Armand & Donelle se droomwêreld winter troue

Meeste bruide droom van ʼn sonnige somer-troue met helder-kleurige blomme en ʼn ligte atmosfeer.  Donelle het egter van kleins af ʼn ander prentjie van haar troudag ingedagte gehad.  Haar visie was ʼn betowerende feeverhaal troue in ʼn misterieuse woud.  Hierdie is ʼn pragtige en gepaste tema vir ʼn winter troue!  Dit is regdeur die beplanning van hul troudag ingedagte gehou om Donelle se droom te bewaarheid.  Sy het behoorlik gestraal in ʼn boheemse lang-mou rok en maroen jas wat haar soos ʼn karakter uit ʼn fantasie-wêreld laat lyk het.

Hulle het die tema verder gevat deur ʼn ongelooflike venue omring deur ʼn donker groen woud te kies!  Vir die onthaal, het hulle The Silver Sixpence Wedding Venue gevul met digte groenigheid om die woud gevoel van die omgewing, na binne te laat oorvloei.

Dust and Dreams Photography het hul uitstekend van hul taak gekwyt om hierdie winter-wêreld vas te vang.  Hulle is bekend daarvoor om natuurlike-lig fotograwe te wees en het dus die perfekte vaardighede gehad om die volle prentjie van Armand en Donelle se feeverhaal vas te vang.

Rol af om na ʼn unieke winter troue in die woud by The Silver Sixpence Wedding Venue, afgeneem deur die talentvolle Dust and Dreams Photography, te kyk.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 21 Julie 2019 getrou.  Donelle was 26 en Armand was 28 jaar oud.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venuesilver sixpence wedding venuesilver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het mekaar 12 jaar gelede in die Kruger Nasionale Park ontmoet.  Armand het my raak gesien terwyl ek saam my familie geëet het.  Hy het op daardie oomblik besef dat hy my nommer móét kry.  Ons was wel in dieselfde skool en hy het een van my vriendinne geken.  Armand het vir my ʼn versoek op Mxit gestuur met die noemnaam “Pappa Beer.”  Al was ons te skaam om by die skool met mekaar te gesels, het ons tot in die vroeë oggendure gelê en op Mxit gesels.  Later kon ons uiteindelik met mekaar in persoon gesels.  Ons het goeie vriende geraak en 2 jaar later begin vas uitgaan.  Ons is dus al ʼn paartjie van 15 Augustus 2009.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venuesilver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Vir my en Armand was die merkwaardigste oomblik toe ek in die woud kapel instap en ons mekaar sien.  Die oomblik was net só groot en perfek.

Daar is niks wat ons sal wil verander nie.  Ons winter troue was regtig in elke opsig perfek.  Ons wens net die tyd kon stadiger verbygaan!

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venuesilver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venuesilver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Vertel ons meer van jul ringe


Armand se ring:

Armand het vir my 2 instruksies gegee: Dit moet swart wees en dit moet eenvoudig wees.  Ek het toe gaan navorsing doen.  Almal het deesdae Tungsten ringe so dit was vir my nie regtig spesiaal nie, maar toe kom ek op Titianium Studio af wat Zirconium ringe maak.  Ek was mal oor die gevoel en voorkoms van die ring.  Ek kon dit selfs spesiaal maak deur My Beer te laat ingraveer.

Donelle se ring:

Ek (Armand) het baie tyd op Pinterest spandeer om idees te kry.  Ook het ek met Donelle se suster gesels.  Ek het toe na baie navorsing ʼn vierkantige steen gekies.  Die ring kleur was ‘n moeilike een, want ek wou nie silwer of goud gehad het nie.  Ek het toe op roosgoud besluit, en met dít het ek op ʼn swart diamant afgekom.  In my opinie, was ʼn swart diamant en roosgoud ring uniek en iets anders!  Ek het toe lank daaroor gedink en was skrikkerig dat Donelle nie daarvan sal hou nie.  Die finale produk was toe ʼn eenvoudige vierkantige roosgoud ring met “My Gifappeltjie” in gegraveer.  Ek het die pant eenvoudig gehou om aandag op die ring te hou.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Fotograaf:

Elaine en Steph van Dust and Dreams Photography.  Hulle was ongelooflik!  Vanaf die eerste oomblik het hulle ons gemaklik laat voel en elke oomblik perfek vasgevang op die kamera.  Die detail wat hulle op die foto’s vasgevang het is ongelooflik, van die woud tot die ringe het net perfek uitgekom.  Dit is baie moeilik om die beste foto’s te kies, want al die fotos is album materiaal!

Videograaf:

De Villiers du Plessis van Deep Field Films.  Ons was baie in ons skik met hom.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek wou nog altyd ʼn rok met lang moue gehad het, omdat dit so elegante indruk skep.  Die rok moes by die tema van die fee en woud pas.  Ek het ‘n elegante, maar ook boheemse materiaal gekies om die rok te maak.  Die jas was hoofsaaklik om my warm te hou, maar ook om die fee idee te skep.  Dit het my kompleet soos Maleficent laat voel!

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons was eers op ‘n “Mini-moon” na Glentana, naby George, waar ons net lekker ontspan en deur die tuin roete gery het.  Ons het Oyster R-Us toe gegaan net buite Sedgefield waar ons van die lekkerste oesters gekry het, huis toe gevat het en op die strand geëet het met ‘n bottel vonkelwyn.  Knysna was ons volgende bestemming waar ons die Tree Top Zipline in Tsitsikamma gedoen het.  Na dit, was ons bederf met een van die lekkerste geheime restaurant wat ons al tee gekom het!  Armand se oom het vir ons bespreek as ‘n trougeskenk.

Ons gaan volgende jaar as ons bietjie meer gespaar het my paspoort reg is, Malasie, Bangkok en Phuket gaan besoek – nog iets om voor uit te sien!

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


My droom was nog altyd om in ‘n winter troue in die woud te hê – ‘n regte feetjie winter wêreld!  Daar is nie ‘n plek beter as Dullstroom in die winter nie!  Ons het The Silver Sixpence gesien en deur gery om na die venue te gaan kyk.  Toe ons in die woud inloop en die briesie deur die takke waai, was dit net musiek om te beleef.  Ons was vas gevang in die towerspel!

Die dekor se inspirasie was deel van my feetjie-land konsep in die woud.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting was R200 000.  Ek het ‘n sigblad blad opgestel en ons het besluit wat vir ons die belangrikste aspekte van ons troue is.  Ek wou meer geld spandeer op die fotograaf en videograaf, aangesien dit amper die enigste fisiese goed is wat jy van die troue het.  Ons het alles in berekening gebring en het seker gemaak ons hou by die begroting.  Ons het 79 gaste onthaal.  Mens sal dink ʼn winter troue is goedkoper, omdat jy so baie afslag op die venue kry en omdat dit buite trou seisoen is, maar daar is soveel meer ander goed om aan te dink wat bietjie meer geld uit die sak kan jaag!  Maar, ons sal niks van ons winter troue wil verander nie.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ons wou baie graag ‘n Croquembouche gehad het, maar kon glad nie ‘n verskaffer kry wat dit vir ons kon maak nie.  Of hulle hand was gebreek, of hulle was net te ver, omdat dit 3 ure voor die tyd gemaak en aanmekaar gesit moet word.  Ons het dít toe gesien as die heelal wat vir ons iets probeer sê, so iets probeer sê, so ons het besluit om bietjie meer eenvoudiger te gaan met Ferrero Rochers wat die gaste maklik kan eet of saamvat as ‘n bederf.  Omdat daar altyd so baie van troukoek oorbly, het ons ʼn klein Rice Crispy koek gesny.  Ek het dit gevul met ‘n gesoute ganache wat versier was met sjokolade skaafsels en ʼn paar van die trou blomme.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

Vertel ons meer oor jul eerste dans.


Die liedjie was Jack Johnson se Better Together.  Ons het nie vir klasse gegaan nie, maar ons het ‘n week voor die tyd so bietjie by die huis geoefen.

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue The Silver Sixpence The Silver Sixpence

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid se advies:
  1. Maak seker jou strooimeisies kom oor die weg.
  2. Kry vir jou gemaklike skoene!
  3. Dis okay om hulp te aanvaar.  Jy hoef nie alles self te doen nie.
  4. Spandeer bietjie meer op jou fotograaf en/vidoegraaf want op die ou einde is dit die enigste fisiese ding wat jy kan saamvat van die dag.
  5. Op die dag, neem elke oomblik in en geniet dit.  As daar iets verkeerd gaan moet nie te veel daaroor stres nie, daar is mense wat dit sal regmaak en op die ou einde sal net jy weet dit moes nie so gewees het nie!  J gaste gaan nie twee keer daaroor dink nie.
Bruidegom se advies:
  1. Maak seker die troupant is reg voor die troue en dat hy pas.
  2. Beplan vroeg genoeg wat jy wil hê jou gevolg moet dra en dat elke ou se klere pas.
  3. Maak seker daar is iets om die ouens se keel nat te hou terwyl hulle aantrek.
  4. Geniet elke oomblik, dit gaan baie vinnig verby!
  5. Indien jy iets het soos ʼn GoPro, maak hom vas met sy haak aan jou geliefkoosde bottel drank – iets soos Jagermeister, Cacktus Jack, Archers, ens.  Laat die video begin speel en stuur die bottel aan.  Die eindresultaat is asemrowend!

silver sixpence wedding venue silver sixpence wedding venue

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers