Swart & Wit trou inspirasie met Smaraggroen. Tendense kom en gaan, maar wit en swart sal altyd ʼn klassieke kombinasie wees wat altyd in die mode sal bly. Jy hoef net hier en daar ʼn ietsie te verander en dit is in die mode in ʼn spesifieke tydperk. Renske, die talentvolle trou fotograaf agter die naam RDK Photography het die pragtige gestileerde fotosessie afgeneem. Om die swart en wit tema te breuk het die talentvolle span diensverskaffers ʼn tikseltjie smaraggroen deel gemaak van vandag se trou inspirasie.
Dekor elemente sluit in ʼn hout tafel met minimalistiese dekor ontwerp. Die gebruik van moderne glase saam met die lang glas kersstaanders skep onmiddellik ʼn luukse gevoel. Dan is daar die pragtige blom-ontwerpe wat in die lig staan op ʼn swart blomme staander. Dit maak dit makliker vir gaste om met mekaar te gesels.
As jy die fotosessie van nader kyk sal jy definitief nie die blomme miskyk nie. Dit is een van die hoofelemente van die dekor. Van die kerk tot in die onthaal. Die handruiker van die model is net so pragtig, mal oor die kombinasie van wit rose en die wit orgideë. Alles werk net so mooi saam.
Ons is ook mal oor die swart troukoek. Dit is nou definitief iets wat mens meer van begin sien. Dit gee amper so ʼn effense van ʼn graniet gevoel. As jy opsoek is na fantastiese diensverskaffers vir jou troue, besoek die Mooi Troues Trougids.
Wie het die fotosessie gereël?
RDK Photography het hierdie sessie gereël en die ‘mood board’ bymekaar gesit.
Inspirasie vir die fotosessie?
Tendense kom en gaan – maar ‘n klassieke swart-en-wit troue sal altyd pragtig wees. Ons het besluit om ‘n tikkie smaraggroen by te sit. Ons wou graag ‘n elegante, klassieke gevoel skep met moderne elemente hier en daar.
Hoekom die span diensverskaffers om saam te werk?
In hierdie groep was daar verskaffers wat al baie saam gewerk het, maar ook ‘n paar nuwe verskaffers. Hierdie sessie was een van drie sessies wat binne twee dae afgeneem moes word – elke verskaffers moes dus sy storie ken.
Agter die skerms inligting
Omrede ons drie sessies in twee dae moes afneem het elke verskaffer vooraf beplan en ‘n verskeidenheid van produkte saamgebring, sou iets nie werk nie. Gelukkig het almal se visie mooi bymekaar gekom en is daar geen veranderinge gemaak nie.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Wanneer dit by fotosessies kom is dit ALTYD lekker om te sien hoe almal se idees bymekaar kom om net ‘n ‘magical’ prentjie te vorm.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Met hierdie ‘look and feel’ is dit baie belangrik dat jy produkte kies wat klassiek en duursaam is, soos die pragtige Anel Botha rok en die kristal op die tafel. Moenie net links en reg items op die tafel plaas nie. Kyk na elke element van jou tafel en kies sorgvuldig wat jy wil gebruik.
- Fotograaf : RDK Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Venue : Mooivallei Wedding Venue
- Grimering en Hare : Angelic Allure Make up and Hair
- Strooimeisie rokke : Gelique
- Blomme : Sophia’s Floral Designs
- Bykomstighede : Little Lace
- Skryfbehoeftes : Design Love – Graphic Design Studio
- Koek : Sweetly Cakes
- Skoene : OPARI Shoes
- Trourok : Anel Botha Couture
- Dekor : A & E Wedding and Function Décor
- Kerse : Milan’s Handmade Candles
- Tweede Fotograaf : Rolene & Co Photography & Videography