Diaan & Shené se verlowing fotosessie op die strand

Volgens Shené is ‘n verlowing fotosessie ‘n absolute móét om die reis na ‘n getroude lewe af te skop.  Sy is in die wolke oor haar pragtige foto’s van haar en haar toekomstige man.  Sy sê ook dat die fotosessie haar gemakliker voor die kamera laat voel het en die ys sommer vinnig tussen sy, haar man en hul trou-fotograaf gebreek het.  Die tema en ligging van hul fotosessie is deur die fotograaf voorgestel.  Shené en Diaan het twee verskillende uitrustings aangehad, wat gesorg het vir veelsydige foto’s op die strand.  Hulle het gemaklik voor die kamera geflankeer en was beslis nie bang vir ‘n bietjie water nie!

Rol af vir inspirasie vir jou strand verlowing fotosessie, en leer dalk ‘n paar truuks by Shené en Diaan om gemaklik voor die kamera te poseer.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Ons het in ‘n kuier plek in Pretoria vir die eerste keer gesels, maar ‘n jaar voor dit het ons mekaar deur vriende wat ons albei geken het, ontmoet.  Die aand toe ons mekaar weer raakloop was die begin van ons verhaal.  Ons was 10 maande saam toe Diaan my gevra het om met hom te trou.  Dit was ‘n groot verrassing!

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Die groot vraag


Ons het een dag in ‘n winkel geloop en ek sien toe hierdie pragtige ring in die venster.  Ek het toe vir die heel eerste keer ‘n ring aangepas.  Ek het foto’s op my foon gestoor van ringe waarvan ek hou, maar die een was baie mooier as hulle almal!  Toe ek die ring aanpas, het Diaan so kyk op sy gesig gekry, maar ek het dadelik gesê hy moenie idees kry nie.

Twee maande later, 7 Julie 2018, vier ons sy verjaarsdag saam met sy hele familie.  Sy ma het ‘n groot verjaarsdag partytjie gereël.  Diaan het ‘n toespraak gelewer om almal te bedank en hy roep my toe vorentoe, gee vir my ‘n groot bos rooi rose en sê gelukkige herdenking, want op daardie dag was ons toe 10 maande saam.  Toe ek omdraai om te gaan sit was Diaan op sy knie.  Ek kon dit nie glo nie!  Dit was definitief die grootste verrassing van my lewe.  Ek was aanvanklik geskok, maar toe ek eers besef wat gebeur het, was ek in die wolke.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Hoekom ons mekaar liefhet


My gunsteling eienskap van Diaan is sy sagte geaardheid.  Sy gunsteling eienskap van my is passie vir die lewe en my glimlag.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ons wou nie té lank verloof gewees het nie, maar ons het in Desember 2018 Jeffreysbaai toe getrek, so toe strek dit bietjie die tyd uit.  Ons was altesaam een jaar en vyf maande verloof toe ons op 12 Desember 2019 getrou het.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Rede vir die verlowing fotosessie


Ek het gedink die verlowing sessie is ‘n moet!  Nie net omdat ek die pragtige foto’s wou gehad het nie, maar grotendeels om gewoond te raak aan die kamera en om die fotograaf bietjie beter te leer ken.  Ons is so bly dat ons dit gedoen het!  Nicole het ons so gemaklik laat voel en sy het soveel oulike idees gehad.  Sy was saam met ons so opgewonde om die verlowing sessie te doen.

Ons fotograaf het die idee van die sessie voorgestel.  Sy het die mooiste plek wat ons moontlik kon kies gebruik en ons het net haar leiding gevolg.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Die verlowing tydperk


Die verlowing tydperk was, en is steeds, die beste tyd van ons lewe.  Omdat ek glad nie die verlowing verwag het nie, was ek nogal gestres die eerste paar dae, maar daardie gevoel het vinnig verdwyn.  Ek het geweet dit is reg en ons het nie vir een dag ons besluit betwyfel nie.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Visie vir droomtroue


Die gedagte vir ons troue was om net pret te hê.  Ons wou die dag saam familie en vriende spandeer en lewenslange herinneringe bou.  Lekker eet en baie dans was vir ons uiters belangrik.  Ons het ‘n bos geïnspireerde troue gehad, wat gelei het tot ‘n baie romantiese aand.

beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot beach engagement shoot

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Piet My Vrou
  • Grimering: Zuney Meiring van Afrikan Kusini Day Spa, Kenton on Sea