Carl & Danél se lekker plaastroue

Carl en Danél se lekker plaastroue in Vanrhynsdorp  Die paartjie was opsoek na ʼn plek om te trou waar alles op een plek is.  Hulle het toe op ʼn pragtige plaas venue besluit in Vanrhynsdorp.  By die venue was ʼn kerk, onthaalsaal en ook verblyf.

Hulle trou tema was ook plaas en daarom was die ligging van die onthaalplek perfek gewees.  Die pragtige plaas landskappe het die perfekte agtergrond geskep vir die paartjie se fotosessie.  Dekor elemente het sagte elemente ingesluit soos sagte klein fyn blomme.  Gaste geskenke het ingesluit heuning en ook heerlike droëwors.

Die skryfbehoeftes soos die spyskaarte het pragtige protea illustrasies op wat perfek inpas by die paartjie se trou blomme.  Die gebruik van skuinsskrif en goud op die spyskaart gee dit ook ʼn elegante element.   Dit pas so mooi in by die res van die dekor.  Hulle het die plaas gevoel deur die hele troue gebruik en alles het so mooi saam gewerk.

Carl en Danél het ʼn heerlike Zanzibar wittebrood geniet voor hulle die toekoms aanpak as ʼn pasgetroude paartjie.  Geniet Carl en Danél se lekker plaastroue op Mooi Troues.

lekker plaastroue lekker plaastroue

Liefdesreis


Ons het deur ‘n gemeenskaplike vriendin, Janika, ontmoet.  Sy het ons van mekaar vertel, waarna Carl vir Danél op Facebook ‘n vriendskap-versoek gestuur het.  Ons het aan die gesels geraak en ‘n week later ontmoet vir koffie. Van daar af het ons pad saam begin.

‘n Jaar later het Carl vir Danél die “ja-woord” gevra. Hy het alles haarfyn beplan sodat dit ‘n groot verrassing was vir Danél.  Ons het met ‘n 4-sitplek vliegtuig oor die plaas gevlieg en terug op vaste bodem het Carl op sy knie gesak.  By die huis het vriende en familie gewag om die verlowing saam met ons te vier met ‘n sjampanje-ontbyt.

lekker plaastrouelekker plaastrouelekker plaastroue lekker plaastroue

Verlowing tydperk


Ons was 10 maande verloof, vanaf November 2018 tot September 2019.  Ons het geen troubeplanner gehad nie.   Danél het grotendeels die troue self beplan deur middel van Pinterest.

lekker plaastrouelekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastrouelekker plaastroue lekker plaastroue

Finansiële aspekte


Ten opsigte van ons begroting het ons verskillende pryse vergelyk tot ons by die beste opsie gekom het.  Ons het nie ‘n vasgestelde begroting gehad nie.  Ek en Carl het gegaan met wat ons en ons ouers se sakke gepas het.  Ons advies aan paartjies – doen baie van die goed self, só is jy ook deel van die mooi maak proses en om jou eie stempel af te druk.

lekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastroue

Merkwaardige oomblikke


Danél:

My mooiste oomblikke was toe my pa my die eerste keer sien in my rok en toe ek en Carl ons foto’s gaan neem het.  Net om vir daardie oomblik alleen tyd te spandeer voor ons by ons gaste aangesluit het.

Carl:

Vir my was die mees emosionele oomblik toe ek my geskenk en brief van Danél kry.  Sy het vir my ‘n Fossil horlosie gegee waarop sy laat graveer het: “I will love you more every minute until the end of time.”  My mooiste oomblik was toe die kerk se deure oopgaan en my bruid verskyn aan haar pa se sy.

lekker plaastroue lekker plaastroue

Advies aan toekomstige bruidspaartjies


Bruide :

Jy het nie beheer oor alles nie, voor die troue kan jy sorg dat alles perfek is, maar op jou troudag moet jy alles oorlaat aan jou verskaffers.  Geniet net jou dag en neem elke oomblik in.  As daar wel iets verkeerd gaan, moenie dat dit jou ontstel nie, jou gaste gaan dit nie weet nie.

Bruidegomme :

Staan jou bruid by en ondersteun haar in elke besluit. Dis die een dag waaroor sy haar lewe lank droom. Wanneer sy jou opinie vra, gee jou opinie, want sy wil hê jy moet betrokke wees.

lekker plaastroue lekker plaastroue

Besluitnemingsproses


Danél het meeste van die besluite gemaak.  Omdat ons ver van mekaar gebly het was dit moeilik om alles saam te beplan en besluit, maar geen finale besluit was geneem sonder Carl se opinie nie.  Ons kon altyd op ons familie en vriende se opinies staat maak – hulle was almal baie betrokke tydens die beplannings- en besluitnemingsprosesse.

lekker plaastroue lekker plaastroue

Vermaak


Ons het ‘n fotohokkie vir ons gaste gehad wat hulle vreeslik geniet het en ook lekker besig gehou het.

lekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastroue

Venue en dekor


Ons het gekyk na venues in die Vredendal omgewing.  Letsatsi Lodge en Wedding Venue het alles gehad wat ons gesoek het – ‘n kerkie, onthaalsaal en verblyf.  Vir die dekor wou ons die plaas gevoel deurtrek. Albei van ons hou van eenvoud en die aardse tema.

lekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastroue

Eerste dans


Vir ons eerste dans het ons op Juanita du Plessis se liedjie “Dankie vir jou liefde” gedans.  Dit is ‘n diep liedjie wat vir ons gepas was vir ons eerste dans saam as man en vrou.  Ons het geen spesifieke dans roetine gehad nie en ons het ook nie vir danslesse gegaan nie.  Ek en Carl is albei baie lief vir dans en Carl staan bekend vir sy “two-step”.

lekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastroue

Wittebrood


Vir ons wittebrood was ons Zanzibar toe.  Carl het alles self beplan en dit ‘n verrassing gehou vir Danél.  Ons wou altwee by die see wittebrood hou waar ons net kon ontspan en rus.  Carl het sy huiswerk gedoen rondom wittebrood bestemmings en verskillende pakette, voordat hy besluit het op Zanzibar.  Ons het gaan snorkel, waar ons die besonderse seelewe kon sien, en met bootjies na ‘n eiland gegaan, waar ons tussen stalletjies geloop het en lekker seekos kon geniet op die strand.

Dit was ‘n wonderlike belewenis, maar saam met al die lekker is daar mos soms die sleg ook, soos toe Danél begin seesiek raak van die onstuimige see.  Die res van ons dae het ons spandeer by ons oord waar ons elke dag by die swembad was met skemerkelkies, ons het “sightseeing” gedoen en gebruik gemaak van die Spa.

lekker plaastroue lekker plaastroue lekker plaastroue

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]