Die Bosveld is ʼn pragtige landskap op sy eie, met groen skakerings van bosse en bome gemeng met die skakerings van sand kleure. Dit is hoekom hierdie boheemse bosveld trou inspirasie vir ons so mooi is. Met kleurskakerings gebruik in die dekor skep dit ʼn pragtige kontras teenoor die landskappe van die Bosveld. Alhoewel dit ʼn kontras skep, pas dit so mooi in bymekaar.
As jy na die fotosessie kyk sal dit jou onmiddellik laat dink aan ʼn luukse wildreservaat. Tafel dekor elemente sluit in vars sitrus vrugte en papaja. Dit gemeng met uitgedroogde blom ontwerpe werk baie mooi saam. Uitgedroogde blom ontwerpe is vreeslik in die mode op die oomblik. Gedroogde blomme gemeng met vars blomme is so mooi. Vir die fotosessie het hulle gegaan met ʼn warmer kleurskakering wat pragtig inpas by die bosveld. Dit gee jou amper ʼn sonsak atmosfeer.
By Mooi Troue is ons gaande oor mooi vloeiende rokke. Hierdie fotosessie het baie daarvan. Die vloeiende kamerjas wat die model aanhet met ʼn lieflike blomme patroon daarop. ʼn Belangrike element wat enige bruid in moet belê is ʼn mooi kamerjas. Omdat daar baie foto’s geneem word voordat jy jou trourok sal aanhê, is dit belangrik om mooi te lyk in die ander foto’s. Dan is daar die prentjie mooi olyfgroen trourok wat deel is van die fotosessie. Geniet vandag se fotosessie en deel dit met jou vriende en familie.
Wie het die fotosessie gereël?
Hierdie spog sessie is gereël deur jong fotograaf Olivia Booyse van Simply Capture Photography. “ Ek was nog altyd ʼn prentjie mens. Ek hou daarvan om te sien hoe verskeie idees en elemente saam ʼn eenheid kan vorm. Met ʼn gestileerde sessie kan jy jou kreatiewe vlerke sprei, en jouself uit daag om nuwe tegnieke te beoefen. Jy het die geleentheid om die troubedryf te beïnvloed deur nuwe tendense te visualiseer.”
Inspirasie vir die fotosessie?
Die tema: Boheemse Bosveld. Die Woord “Boheems” beskryf ʼn onkonvensionele bruid. ʼn Bruid wat nie die patroon van die samelewing volg nie. ʼn Bruid wat hul eie definisie van skoonheid en liefde vorm. Dit is juis hierdie tipe bruid wat die inspirasie was vir hierdie gestileerde sessie in die hartjie van die bosveld.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
ʼn Mens kry vindingryke resultate wanneer mense wat mekaar se drome beywer, die geleentheid kry om iets saam te skep. Dit is presies die geval met ons span van diensverskaffers wat saam aan die sessie deelgeneem het. Daar was slegs een vereiste met die keuringsproses van al die verskaffers vir hierdie fotosessie: Passie. Elke verskaffer is passievol en trots op die diens wat hul lewer.
Agter die skerms inligting bv. probleme met onvoorsiene omstandighede:
Daar is altyd ʼn moontlikheid vir ʼn probleem om op te duik. Die belangrikste om te onthou is om kalm te bly. Aan ʼn oplossing te dink, in plaas van om op die probleem te fokus en te blameer. Ons kan met ʼn rustigheid sê dat ons fotosessie seepglad verloop het.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Kreatiwiteit kan nie in getalle gemeet word nie, en dit kan beslis nie in ʼn boksie pas nie.
Die voorreg om kreatiwiteit te kan uitleef. En om iets nuuts te kan skep, wat moontlik die wêreld en harte rondom jou kan verander. Daarom is dit wat hierdie geleentheid so spesiaal gemaak het.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Aan die boheemse bruid: Wees jouself. Die rou, mooi en sterk jy. Moet nooit daardie sprankel verloor wat jou uniek maak nie. Die beste geskenk wat jy gekry het, is jou manier van dink, gebruik dit sonder om jouself te bevraagteken. Jou troue moet jou as mens weerspieël en hoef nie op die tradisionele manier gevier te word nie.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Wit Trourok: Bianca Warren SA
- Bruids Kamerjas & Oorbelle: All Things Bridal SA
- Olyfgroen Trourok: Zaphrika
- Venue: Mooiplaas Trou en Funksie Venue
- Grimering: Amelda van der Merwe
- Blomme & Dekor: Events Societe – South Africa & LeGrand Design
- Fotografie & Bestuur: Simply Capture Photography
- Model: Belle Westley
- Model: Lorelei Westley
- Koek: Helene’s Cake Creations