Hoe om jou trou venue te kies?

Hoe om jou trou venue te kies?  Die is ʼn vraag wat baie verloofde paartjies mekaar vra.  Ons by Mooi Troues is hier om die vraag vir jou te beantwoord.  Om die perfekte trou venue te kry vir jou spesiale dag hoef nie stresvol te wees nie.  Mooi Troues se trougids het van ons land se mooiste venues wat ons lys.  Besoek die Mooi Troues Trougids en vind die perfekte venue vir jou spesiale dag wat die Mooi Troues se goedkeuring het.

Wanneer dit kom by jou trou beplanning is die venue seker die heel eerste ding op jou lys waarop jy moet fokus.  Daarna kan jy begin fokus op al die ander diensverskaffers soos fotograaf, dekor ens.  Hierdie is ʼn lang artikel met baie punte waaraan jy aandag moet gee so lees hierdie artikel aandagtig deur.

Die foto’s in die artikel is van Willem & Michelle se troue by The One Heaven & Earth en is slegs vir illustrasie doeleindes.

Hoe om jou trou venue te kies?

Aantal Gaste:


Die aantal gaste wat jy op jou gastelys het sal bepaal watter grootte venue jy voor moet soek.  Verskillende venues het verskillende opsies beskikbaar.  Dit help nie jy het net 50 gaste nie, maar jy kyk na venues wat 300 tot 500 gaste vat nie of anders om.  Jy moet seker wees watter aantal mense jy min of meer voor soek.  Dit sal jou help om spesifiek te kyk na venues wat in jou spektrum val.

Hoe om jou trou venue te kies?

Ligging van die venue:


Hierdie is ʼn volgende belangrike punt.  Die ligging van die venue en waarvan julle as verloofde paartjie hou.  Byvoorbeeld:  Wil julle in ʼn woud omgewing trou of in die warm Karoo.  So jy moet mooi besluit watter ligging jy opsoek is na.  Wil jy op ʼn plaas trou of ʼn stedelike gebied.  Hou jy van bome, water of berge.  Al die klein elemente sal jou soektog na ʼn venue help, dit bietjie meer spesifiek en gefokus maak tot ʼn kleiner hoeveelheid op jou lys.

Hoe om jou trou venue te kies?

Is daar verblyf by die venue of naby die venue?


Dit is baie belangrik.  Veral as jy gaste het wat van ver reis.  Maak seker jy vra vir die venue hoeveel mense hulle kan akkommodeer by hul venue se verblyf.  Indien die venue nie verblyf het nie, vra of hulle ʼn ooreenkoms met enige akkommodasie plekke om hul het waarna hul jou kan verwys.  Gaan kyk self na die akkommodasie opsies beskikbaar en of dit is wat jy ingedagte het vir jou gaste.   Dit help nie jy is opsoek na baie luukse akkommodasie nie, maar die plekke om die venue is baie basies nie.  Alles saam sal jou help om ʼn besluit te neem oor watter venue om te kies.

Hoe om jou trou venue te kies?

Foto geleenthede:


Daar is baie besonderse venues beskikbaar van peperduur, luukse venues tot baie lekker gemaklike en bekostigbare venues.  Dit alles hang af waarna jy opsoek is en ook jou begroting vir ʼn venue.  Dit maak nie saak nie – die besluit is julle sin as paartjie.

Kom ons gesels bietjie oor foto geleenthede.  Kyk bietjie rond op die venue se webtuiste of profiel op Mooi Troues se Trougids.  Kyk of jy enige foto’s sien wat die venue gebruik het waarvan jy hou.

Kommunikeer ook met jou trou fotograaf en hoor of hulle al voorheen by die venue afgeneem het.  Dit alles sal help om jou opsies vir foto geleenthede wyer te maak.   Vra die venue waar paartjies gewoonlik hul foto’s neem soos familie foto’s, paartjie foto’s ens.  Baie paartjies is opsoek na iets spesifiek vir hulle trou foto’s.  Dit is belangrik om seker te wees dat daar sulke opsies in die omtrek is waarvan julle as paartjie sal hou.

Hoe om jou trou venue te kies?

Seremonie:


Is daar plek vir jou seremonie?  Indien dit ʼn buite spasie is, vra die venue wat hulle opsies sal wees indien dit onweer is op die dag van jou troue?

Hoe om jou trou venue te kies?

Venue koste:


Hierdie is so ʼn belangrike punt.  Soek vir venues binne jou begroting.  Moet ook nie dat luuksheid jou afsit nie.  Baie kere is die prys verskil regtig nie soveel meer nie.  As die venue al jou boksies aftik sal prys jou volgende boksie wees waaroor jy sal moet weet.

Watter deposito’s moet betaal word?


Dit is ʼn vraag wat jy so spoedig moontlik moet vra sodat jy jouself kan gereed maak om ʼn deposito so gou moontlik te betaal.  Baie venues kort ʼn deposito binne 24 tot 48 uur nadat jy ʼn spesifieke datum wil boek en bevestig.  Onthou om te vra hoeveel die deposito is.

Hoe lank voor die tyd moet mens die venue bespreek?


Party venues het meer as een troue per naweek en/of het meer as een venue spasie beskikbaar op hulle perseel.  Daar is ook seker venues wat baie lank voor die tyd uit bespreek word.  Daarom is dit belangrik om uit te vind hoe lank voor die tyd jy die venue moet bespreek en bevestig.  Jy sal nie graag jou droom venue wil verloor net omdat jy nie in tyd bespreek het nie.

Wat is ingesluit in die pakket?


Verskillende venues het verskillende dienste en items wat ingesluit is by die venue koste.  Byvoorbeeld: verblyf, spyseniering, die opstel van die venue, kelners, tafels, stoele, eetgerei, breekware ens.  Kry ook die getalle van die beskikbare items sodat jy seker sal wees hulle kan jou aantal gaste volledig bedien.

Wat is nie ingesluit in die pakket nie?


Indien items of dienste wel nie ingesluit is by die pakket nie, vra of jy enige diensverskaffer kan inkry om ʼn seker diens te lewer.  Party venues het ook ʼn lys van hulle eie  gekose diensverskaffers wat jy moet gebruik maak van.  So dit is belangrik dat jy vooraf vra of jy jou eie diensverskaffers kan in bring om sekere goed te doen.  Hierdie is net so belangrik!  Dit mag dalk klein goedjies wees, maar kan later in ʼn aardige bedrag ontaard.

Hoe om jou trou venue te kies?

Spyseniering:


Binnehuis spyseniering:

Het die venue ʼn span wat self die spyseniering behartig.  Dit is belangrik om die venue se sjef te ontmoet en die spyskaart opsies te bespreek.  Indien jy die venue wil boek en bevestig, reël dat jy die kos op die spyskaart proe en seker maak dit is wat julle ingedagte gehad het.

Kan jy jou eie spyseniering in bring?

Indien die venue hulle spyseniering binnehuis doen, maar jy het ʼn ander spyseniering besigheid ingedagte gehad, sal die beste wees om die venue te vra of hulle dit sal toelaat.  Indien die venue nie self die spyseniering doen nie en jy het ook nie iemand ingedagte nie, vra die venue vir ʼn lys van spyseniers wat voorheen al by die venue spyseniering gedoen het.

Hoe om jou trou venue te kies?

Hoe lank is die venue beskikbaar?


Hierdie is ook ʼn belangrike punt.  Dit sal bepaal hoe lank voor die dag van jul troue jul kan begin met die opstel werk.  As dit ʼn besige venue is met baie troues mag jy dalk eers die oggend van jou troue kan begin opstel of die vorige aand.  Dit verskil van venue tot venue.

Is daar ʼn koördineerder op die dag?


Alhoewel dit ʼn ekstra uitgawe is, is dit definitief die moeite werd.  Geen bruid moet bekommerd wees of die kerse aangesteek is en of die verskaffers betyds is nie.  Gesels met jou venue en vind uit of die venue ʼn op die dag koördineerder opsie het.  Indien jy wel ʼn trou koördineerder het wat jou help met jou troubeplanning, is dit nodig om  met die venue te bevestig dat jou eie gekose trou koördineerder wel op jul troudag daar mag werk.

Kansellasie klousule:


Baie dinge gebeur en partymaal dinge buite menslike beheer soos byvoorbeeld siektes, dood en of natuurlike rampe ens.  Vra die venue wat hulle kansellasie klousule is en hoe dit sal werk indien jy die troue moet kanselleer.  Vra ook hoe dit sal werk indien jy nie wil kanselleer nie, maar wel die troue se datum wil verander.   Met datum veranderinge is dit ʼn hele ander storie, omdat die venue eers sal moet kyk of hulle nog beskikbaarheid het voor hulle jou terugvoering sal kan gee, of hul die datum kan verander of nie.

Ander vrae wat jy ingedagte kan hou?


  • Is die venue kinder vriendelik?
  • Het die venue ʼn kinder dagsorg diens?
  • Is die venue troeteldier vriendelik?

Hoe om jou trou venue te kies?

Artikel Krediet: