing
- Bruid en bruidsmeisies se hare: Anrea Louw
- Bruid se grimering: Leilane Dacomb
- Koek: Gebak deur Motion Bakery