Onvoorsiene omstandighede is onvermydelik en kan dikwels jou troudag se reëlings beïnvloed. Daar is egter sekere aspekte wat jy wél kan beheer om stres en angs oor jou troudag te verminder. Hou jou gaste te alle tye op hoogte van jou trou reëlings en die nuutste verwikkelinge. Something Gold Designs het kaartjies gemaak wat jy op sosiale media kan deel om te verseker dat jou gaste nie in die donker gelaat word nie.
Tydens die ramp waarin ons onsself wêreldwyd in 2020 bevind, moet verskeie bruidspaartjies hul gastelys aanpas of selfs hul troudag kanselleer. Laai die kaartjies gratis hieronder af om belangrike reëlings met jou gaste te kommunikeer.
LAAI AF:
Artikel Krediet:
- Skryfbehoeftes: Something Gold Designs