Ewan & Sandra se sagte en romantiese styl troue

Ewan en Sandra het op ʼn sagte en romantiese styl vir hul troue besluit, geïnspireer deur die kleur van vonkelwyn.  Regdeur die beplanning van hul troudag, het dié paartjie oopkop gebly en vroeg al aanvaar dat dinge nie altyd perfek gaan uitwerk soos hulle dit beplan het nie.  Hierdie ingesteldheid het gesorg dat Ewan en Sandra behoorlik gestraal het op hul spesiale dag.  Die sagte, goue kleure van hul dekor en honderde liggies en kerse het ʼn romantiese omgewing geskep waar Ewan en Sandra se twee families, een word.  Hulle het uitstekende wenke vir toekomstige bruide en bruidegomme om ʼn stres-vrye troudag te verseker.

Mens kan sommer die romanse voel wanneer jy deur hierdie paartjie se troufoto’s kyk!  Rol af vir waardevolle wenke vir ʼn suksesvolle troudag.

soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het 27 April 2019 getrou.  Sandra was 28 en Ewan was 29 jaar oud.

soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons ken mekaar al vandat ek twee, en Ewan drie jaar oud was.  Ons het in dieselfde dorp grootgeword en ons families is nog al die jare goeie huis-vriende.  Na jare van beste vriende wees, het ons in 2014 ‘n romantiese verhouding begin.  Ewan het op 9 Augustus 2018 my gevra om te trou.  Hy het gesorg vir ‘n romantiese en privaat verlowing op hul plaas.  Hy het ‘n tafeltjie met rose, vonkelwyn en vinger-happies gereël.  Met die hulp van ‘n paar familielede en vriende, het hulle klomp liggies in die bome gehang.  Ten spyte van die feit dat ek wel ‘n verlowing verwag het, het hy dit reg gekry om my te verras in daardie oomblik.

soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die hele dag van begin tot einde was merkwaardig.  As ek iets moet uitsonder, sal dit moet wees die tydjie na die seremonie.  Terwyl almal saam gesels en ‘n drankie geniet, het ek besef hierdie mense wat ons omring is nie sy naaste en my naaste nie, dit is nou óns naaste.  Dit was die oomblik wat realiteit ingeskop het dat ons nou getroud is, na jare van beste vriende wees en almal wat hoop vir ons om saam op te eindig.  In daardie oomblik het ek besef dat ‘n jare-lange droom waar geword het.

soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding

Vertel ons meer van jul ringe


Ewan het self besluit op die verskaffer van die diamant en die juwelier.  Hy het my verloofring laat maak volgens foto’s wat ek maande voor die tyd vir hom gestuur het.  Vir my trou ringe, ‘n pand aan elke kant van my verloofring, het ek gekies om dit in silwer te laat maak by Lali’s Silver.  Hulle het voorheen al ‘n paar ringe vir my gemaak.

Vir Ewan se ring het ons gesoek na ‘n eenvoudige Titanium ring, nie te breed nie, met ‘n geborselde afwerking.  Ons het die perfekte ring by De Wet Jewellers gekry en in Ewan se grootte bestel.

soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het oorspronklik ‘n heel ander styl ingedagte gehad.  Ek het talle rokke gaan aanpas by vier verskeie plekke.  Alles was baie mooi, maar geen rok het uitgestaan en my soos ‘n bruid laat voel nie.  Die lengte van die rokke was ook vir my ‘n probleem.  Ek het aanlyn begin soek en afgekom op ‘n webtuiste waar tweedehandse rokke deur bruide adverteer word.  Een rok het vir my uitgestaan – ‘n Enzaoni Dokato.  Dit is ‘n kant rok met ʼn trompet vormige romp.  Die rok het ook ‘n aparte boonste-laag van tulle en kant.  Ek het gereël om die rok te gaan aanpas.  Met ‘n klein verstelling het die rok perfek gepas, insluitend die lengte daarvan.  Ek was mal oor hoe die sagte tulle vloei soos ek beweeg het.  Uiteindelik het ek gevoel soos enige bruid behoort te voel!

soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding soft and romantic style wedding

Vertel ons meer oor die fotograaf


My skoon suster het jare gelede vir my ‘n verwysing gestuur van Meyer & Rene.  Toe ek begin soek, was hulle een van 3 fotograwe wat ek oorweeg het.  Hul webtuiste en Facebook blad staan uit bo die res en dit was reeds ‘n bevestiging dat hul professioneel en passievol is.  Ons het toe op Meyer & Rene besluit en van begin tot einde was dit net ‘n plesier om hulle as fotograwe te hê.  Hulle het ons so gemaklik laat voel en uit hul pad gegaan om soveel as moontlik vas te lê van ons dag.  Hul foto’s is romanties, maar ook kunstig.

Dit was  vir my belangrik dat die fokus nie heeltyd op ons as bruidspaar is nie en dat spesiale oomblikke van ons gaste ook vasgevang moet word.  Dit is so ‘n plesier om nou deur die foto’s te kyk en oomblikke te beleef wat ons nie self kon sien nie.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


120 volwassenes en 17 kinders het ons troue bygewoon.  Ons het al voordat ons verloof was begin spaar vir ons troue.  Ons was bevoorreg dat ons ouers groot bydrae gemaak het.  Sonder hulle sou ons nie eens kon droom om so te kon feesvier nie!

Wees logies met die begroting.  Moenie ‘n begroting opstel met die hoop dat mens iets vir goedkoper kan aanskaf as wat dit is nie.  Kry genoeg kwotasies om  te vergelyking en stel dan die begroting op.  Kies die items wat belangriker is en waarop jy bereid is om die beskikbare geld te bestee.  In die geval wat iets buite die begroting is, kyk of daar op ʼn ander plek gesny kan word op kostes.  Besluit dan of dit steeds die moeite werd is.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek en Ewan het nie soveel geleenthede gehad om in persoon verskeie venues te besoek nie.  So, met baie hulp van ons susters en my skoonma, het ons aanlyn gesoek na venues wat gepas sou wees vir wat ons in gedagte gehad het.  Een van my en Ewan se top vereistes was dat die venue aansit etes as opsie moet hê.  Dit het die proses om te kies bietjie vergemaklik.

Blackhorse Estate se webwerf het omvattende inligting en foto’s beskikbaar gehad.  Na die aanlyn navorsing, het ons Blackhorse besoek.  Dit was die eerste en enigste venue wat ons besoek het.  Die terrein, tuin, kapel en saal het die potensiaal om formeel of informeel gebruik te word.  Die brouery skep dan ook die geleentheid vir ‘n gesellige en sosiale feesviering.  Dit is wat ons wou hê – ‘n feesviering.  Die personeel by Blackhorse het gehelp met die koördinering, dek en voorbereiding van die kapel en saal.  Hulle het só gemaklik ingeval met klein veranderinge op die dag.

Die inspirasie vir ons dekor was vonkelwyn (sagte goue kleur) en liggies.  Dus het ons minimaal blomme gehad en soveel as moontlik kerse en liggies.  Ons het ook probeer om alles so eenvoudig as moontlik te hou.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid se advies:

Níks gaan presies wees soos die prentjie wat mens al so lank ingedagte het nie.  Die styl rok waarvan jy nog altyd gehou het, lyk dalk nie so mooi wanneer jy dit aanpas nie;  So moenie bang wees om te kyk na iets wat jy nie normaalweg sou oorweeg nie.

Die dag is jou toekomstige man sin net soveel soos wat dit jou dag is.  Neem dus ook sy wense in ag en wees oop vir voorstelle en idees.

Maak so ver as moontlik gebruik van wat beskikbaar is, veral hulp van familie en vriende.  Te danke aan vriende en familie het ek die dag voor die troue bitter min gehad om te doen en op die dag van ons troue het ek nie ‘n vinger gelig nie!  Ek het nie eens een keer bekommerd geraak oor wat in die kapel of saal moes gebeur nie.

Bruidegom se advies:

Die dag gaan baie vinniger nader kom as wat jy ooit sou kon dink!  Vir my was dit belangrik om te fokus op kommunikasie.  Praat met mekaar oor alles, veral die gastelys.  Maak seker julle nooi nét wie julle wil.  Onnodige stres oor iemand wat jy een keer elke 5 jaar sien, is nie die moeite werd nie.

Jou strooijonkers moet bestaan uit vriende wat regtig vir jou alles beteken in die lewe.  Mense wat jou kan help beplan – niemand het 10 van hulle nie.  Maak seker jy het ‘n goeie seremoniemeester – iemand wat die ‘n situasie kan opsom en snaaks, maar ook beskaafd kan wees.

Dans ordentlik met jou vrou.  Ek was verseker nie die grootste danser nie, maar dring aan op dans klasse.  Elke vrou wil met haar man dans.

Geniet die aand saam met almal, julle trou net een keer!

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek


Ons ‘trou-toring” was meer ‘n voorbeeld van “Vorm volg Funksie.” So romanties en smaaklik soos ‘n gebakte koek kan wees, is daar net te veel reëlings rondom dit.  Wie bak dit?  Hoe ver is dit van die venue af?  Wanneer word dit afgelewer en hoe word dit gestoor?  En dan seker die groter vraag – wat as die koek langs die pad omval?
Daarom het ons besluit op ‘n Ferrero Rocher Toring.  Dit was maklik vir elke gas om ‘n sjokolade te vat saam met die ander vinger-happies.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons (seker meer ek wat daarop aangedring het) het Darling van Roan Ash gekies vir ons eerste dans.  Die woorde van die liedjie beeld uit wie en wat Ewan vir my is en ons liefde vir mekaar was nie ‘n keuse nie, dit was nog altyd deel van wie ons is.

Ongelukkig het die liedjie nie die maklikste ritme vir dans nie.  Ewan weet hoe lief ek is vir dans en het toe aangedring dat ons vir dans-klasse gaan.  Die dans-klasse was soms uitdagend en verg bietjie geduld, maar dit is wonderlik om iets nuut te leer en te geniet saam jou ander helfte.

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons het gebruik gemaak van die geleentheid om Sondag oggend saam familie en naaste vriende ontbyt te eet, voor ons die middag Kaap toe gevlieg het, met Franschhoek as eindbestemming.  Daar het ons op Vrede en Lust wynplaas gebly.  Die “Franschhoek Wine Train” is die perfekte manier om rond te beweeg tussen verskeie wynplase.  Dit is ‘n idilliese, rustige dorpie met talle eetplekkies en geleenthede om verskillende wyne, kosse en soetgoed te proe.  En dít alles in ons eie land!

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

[endsection]