Jacques & Anari se Spesiale Plaastroue

Jacques en Anari het ʼn duur verrassinkie ontvang toe hulle al die klein kostes wat by ʼn troue betrokke is, opgetel het.  Dié paartjie het dubbeld soveel geld spandeer as wat aanvanklik in hul trou begroting opgeteken was.  Die rede vir die deel van hierdie inligting, is nie om julle angsbevange te maak nie, maar om die slaggate uit te lig en te deel waarom elke sent van hierdie troue, op die ou einde die moeite werd was.  Jacques en Anari se spesiale plaastroue herinner ons weer dat jou trou-fotograaf van kardinale belang is!  Dié paartjie sou beslis nie tevrede gewees het indien hulle só baie geld aan ʼn prentjiemooi dag spandeer het, maar dit nie ten volle kan herleef deur na hul foto’s terug te kyk nie nie.  Om vir ewig meegevoer te kan word na hul spesiale dag, is van onskatbare waarde.

Rol af om na Jacques en Anari se spesiale troudag te kyk.  Maak ook notas van Anari se wenke oor die finansiële aspekte verbonde aan ʼn troue.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar vele kere in die dorp raak geloop en nooit gedink daar sal iets romanties daarvan kom nie.  Na meer as ʼn jaar, het Jacques sy eerste “skuif” gemaak en my oor Facebook gevra of ons op ʼn koffie afspraak kan gaan.  Daarvandaan het die liefde begin blom!

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Die Verlowing Tydperk


Jacques en my pa is een oggend berge in, opsoek na ʼn mooi plekkie tussen die Geo-trail in Barberton.  Na 8 ure se gekuier met my pa, het my ma my kom oplaai om ietsie te gaan eet.  Na ʼn uur se ry na die “nuwe eetplek” en baie vrae en opwinding, het ons die twee mans in die berge gevind.  Daar het my en Jacques se familie vir my gewag.  Jacques het my op die mooiste plek naby die Swaziland grens gevra om te trou.   Ons was vir ʼn jaar en 5 maande verloof voor ons troudag.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Paartjie se styl


Ons het nie na ʼn spesifieke styl gesoek nie, maar eerder iets wat mooi sal lyk en voel.  Alhoewel ons baie idees op Pinterest kon vind, was dit ons grootste vyand met die kies van ons styl;  Vanaf die kleinste aspek soos naels, tot die grootste soos trourok.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Gunsteling Diensverskaffers


Elkeen van ons diensverskaffers het meer as die ekstra myl geloop om die dag vir ons te vergemaklik en spesiaal te maak.

Die oomblik toe ons, ons trou album en foto’s van ons fotograaf, Snowflake Photography ontvang het, was ons albei in trane!  Die mooiste herinneringe, vasgevang in foto’s, was onwerklik!

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Beplan tot die fynste detail wat jy graag op jou troudag soek, want alles kos geld.  ʼn Begroting help om die nodigste en belangrikste goed te plot, maar daar is soveel meer goed waaraan mens nie eers dink nie, wat op die laaste nippertjie betaal moet word.  Die grootste deel van jou kostes gaan aan die perfekte venue.  Maak dus seker dit is eerste op die betaal-lysie.  Hoe vinniger mens die venue betaal, hoe meer besef ʼn mens hoeveel geld jy oorhet om mee te werk.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Venue & Dekor


Ons het eers na die venue Florence, in Chrissiesmeer, gekyk.  Ongelukkig was hulle reeds vol bespreek, maar die tannie het ons toe vertel van haar dogter wat besig is met haar eie venue.  Op dieselfde dag het ons gaan kyk hoe hulle besig was om te bou aan Smitsfield.  Die mense was nog besig om die bakstene te pak, maar die uitsig, tesame met die herinneringe van my Ouma en Oupa se plaas, het my hart gesteel.  Die eienaars, Marius en Helen, het ons na hulle huis geneem en vir ons gewys wat hulle beplan om met die venue te doen.  Ons was verlief op al hulle idees.

Die venue is baie modern en afgerond tot die fynste detail.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Finansiële Aspekte


Ons begroting was om en by R150 000, maar ons het glad nie by die begroting gehou nie.  Daar is soveel klein goedjies wat meer kos as waarvoor ʼn mens begroot.  Op die ou-einde het ons troue ons meer as R300 000 gekos.  Ons het maar die meeste van ons spaargeld gebruik om die kostes gedek.

Ons het 125 gaste onthaal.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Merkwaardigste Oomblikke


Die merkwaardigste deel van ons dag was toe ons kon terugstaan die aand as Meneer en Mevrou en te kan sien hoe ons gaste die aand geniet het.  Dit was die lekkerste om saam al ons vriende en familie te kon kuier.  Sommige van hulle het van ver gekom en ons het besef hoe geseënd ons is met soveel mense in ons lewens wat vir ons omgee.

Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photographySnowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photographySnowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography Snowflake photography

Klik hier vir meer diensverskaffers