Marius & Marguerite se klassieke troudag

Marius en Marguerite het besluit om ou tradisies te laat vaar en die moderne weergawe van ʼn tradisionele troue uit te beeld.  Dié paartjie het besluit om die groot taak van die beplanningsproses self aan te pak en nie nie ʼn trou-beplanner aan te stel nie.  Met ʼn begroting van R200 000 vir 140 gaste, het hulle spesifieke elemente uitgelig wat vir hulle die belangrikste was.  Daarna, het hul deeglike navorsing gedoen oor watter trou diensverskaffers vir hulle die perfekte, stres-vrye dag sal kan verseker.  Al hul gestoorde idees, prentjies en ideale moes uitgedun word tot ʼn eenvoudige styl wat by die venue pas.  Hulle het tesame met bekwame diensverskaffers op ʼn klassieke en ietwat minimalistiese styl besluit.  Love Beloved het met hierdie styl getoor en al Marguerite en Marius se uiteenlopende idees in ʼn asemrowende omgewing omskep.  

Rol af vir foto’s van die pragtige dag en aanskou hoe Love Beloved ʼn paar uiteenlopende idees en prentjies kan betower tot ʼn klassieke droom-troudag.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video Beaudell Jewellery | Custom Designed Engagemment Rings JCclick

Paartjie se Liefdesreis


Ons het in dieselfde woonstelblok in Pretoria gebly en het mekaar in die parkeerarea raakgeloop.  Marius het my vriendelik gegroet en ek was onmiddellik aangetrokke tot hom. Later die aand het ‘n vriend my oortuig om my nommer in sy kar se windskerm veer te los.  Dit het die aand gestorm en ek was oortuig (en effens verlig omdat my moed my begewe het) dat die papier met die nommer daarmee heen is.  Ek het toe wel die volgende dag ‘n boodskap van hom gekry met ‘n foto van die papier, al die lyne gesmeer, behalwe vir die nommer.

Die jaar voor ons verlowing was ons met vakansie in die Kaap –‘n wyn-toer saam met my, Marius, se familie.  Dit was op die Ernie Els wynplaas wat ek besef het dat Marguerite my trou-vrou is.  Ek wou terug gaan na hierdie spesiale plek om haar te vra om met my te trou.  Ek het met die personeel gereël om ‘n toer te doen wat by ‘n klip geëindig het wat oor die wingerde uitkyk.  Daar het ek op my knie gegaan en die groot vraag gevra.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & VideoJCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Die Verlowing Tydperk


Ons was ‘n jaar verloof voor ons getrou het.  Ons het die tyd geniet om saam  die troue te beplan, sonder die hulp van ‘n professionele beplanner.

Blackhorse Brewery, ons venue, verskaf ook ‘n gedetailleerde trou koördineerder wat seker maak jy vergeet nie enige iets nie.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Paartjie se styl


Ons styl was klassiek, tydloos en effens minimalisties.  Ons albei is geneig om pragmatiese besluite te neem.  Marguerite se rok was binne een dag uitgekies omdat dit haar soos ʼn ‘bruid’ laat voel het.  Haar ring is die toonbeeld van ‘n protea.  Marius se pak is een wat hy al telkemale weer kon gebruik en sy geborselde tungsten ring is nie blink nie, en wys ook nie sommer krapmerke nie.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Merkwaardigste Oomblikke


Marguerite:

Bo en behalwe vir die opwinding dat ek met my perfekte pasmaat trou, was die reën vir my baie spesiaal.  As kaalvoet plaaskind, en as gevolg van ‘n persoonlike gebeurtenis, vind ek altyd vrede en vreugde in die reën.  Ek het gevoel die Here sê vir my: “Ek huil saam, maar Ek seën jou aan die begin van hierdie nuwe seisoen.”  Hierdie gevoel is herhaal in ‘n stil-word oomblik voor ons in die kapel ingestap het toe my bruidsmeisies oor my huwelik gebid het.

Marius:

My merkwaardigste oomblik was toe Marguerite by die kapel ingestap het en dit insink dat my mooi bruid aand die anderkant van die kapel staan.  ‘n Mens kan jouself soveel as menslik moontlik probeer voorberei vir daardie oomblik, maar daar is egter niks wat kan vergelyk met die oorvloed van emosies nie.  Ek het emosies van verligting, opgewondenheid, en selfs nuwe stres ervaar, maar bo alles blydskap en genade.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Besluitnemingsproses


Marius het tot onlangs nie geweet nie, maar hy het meeste van die finale besluite geneem, of altans sy opinie het altyd die finale besluite beïnvloed.  Daar was sekere elemente van die troudag wat vir elkeen van ons belangrik was en ons het mekaar die vryheid gegee om daaroor te besluit.  Ons het ook baie van ons ouers se versoeke in ag geneem om seker te maak die dag is vir ons spesiaal, maak ons ouers trots en is genotvol vir al ons gaste.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Finansiële Aspekte


Die eerste ding wat ons gedoen het, was om te identifiseer wat standaard pryse in die industrie is.  Ons het dit met die hulp van bruid-gidse en vriende gedoen, asook deur verskaffers te kontak.  Daarna het ons vasgestel hoeveel ons begroting in totaal is.  Ons het op R200 000 vir 140 gaste besluit.  Ons was bevoorreg met bydraes van ons ouers.  Daarvolgens het ons bepaal hoeveel ons bereid is om op wat te spandeer.

Die beste raad wat ons het, is om te besluit wat die 3 goed is wat vir julle die belangrikste is.  Stel dan die begroting daarvolgens op.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video Beaudell Jewellery | Custom Designed Engagemment Rings JCclick Wedding Photography & Video

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Daar het niks verkeerd geloop op die troudag waarvan ons bewus is nie.  Die dag self was nie dit wat ons in gedagte gehad het na ons verlowing nie, maar die vreugde om met jou gunsteling mens te trou, oorskry alles!  Ons het gereeld deur die dag oomblikke gesteel om net iewers saam stil te raak en in die blydskap oor ons huwelik te deel;  In die kapel na die diens na al die gaste uit is, na ons fotosessie en gedurende die onthaal buite waar daar nie mense was nie.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & VideoJCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Gunsteling diensverskaffers


Ons was van die begin af ingestel om die beste diensverskaffers te kies.  Dit het baie van die stres oor die ‘perfekte dag’ verlig met die wete dat ons verskaffers talentvol en ervare is. As ons moet kies sou dit tussen JCclick en Love Beloved wees.  Janko van JCclick is ‘n ongelooflike gemaklike mens.  Hy het ons albei, wat effens sku is vir foto’s, gemaklik voor sy lens laat voel het.  Coreen se ongelooflike talent en positiewe houding het verseker dat die dag stres-vry vir albei van ons was.

JCclick Wedding Photography & VideoJCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Wittebrood


Ons wittebrood het begin met ‘n paar dae in Mjejane (Kruger Wildtuin) om te ontspan na die dag.  Daarna was ons vir ‘n week by Cocoon Maldives.  Marius het die wittebrood beplan en kort na ons verlowing het hy ‘n foto gesien van ʼn swaai wat oor die see kyk op ʼn idilliese strand.  Hy kon die oord met die hulp van ‘n reisagent opspoor, maar het die bestemming ‘n geheim gehou.  Dit was op pad Mjejane toe, wat hy die bestemming per ongeluk verklap het.  Daar is nie woorde wat die mooi of rustigheid van die Maldives ten volle kan beskryf nie!  Ons het dit selfs oorweeg om ons lewe in Suid-Afrika te verruil vir ‘n eenvoudige lewe op een van die eilande.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Venue & Dekor


Ons was ʼn paar jaar gelede by ‘n troue by die spesifieke venue.  Ons was dol oor die industriële voorkoms wat die bier-tenke verskaf.  Dit was ook naby aan akkommodasie vir ons gaste. Dit was selfs naby aan Johannesburg/Pretoria vir die wat die aand huis toe gery het.  Ons was geseënd met Coreen van Love Beloved wat al ons uiteenlopende idees vir dekor bymekaar kon bring om by die venue te pas.  Ons het al ons verskillende idees met haar gedeel.  Sy kon alles beter bymekaar bring as wat ons ooit sou kon wens!  Die donker vye en tafel-name, ‘n reeks van ons gunsteling wynplase, het ons liefde vir die Kaapse wynlande vasgevang.

JCclick Wedding Photography & VideoJCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Vermaak & Spesiale Tradisies


Ons het ‘n platejoggie gehad wat in die kapel, tydens drankies voor die onthaal en regdeur die aand die musiek behartig het.

Ons het geen van die gewone tradisies gevolg nie.  Daar was geen kousband of ruiker gegooi nie.  Die manne moes, tot hul misnoeë, by hulle tafels bly sit tydens Marius se spreekbeurt.  Nie een van ons was gemaklik met die tradisies nie en het van die begin af saamgestem om dit nie deel te maak van die dag nie.  Ons seremoniemeester (eintlik seremonie-monster) het wel vir Marius ‘n gedig geskryf waartydens hy moes toneelspeel, van ‘n tequila shot tot ‘n dans en selfs opstote!

Love Beloved Love Beloved Love Beloved Love Beloved Love Beloved

Eerste dans


Ons eerste dans was op Sweet Child O’ Mine van Guns N’ Roses.  My en Marius se smaak in musiek verskil 90%, met die 10% wat oorvleuel in klassieke rock musiek uit die 60’s-80’s.  Ons het tyd spandeer om vas te stel wat die beste liedjies uit hierdie era is. Dance Café in Rivonia het vir ons ‘n rumba geleer.  Ons keuse sou moontlik verander indien ons vooraf geweet het dat dit ‘n moeilike dans-styl is, maar die lesse was soos vars asem tussen die alledaagse gejaag!

Love Beloved Honeybee Baker JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Marguerite: Jou troudag is so stresvol soos jy dit maak.  Daar is miljoene idees en ander opsies, maar uiteindelik is peonies tenoor orgidee minder belangrik as ‘n soliede fondasie vir jou huwelik.  Eer jou man se opinie – dit is immers julle dag.  Probeer om die dag ten volle te geniet, dit gaan só vinnig verby!

Marius: Gelukkige vrou, gelukkige lewe.  Sy gaan voor en op die dag stres;  Maak seker sy het die ondersteuning wanneer, en hoe sy dit nodig het.  Maak tyd gedurende die onthaal om privaat saam jou vrou te spandeer en net die oomblik te geniet en reflekteer.  Daar is só baie wat gebeur en dit gaan alles só vinnig verby.

JCclick Wedding Photography & Video JCclick Wedding Photography & Video

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    [endsection]