Het jy al ooit terug gekyk op foto’s van ʼn formele geleentheid en was stom geslaan deur jou keuse van haarstyl en grimering? Daar is min dinge wat ‘n vrou só ongemaklik kan laat voel soos hare en grimering wat glad nie by hul persoonlikheid pas nie! Sommige vrouens het ʼn natuurlike gesig en lyk op hul beste met sagte grimering. Wanneer jy dan mooimaak vir ʼn formele geleentheid en ewe skielik ʼn rooi lip en swart oog-potlood probeer, lyk jy kompleet soos ʼn fopdosser! Ons hier by Mooi Troues wil hê jy moet op jou beste lyk én voel op jou troudag, sodat jy nie later jou oë wil toeknyp wanneer jy na jou foto’s kyk nie! Spandeer genoeg tyd om deeglik te beplan watter tipe styl die beste by jou persoonlikheid, en natuurlik jou rok, sal pas.
Madeleine Botha van Make-up & Hair by MB deel waardevolle wenke wat jou sal help met hierdie besluit. Madeleine het 15 jaar gelede haar korporatiewe werk gelos en met grimering begin toor. Na 15 jaar in die bedryf, kan Madeleine jou een kyk gee en jou tipe styl tot die laaste detail opsom! Rol af vir eksklusiewe wenke van ʼn kenner in die skoonheid-bedryf.
Hoe kies jy die perfekte grimeer kunstenaar en haar stilis?
Madeleine verduidelik: Daar is só baie om van te kies so dit is ʼn moeilike taak. Eerstens, kyk na jou begroting en wat jy bereid is om te betaal. Daarvolgens, kyk na grimering kunstenaars en haar stiliste wat in jou begroting val en van wie se werk jy hou. Kyk na hoe hulle met jou korrespondeer – jy kan ‘n gevoel kry van iemand se persoonlikheid en hoe hulle besigheid doen, deur middel van hulle kommunikasie via epos. Kyk na terugvoering van vorige bruide op hulle Facebook blad. Gaan beslis vir ‘n proef as jy nie 100% seker is nie. Onthou, jou grimering kunstenaars en haar stiliste is van die laaste diensverskaffers wat in jou persoonlike spasie is voor jy by die kerk instap. Maak dus seker dis iemand wat nie op jou senuwees werk nie.
Style wat in die mode is wat ‘n invloed sal hê op die modern bruid?
Grimering:
So dankbaar dat die swaar grimering ‘n ding van die verlede is! Die fokus is nou op baie gesonde, gloeiende vel, sonder swaar onderlaag, maar wel ‘n mooi helder lip. Vir die wat nie hou van ‘n helder lip nie, is pragtige, sagte natuurlike grimering nou ook hoog mode.
Hare:
Sagte groot los krulle, wat los opgevat is of net los hang, is nou hoog mode. Die vlegsel is nou stadig besig om uitgefaseer te word.
Waarvandaan kom jou inspirasie?
My inspirasie kry ek van die natuur, of wat rondom om my is. Internasionale modes inspireer my ook.
Doen jy slegs troues?
Ek doen hare en grimering werk vir tydskrifte (ek het so 39 Voorblaaie op my Kerfstok.) Almal kan gesien word op my webtuiste, asook die internasionale films waarop ek gewerk het. Dit sluit in: Planet of the Sharks, Empire of the Sharks, 6 Headed Sharks en Monster Island.
Stel jy belang?
Onder is die proses om hare en grimering by MB te boek:
Stuur vir my ‘n epos met die volgende besonderhede: Datum, Venue en hoeveel mense my dienste in jou gevolg gaan benodig. Ek stuur dan vir jou ‘n persoonlike kwotasie. As jy dit aanvaar, stuur ek die besprekings-vorm, terms en voorwaardes, asook die faktuur. Wanneer ek die vorms geteken terugkry, saam met die bewys van betaling vir die 50% besprekings-fooi, dagboek ek jou troue. Daarna sal jy ʼn epos ontvang om dit te bevestig, asook die opgedateerde faktuur waarin die betaling aangedui is.
Kontak Make-up & Hair by MB:
Volg Make-up & Hair by MB op Facebook en Instagram. Jy kan ook na haar profiel op Mooi Troues kyk of haar kontak deur WhatsApp of stuur ʼn e-pos na Madeleine vir meer inligting.