Neil & Bernice se romantiese troue

Die inskrywing gaan oor twee siele wat geglo het hulle sal nie liefde vind nie.  Elkeen van hulle was op verskillende stadiums in hul lewens wat dit baie moeilik gemaak het om liefde te vind … Of altans het Niel en Bernice so gedink … ‘n Ewekansige daad op sosiale media het gely tot baie ure se gesels, gevolg met romantiese afsprake wat gelei het tot ‘n romanties troudag.  Hier is ons nou en baie opgewonde om die pragtige liefdesverhaal van Niel en Bernice met Mooi Troues te deel.

Ons lesers moet asseblief stadig afrol en na die besonderse fotos van Neil & Bernice se romantiese troue te kyk.

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber WeddingLace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Paartjie se Liefdesreis


Neil was ‘n 45 jarige man, wat vrede gemaak het met die feit dat hy nooit gaan trou nie, want waar ontmoet jy nou jou trouvrou op hierdie ouderdom?  Met ‘n suksesvolle besigheids beroep wat meeste van sy aandag en tyd verg, waar moes hy nog tyd maak om iemand te ontmoet?  Verseker nie by die gym, droogskoonmakers of Woolies nie…

Bernice was ‘n enkel mamma wat ook vrede gemaak het dat haar storie nie gaan verander nie, tot op ‘n dag toe sy ‘n Random Facebook Friend Request ontvang het!

Ons tweetjies het vir 3 maande op Facebook gesels voor ons eerste koffie afspraak.  As dit nie vir Neil was wat aangehou het om my te persue nie, het ons nooit mekaar gevind nie, want ek was te bang.  Deesdae kan mens nie te oorversigtig wees om mense op sosiale media te vertrou nie!

Na ons afspraak wat toe ook aandete geword het, was die koeël deur die kerk.  Ons was dadelik mal versot op mekaar.  Op Valentyns dag 2018 het hy my op die Old School manier gevra of ek sy meisie sal wees.  En my antwoord was natuurlik ja!

Desember vat hy my toe Mauritius toe.  Op Oujaarsaand met die mooiste sonsondergang, terwyl ons op die wit sand loop, tussen die rotse vra hy my toe die groot vraag en sit die mooiste steen aan my vinger!  My droom het waar geword, ek was besig om my sprokie te leef.

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Daar was een ding wat ons wens ons anders kon gehad het en dit is om my sussie hulle wat verlede jaar Amerika toe geïmmigreer het daar te kon gehad het …  dit het ‘n groot trane trekkery veroorsaak, want ek het altyd gesê haar dogtertjie sal eendag my blomme meisie wees.

Ons is ‘n baie hegte familie en dit was vir ons baie erg toe ons hoor dat dit onmoontlik is vir hulle om daar te kan wees.

Van die rok aanpas wat ons my sussie moes facetime tot briefies wat van haar af gekom het wat gelees is op my bridal shower …  Dit was glad nie lekker om haar nie deel van hierdie groot dag te gehad het nie en het baie emosionele uitbarstings veroorsaak.

Darem weet ons in hul harte was hul daar saam ons en is hul baie bly saam ons.

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons was verloof vir 5 maande.  Ons het die troue self beplan.

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Finansiële Aspekte


Aangesien hierdie my tweede troue sou wees, wou ek sommer iets klein hou, net naaste vriende en sommer ‘n oggend piekniek.

Maar Neil wou niks weet nie, dit was sy eerste troue, hy wil my in ‘n wit rok sien en klaar.  So hy het vir my ‘n begroting gegee om mee te werk.

Die begroting was R140 000.

Om daarby te hou kon ons net 80 gaste nooi.  Ek het sommer self die uitnodiging ontwerp op WIX.  Ons dekor was maar baie minimalisties en ek het ook self die lekkerste kaaskoek gebak vir nagereg.

My advies aan ander paartjies is, jou troue hoef nie ander te beïndruk nie, so dink voor jy te veel uitgee, mens kan wegkom met minder.  Die enigste groot geld sal ek op fotos en video spandeer, die enigste twee goed wat oorbly van jul trou dag.

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Neil sê sonder twyfel, die oomblik wat die meeste uit gestaan het vir hom, is toe ek na om toe aan gestap gekom het in die trougang …  Die trane het oor sy wange gerol, ek dink die realiteit tref skielik ‘n mens … Dat jy uiteindelik d EEN gevind het na so lank wag.  Ons het ‘n baie spesiale liedjie ook gekies vir dit, wat ‘n groot inpak gemaak het op die oomblik.  Nickelback se “Gotta be somebody”

Vir my weer, was toe ons beloftes aan mekaar gemaak het.  Ek is baie passievol as dit oor dinge van Godsdiens kom en al hoe minder mense vandag bedoel waaragtig wat hulle belowe daardie dag, as jy kyk na al die egskeidings statistieke!   Hierdie oomblik is diep in my gedagtes gegraveer en baie naby aan my hart, die woorde wat ek voor my God aan my Man belowe het, en dan besef afspraak ek dit vir die res van my lewe sal moet nakom.

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Spesiale Tradisies


Die enigste spesiale tradisie wat ons uitgevoer het, was om mekaar nie voor die tyd te sien nie.  Baie graag wou ons ‘n gebed saam gedoen het voor ons mekaar in die kapel sien.  Ons gevolg het ons gehelp … ons was geblinddoek en na mekaar toe gelei, waar ons almal saam gebid het.  Dit was so ‘n groot en geseënde oomblik!

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Venue & Dekor


Nog voor ek Neil ontmoet het, was ek by ‘n troue wat by Lace on Timber gehou was.  Terwyl ek daar gesit het en liefdes liedjies voor die tyd gespeel het, het ek gedink WOW, as ek nou eendag weer kon trou sal dit hier wees.

En soos dit toe nou uitspeel, toe ons begin soek na Venues, sê ek toe vir Neil ek weet van ‘n plek en sal hom graag wil gaan wys …  Dit was die eerste venue wat ons na gaan kyk het.  Toe Neil saam my onder die oop kapel tussen die lang bome staan en die vars briesie deur ons hare waai, was sy keuse gemaak!

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Gunsteling Diensverskaffers


Dit was verseker die Venue!  Hulle diens was puik en foutloos …  Dit was so lekker om saam hulle te werk en idees uit te ruil.  Die reis van troue beplan was moeiteloos as gevolg van Lace on Timber.

Die venue se gasvryheid staan die meeste uit en hulle laat mens so spesiaal voel.  Van die begin af tot en met die volgende oggend na die troue.

Hulle dink aan alles, nog voor jy iets vra is dit al reeds gedoen.  Hulle het hierdie dag so maklik en mooi vir ons gemaak.  Ons hoef oor niks te gestres het nie en as iets moes gebeur, dan het dit!

Laastens kan ek net sê, probeer hulle kos!

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

Eerste Dans


Ons het ‘n ‘n eerste dans gehad, ons het op Roan Ash se “If I ever saw heaven” gedans, toe ons verloof was het Neil dit altyd vir my gestuur as dit oor die radio gespeel het.  Ons het vir so 4 dans klasse gegaan net vir ‘n bietjie verskeidenheid ….

Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding Lace on Timber Wedding

    Artikel Diensverskaffers: