Tropiese Boheemse Trou-Inspirasie

Hierdie Tropiese Boheemse Trou-Inspirasie gestileerde fotosessie sal jou oorreed om nie bang te wees vir helder kleure en geure op jou troudag nie!  ʼn Groep diensverskaffers het bymekaargekom om ʼn tropiese boheemse styl-troue uit te beeld.  Dié gestileerde fotosessie is vars en modern – reg om in 2020 gebruik te word!  Om die boheemse tema regdeur die dekor te dra, word helder blommerangskikkings met tropiese vrugte afgewissel.  Die prentjie word voltooi met eetgerei en glasware met interessante kleure en patrone.

Baie bruide sal redeneer dat hierdie soort tema nie tydloos is nie, maar indien dit by jou persoonlikheid en styl pas, is dit beslis tydloos!  Die uiteindelike doel van ʼn troudag is die feesviering van liefde en samesyn.  Hierdie tema is dus uiters gepas, aangesien dit ongetwyfeld ʼn glimlag op jou gaste se gesigte sal sit.  Die helder-kleurige dekor sal die atmosfeer ophelder en nie vir een oomblik toelaat dat jou gaste verveeld raak nie.

Rol af as jy kan aanklank vind by ʼn tropiese, boheemse troue, of as jy bloot iets nuuts en vars vir jou troudag wil probeer!

Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Ek, Jorietha van Jorietha Rabie Photography en Charmaine, van Shokran Events Venue, het die fotosessie gereël.  My se paadjies het ‘n paar jaar terug gekruis.  Ons het gevind dat ons denkpatrone en styl baie eenders is.  Ek het self by Shokran Venue getrou en toe ek verder aan my portefeulje wou bou het ek en Charmaine begin gesels.

Ons albei wou ons eie idees vasvang in ‘n gestileerde fotosessie en het só moontlike opsies begin bespreek.

Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Inspirasie vir die fotosessie


Ons albei hou van die boheemse gevoel en wou ‘n vars gestileerde fotosessie doen.  Met ‘n strand bakkie by die venue, die terugdink aan die lekker somervakansie en natuurlik die bietjie boheems in albei hierdie elemente, het ek met die tropiese boheemse idee vorendag gekom.  Ons altwee was mal oor die idee.

Omdat bruide soms bang is vir kleur, wou ons iets kleurvol doen om te wys hoe mooi dit wel kan lyk.

Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding InspirationTropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


In ‘n industrie met so baie diensverskaffers, is dit belangrik om kontakte te hê wat mens kan vertrou en op kan staatmaak.  Mia het al voorheen grimering gedoen vir ‘n gestileerde fotosessie by Shokran.  Haar wonderlike, kalm persoonlikheid is ongelooflik om mee saam te werk.

As mens aan ‘n unieke, boheemse rok dink, kom Silver Swallow se rokke eerste!  Mica van Bloomingtale, wat eksklusief Silver Swallow Design rokke aanhou, het uit haar pad gegaan om die rok by ons uit te kry.  Dit het perfek by die tema gepas.

Ek is ook ’n henna artist en het al baie henna patrone met versiersuiker vir Baker Boys se troukoeke gedoen.  Daarom het ek met hulle gereël om vir ons die ongelooflike mooi koek te maak.

Ons beeldskone model, Jenice, is nou in matriek.  Sy was ons eerste keuse en perfek vir die eiland-bruid.

Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding InspirationTropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Agter die skerms inligting


Toe ons aan die tropiese tema gedink het, het ons nooit aan tropiese storms gedink.  Soos ons alles begin regkry het vir die fotosessie, het die winde begin waai en vinnig het ‘n storm losgebars.

Ons moes ons gedekte tafel en rekwisiete onderdak skuif en van die elemente wat buite was,kon ons nie eers afneem nie.  Ek en Charmaine moes servette vang wat wegwaai en tussendeur alles op kamera probeer vasvang!

Die realiteit is dat mens met regte troues ook by die weer moet aanpas.  Op die ou einde kon ons die foto’s met die strand trokkie buite neem.  Met die feit dat alles onderdak geskuif het, kon ons weer mooi elemente van die venue op die foto’s vasvang.

Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding InspirationTropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Spesiaalste deel van die fotosessie


Toe die reën bietjie bedaar en ons die bruid op die strand bakkie kon afneem.  Daardie strand trokkie foto’s laat die hele fotosessie só mooi saamkom.

Tropical Bohemian Wedding InspirationTropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg


‘n Troue is ‘n feesviering!  Met die tropiese boheemse tema is, die gevoel klaar vrolik en opgewek.

Moenie bang wees vir kleur nie en onthou almal droom van ‘n tropiese eiland vakansie.  So indien jy die tema kies, probeer om vir jou gaste daardie spesifieke ondervinding te gee.

Gebruik mooi helder vrugte saam met jou blomme; Dit sal mense iets gee om te onthou!

Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration Tropical Bohemian Wedding Inspiration

Klik hier vir diensverskaffers