Reynardt & Schanè se herfskleurige troudag

Reynardt en Schanè se troudag het só mooi al die eienskappe van hul verhouding uitgebeeld.  Dié paartjie het aan die begin van hul verhouding ʼn belofte gemaak dat hulle mekaar altyd sal kies, maak nie saak wat die omstandighede is nie.  Alles rondom hul troudag het dus gedraai om hul oneindige liefde vir mekaar en om ʼn dag te skep wat hulle vir ewig kan koester.  Alhoewel hul venue en dekor pragtig was, was Reynardt en Schanè se persoonlike styl sonder twyfel die kersie op die koek!  Schanè se rok het perfek ingepas by die herfskleurige styl van hul troudag, terwyl Reynardt beslis nie tweede viool met sy deftige pak gespeel het nie.

Rol af om na Reynardt en Schanè se pragtige herfskleurige troue te kyk.

El Heathcote Designer Wear Tania Allen Photography Tania Allen Photography El Heathcote Designer Wear

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar 9 jaar gelede deur een van Reynardt se vriende ontmoet.  Ek onthou die dag nog soos gister – sy vriend het gevra wat ek verkies – die oorbel of die “Mullet” haarstyl, toe kies ek die Mullet.  Tot op hede sal ons mekaar altyd kies, maak nie saak wat die omstandighede is nie.

Goeie vriende van ons, Adri en Douw, het op 8 April 2017 getrou en dit is waar die liefde werklik begin blom het.  Ek het die ruiker gevang en Reynardt het die Kousband gevang.  Dit was maar net duidelik dat ons volgende gaan trou!

Reynardt het my op die rugbyveld gevra voor een van sy rugby wedstryde.  Ek moes die bal op die veld vat en toe ek omdraai, staan die liefde van my lewe op sy knie en vra of ek met hom sal trou.  Ek was só verras!  Dit was ongelooflik spesiaal.  Reynardt was so op sy senuwees, dat die skeidsregter vir hom gevra het of dit hy is wat verloof raak!

Bride and Co El Heathcote Designer WearTania Allen Photography Tania Allen Photography Bride and Co Bride and Co

Die Verlowing Tydperk


Ons was ʼn jaar verloof en het die verloofde lewe ten volle geniet!  Ons het die troue self beplan met die hulp en insette van familie en vriende.  Dit is baie spesiaal om te weet dat ons ons eie sprokies-verhaal kon reël.

Tania Allen PhotographyTania Allen Photography EurosuitTania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Merkwaardigste Oomblikke


Die voorbereiding en aantrek-sessies saam die strooimeisies en strooijonkers was iets besonders en spesiaal vir ons albei.  Maar, om mekaar die eerste keer in die kelder waar ons getrou het te kon sien, was verseker ʼn onbeskryflike oomblik!  Die gesigsuitdrukking van Reynardt toe ek op die rooi tapyt ingestap kom, met die trane wat by sy wange afloop, was vir my só spesiaal.

Tania Allen Photography Tania Allen Photography EurosuitTania Allen PhotographyTania Allen Photography

Die Besluitnemingsproses


Ons het albei het saam al die besluit geneem.  As een van ons nie saamstem nie, het ons op iets anders besluit.  Gelukkig het ons meeste van die tyd saamgestem, omrede ons baie van dieselfde goed hou.  Ons familie en vriende het idees gegee waarvan ons gebruik gemaak het om ons perfekte dag moontlik te kon maak.

Tania Allen Photography Tania Allen PhotographyEl Heathcote Designer Wear Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Gunsteling Diensverskaffers


Ons eerste keuse is verseker die fotograaf, Tania Allen.  Tania is so professioneel, maar tog het sy ons die heeltyd op ons gemaak laat voel.  Sy het werklik die beste in ons uitgebring voor die kamera.  Ons albei het gesê dat al wat oorbly van jou troue is jou foto’s.  Daarom het ons die regte fotograaf gekies om elke oomblik vas te vang.  Ons is mal oor ons foto’s!

Tania Allen Photography Bride and Co Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Finansiële Aspekte & Advies


Ons het nie regtig volgens ʼn begroting gewerk nie, omrede mens net een keer trou.  Ons het dus ons droom troue beplan soos wat ek en Reynardt dit graag wou hê.  Daar was min of meer 120 gaste by ons troue.

Moenie onnodige gaste nooi net omdat jy voel dit is nodig nie.  Julle as getroude paartjie kry buitendien nie die kans om by almal uit te kom deur die loop van die dag nie.  Ek glo elke getroude paartjie sal met ons saamstem – ʼn troudag gaan baie vinnig verby!

Tania Allen Photography Bride and Co Bride and Co Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Wittebrood


Ons het saam besluit dat ons eerder in Suid-Afrika op wittebrood wou gaan, omrede daar soveel mooi in die land is.  Ons was by Kiara Lodge, tussen Clarens en Golden Gate.  Die oord het baie aktiwiteite gehad, waarvan ons, onder andere, Putt-Putt gaan speel het.  Ek het gaan “Gorge Swing,” want my man is glad nie een vir sulke dinge nie.  Hy het net die video’s geneem!

Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Bride and Co Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Vermaak


ʼn Platejoggie het ons vermaak deur die loop van die aand.  Ons is nie vir een dag spyt oor ons keuse nie!  Die briljante platejoggie, JM Sound, is verseker ʼn wenner vir jou groot dag.

Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Venue & Dekor


Ons venue was A Lodge at Bloem.  Ons het na slegs hierdie een venue gaan kyk en besef dit is waar ons wil trou.  Die kelder waar die seremonie gehou is, was besonders omdat ons iets anders as normaal wou gehad het vir ons groot dag.  Die kelder was die element wat ons oortuig het.

Ons dekor was hout tafels met blomme in die middel en blare wat strek van die een kant van die tafel, tot die ander kant.  Ons het juis in herfs getrou omdat ons van die kleure gehou het.  Die maroen blomme en groen blare het baie mooi ingepas by die herfs gevoel.

Ons het ook besluit op ʼn lekkergoed tafel wat in die plek van nagereg was.  Elkeen het die keuse om dan sy eie voorkeure te kon vat en so kon elkeen sy gunsteling nagereg geniet.

Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Bride and Co Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography

Eerste Dans


Ons het ons eerste dans gehad op Ek Sal van Theuns Jordaan en Juanita Du Plessis.  Hierdie liedjie is vir ons baie spesiaal en die woorde van die liedjie beloof ons elke dag aan mekaar.

“met die krag van Hom daar bo sal ek jou gelukkig hou, Ek sal.”

Ons glo dat Hy elke dag die middelpunt van ons huwelik moet wees, en daarom kan ons mekaar gelukkig maak met Hom wat ons krag gee.

Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Tania Allen Photography Bride and Co

Klik hier vir meer diensverskaffers