Troues se temas en kleurskemas het oor die afgelope paar jaar só uitgebrei dat jy byna enige styl vir jou troudag kan kies. John-Henry en Jeanette het egter die versoeking weerstaan om al hierdie nuwe modes en temas te probeer. Hulle het ʼn tydlose styl gekies, sodat hulle eendag kan terugkyk op hul troudag en steeds voel dit is relevant. Swart, wit en goue dekor is gebruik om ʼn klassieke omgewing te skep. Dié dekor is afgerond met blomme-rangskikkings op die tafels, asook blomme-kandelare wat uit die dak uit hang om die vertrek voller te laat vertoon.
Jeanette het hul fotograaf op Mooi Troues se webblad opgespoor. Sy is so tevrede met hoe die foto’s uitgekom het, dat sy haar as een van haar top 3 gunsteling diensverskaffers gelys het.
Rol af vir meer foto’s van die tydlose en klassieke Corbett troue.
Paartjie se Liefdesreis
Agt jaar gelede, gedurende ons studente lewe by Universiteit van Stellenbosch, het ons mekaar beter leer ken. Ons konneksie het my by woonstel maat, wat in ʼn verhouding met John-Henry se broer was, begin. Toe ons saam daar kuier, was daar onmiddellik ‘n spesiale konneksie.
Ons hou daarvan om teen die kus af te ry vanaf V&A Waterfront na Llandudno/Houtbaai. Ons tasse was reeds gepak vir ons eerste oorsese vakansie saam Nederland en Spanje toe, toe John-Henry sê ons moet vir oulaas teen die kus gaan afry. Terwyl ons op die klippe by Llandudno sit en oor die see kyk, het ons gesels oor hoe baie ons uitsien na ons Desember vakansie wat voorlê. Daar het John-Henry my gevra of ek sy lewensmaat sal wees.
Die Verlowing Tydperk
Ons verlowing was ‘n tydperk van 7 maande. Ons het elke aspek van ons troue self beplan en gereël.
Paartjie se styl
Die keuse van die bruid se rok en bruidegom se pak, was gemik op ‘n klassieke, tydlose styl. Die trouringe was uitgekies volgens elkeen se voorkeure.
Merkwaardigste Oomblikke
John-Henry se merkwaardigste deel van ons dag was toe ek by die kerk instap. Die spesiaalste oomblik vir my, was toe ons mekaar se ringe aansit en as getroud verklaar word. Om saam met ons gaste te kuier en te sien hoe almal dit geniet, was ook vir my baie spesiaal.
Die Besluitnemingsproses
Al die besluite was saam deur die bruidegom en bruid geneem. Ons het gevoel dit is ‘n groot dag vir albei van ons en dat albei moet deel voel van die proses. Ons het advies van familie en vriende ontvang en in ag geneem, maar ons het die finale keuses self gemaak.
Finansiële Aspekte
Ons het aanvanklik begroot vir ʼn maksimum van R200 000. Ons troue se totale koste was egter R250 000. Die belangrikste aspekte is uitgelig en ʼn prioriteit gemaak, maar verder het ons net kostes vergelyk en keuses gemaak tussen kwaliteit en prys. Ons het ‘n gedilateerde begroting saam opgestel en dit op datum gehou en aangepas soos ons finale pryse ontvang het. Dit het ook verseker dat ons geen details mis nie. Daar was ‘n totaal van 108 gaste, met die 2 fotograwe en een musikant ingesluit.
Vir advies sal ons voorstel dat paartjies wat troues beplan ingedagte moet hou dat pryse jaar na jaar baie verander. Klein goedjies tel ook vinnig op en dra by na ‘n groot bedrag. Maak seker jy het ‘n duidelike prentjie wat jy vir jou groot dag wil hê. Maak ook seker dat elke besluit wat jy neem, bydra tot hierdie prentjie.
Wittebrood
Die wittebrood was vir my ‘n verassing totdat ons by Johannesburg se lughawe aangekom het. Ons het na ‘n oord in Mauritius gegaan. Dit was vir ons altwee baie belangrik om te rus, ontspan en die groot lewens-gebeurtenis saam te vier. Die keuse op dié spesifiek bestemming was gemaak deur al die aktiwiteite wat by die oord beskikbaar was – Pyl en boog, glas bodem boot, snorkel, duik, perdry, roei, stap roete, strande en strandstoele, swembad, spa, ski, makieties in die aande ens. Dit was ook ons kans om ‘n goeie wegbreek kans te geniet by ‘n mooi bestemming.
Vermaak
Ons net ʼn sherry-stasie, craft bier-stasie en ʼn koffie barista gehad. ‘n Groot hoogtepunt van die onthaal was die musikant – Man with Music. Hy het met ʼn saksofoon en pan-fluit tydens die hoof-gereg opgetree.
Gunsteling Diensverskaffers
Ons gunsteling diensverskaffers was Man with Music, Coba Photography en Barista Boys.
Eerste Dans
Ons is baie groot One Republic aanhangers. Hulle het in die begin van die jaar ‘n nuwe treffer uitgebring. Die eerste keer wat ons daarna geluister het, het ons geweet dit is ons eerste dans liedjie as gevolg van die woorde en ritme daarvan.
Ons het die beste dans instrukteur by Paradiso Academy gehad wat vir ons dans-passies geleer. Die dans word Bachata genoem en die passies kan in enige volgorde gebruik word,. Dit is dus nie ʼn roetine nie, slegs riglyne wat ons kon volg.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Fotograaf & Videograaf: Coba Photography
- Tweede fotograaf: Christene de Coning Photography
- Venue: Diamant Estate
- Trourok: Harlie, The Wedding Boutique
- Skoene: Anella Wedding Shoes
- Juwele: Swarovski & LilyBlue
- Strooimeisie rokke: YDE
- Hare & Grimering: ANUK
- Blomme & Dekor: To-Nett’s, Hire 4 u & Esme Engelbrecht
- Vermaak: Man With Music
- Spyseniering: Red Pepper Catering
- Bruidegom se pak: Zed Menswear
- Bruidegom se skoene: Tread and Miller
- Leer dasse: WEEF
- Skryfbehoeftes: Lara Friday Designs & Hot Ink
- Ringe: Kamaldien & Wolf Brothers
- Koffie stasie: Magnificent Barista Boys
- Dans lesse: Paradiso Academy