Willandré & Johalisé se elegante en tydlose troue

Willandré en Johalisé het daarin geslaag om hierdie elegante en tydlose troue sonder ‘n trou-beplanner te reël.  Hulle erken dat dit ‘n uitmergelende proses is, maar hulle het die beplanningsfase steeds geniet en nie toegelaat dat die klein struikelblokke hulle onderkry nie.  Die beplanning van hul troudag was dus die eerste taak wat hulle as getroude spanmaats aangepak het.

Om binne die perke van hul begroting te bly, het Willandré en Johalisé die elemente uitgelig wat vir hulle die héél belangrikste is.  ‘n Goeie fotograaf en videograaf was bo aan hul lys, want maak nie saak hoe mooi jou troudag is nie, die foto’s vertel ook ‘n storie.  Hul dekor en blomme was ook ‘n merkwaardige deel van hul troudag.  Die elegante elemente van die venue is uitgelig deur maroen en wit blommerangskikkings, asook moderne gloeilampe en digte groen blare wat uit die dak hang.

Rol af om Willandré en Johalisé se storie te volg en verkry inspirasie uit hul elegante en tydlose troue.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfieldSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar op Hoërskool ontmoet en twee jaar later begin uitgaan.  Ek het ‘n ewekansige Facebook-boodskap van Wilandré ontvang wat sê: “Hey meisie.”  Ek was van die begin af gefassineer deur hom en het altyd ‘n bewondering gehad vir die respek wat hy vir ander toon.  Die res is geskiedenis!  Ek is vandag só dankbaar vir hom.

Vir ons verlowing was ek geblinddoek terwyl ons vir langer as ‘n uur rondgery.  Ek het gedink dat ons êrens ver sou eindig vir ons herdenking.  Uiteindelik het ons naby bloeiende Jacaranda-bome gekom.  Daar is aan my gesê dat ons ‘n fotosessie doen en die vraag het gedurende daardie tyd verskyn.  Wilandré het ook ‘n wonderlike partytjie saam met ons geliefdes beplan.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Die Verlowing Tydperk


Ons was vir sewe maande verloof voor ons troudag.  Ons het nie ‘n trou-beplanner gehad nie.  Meeste van die beplanning is deur myself, Willandré en my ma gedoen. My ma kon netsowel ‘n trou-beplanner gewees het!

Eurosuit - Men's Tuxedos and Suits South AfricaEurosuit - Men's Tuxedos and Suits South AfricaEurosuit - Men's Tuxedos and Suits South AfricaEurosuit - Men's Tuxedos and Suits South AfricaEurosuit - Men's Tuxedos and Suits South AfricaEurosuit - Men's Tuxedos and Suits South Africa

Paartjie se Styl


Ons het ‘n elegante, stylvolle en tydlose styl gekies.  Ek wou ‘n rok met ‘n oop rug en ‘n pragtige sleep gehad het.  Wat die res van my rok aanbetref, het ek nie regtig spesifieke voorkeure gehad nie.  Willandré het ‘n klassieke swart pak gekies.

Willandré wou ‘n eenvoudige trouring hê wat gemaklik pas.  Ek was mal oor my verloofring en ons het besluit om nie ‘n trou pand te kry nie, aangesien die ring ontwerp is om nie een nodig te hê nie.  Die diamant is ook gevorm soos ‘n reëndruppel, wat ‘n simbool is van ons ‘Reënreël’ – ‘Vir elke reëndruppel wat val, wens ek nog ‘n maand saam.’

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Die Besluitnemingsproses


Ons albei het die finale besluite gemaak.  Ons het wel die opinies van ons familie en vriende in ag geneem, maar die finale besluitneming is deur ons gedoen.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Merkwaardigste Oomblikke


Ons ouers het ‘n video opname gemaak waar elkeen van hulle die mooiste boodskap aan ons gegee het.  Hierdie video opname is in die kapel gespeel net nadat ek binnegekom het. Dit was so ‘n lieflike, spesiale en merkwaardige deel van ons dag en dit was totaal en al ‘n verrassing vir ons!

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Finansiële Aspekte


Ons het ‘n begroting van R300 000 gehad.  Ons het probeer om by die begroting te hou, maar kon nie heeltemal daarin slaag nie.  Ongeveer 200 gaste het ons troudag bygewoon. Ons advies is om te besluit watter aspekte van die troue vir julle die belangrikste is, en daarvolgens die koste van die ander aspekte te verminder.  Vir ons was ‘n goeie fotograaf en videograaf een van die mees belangrikste aspekte.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Daar het ‘n paar goedjies verkeerd gegaan op ons troudag.  Ons koek het nie heeltemal uitgekom soos ons dit beplan het nie, maar ons het die vorige aand daarin geslaag om ‘n nuwe een te bak wat pragtig gelyk het.  Ons videograaf het sy ‘drone’ vergeet, maar hy het ‘n sterk poging aangewend om hierdie fout reg te stel.  Hulle het na die troue terug na die lokaal gegaan om nog opnames te maak.  Ons trou-video is pragtig!

Ek sou egter niks verander nie.  Ondanks hierdie struikelblokke, was dit steeds een van die beste dae van ons lewens.  Dinge soos hierdie gebeur, moenie toelaat dat die klein dingetjies jou pragtige dag verwoes nie.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Venue & Dekor


Ons was mal oor hoe alles op Florence Guest Farm gewerk het, maar ons wou nie daar trou nie, omdat my suster alreeds daar getrou het.  Ons het van Smitsfield Guest Farm gehoor en onmiddellik verlief geraak!  Die eienaars van albei venues is familie van mekaar, dus bestuur hulle die venue net soos Florence.  Ons was mal oor die voorkoms van Smitsfield, omdat dit so modern en uniek was.  Die eienaars is ongelooflik!  Hulle laat die gebruik van alle aspekte van die venue toe, sonder enige ekstra koste.  Hulle gaan werklik uit hul pad om jou troudag spesiaal te maak.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Advies aan bruide: Alhoewel albei partye konsensus moet hê oor die besluite wat geneem is, het die bruidspaar die finale seggenskap.  Neem ander se opinies in ag, maar jy moet tevrede wees met die uiteindelike besluit.  Moenie vergeet om die beplanningsfase te geniet nie, want dit gaan baie vinnig verby!  Dit is harde werk, maar dit moet steeds lekker wees.  Moet ook nie dat klein dingetjies jou onderkry nie.  Die uiteindelike doel is om ‘n ewige belofte met die persoon waarvoor jy die liefste is, te deel.

Advies aan bruidegomme: Neem van die begin af aan die trou-beplanning deel.  Deel jou mening en help jou bruid waar jy kan.  Dit moet spanwerk wees.  Ondersteun alle partye wat betrokke is, want dit kan nogal ‘n uitmergelende ervaring raak.

Smithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in ChrissiesmeerSmithfield – Wedding Venue in Chrissiesmeer

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    [endsection]