Almal met ʼn goeie foon en ʼn luidspreker dink deesdae hulle kan ʼn platejoggie wees by hul vriende se troue. In dié artikel bespreek ons ʼn paar vrae wat jy vir jou Platejoggie moet vra. As dit maar net so maklik was, sou dit wel goed gewerk het. Om ʼn professionele platejoggie te huur is definitief die moeite werd. Dit maak nie saak of jy iemand is wat hou van ʼn partytjie of nie. Die platejoggie doen baie meer as net musiek maak. Hy of Sy is verantwoordelik vir die algemene klank bestuur by jou troudag. Insluitende die seremonie se diens en ook die toesprake by jul troue.
Ons almal was al by troues waar die platejoggie ʼn vriend was en dan skree daai mikrofoon in almal se ore die hele seremonie deur. Jy kan nie ʼn woord uitmaak wat enige iemand sê, want die klank wat deur die luidsprekers kom is net so onduidelik. Die musiek is of te hard of te sag. Dit is presies wat jy nie wil hê nie. Professionele platejoggies sal al die bogenoemde elimineer en jou troudag ʼn dag maak wat almal kan hoor en onthou.
Kom ons kyk bietjie na ʼn paar punte hoe ʼn professionele platejoggie jou troudag kan verbeter en daarna kyk ons na ʼn paar vrae vir jou platejoggie of potensiële platejoggies waarin jy belangstel kan vrae. Vir fantastiese platejoggies, besoek ons Trougids.
Hoe Platejoggies jou troudag kan verbeter:
Goeie klank:
Dit is belangrik dat al jou gaste alle toesprake en bedankings goed kan hoor, maak nie saak of hulle voor of agter sit nie. ʼn Professionele platejoggie sal die luidsprekers so posisioneer dat jy dit orals dieselfde kan hoor. Jy wil ook nie voor sit en verdoof word deur klank wat te hard is nie en selfde met agter.
Seremonie:
Gedurende die seremonie/diens is klank baie belangrik. Dit is seker een van die belangrikste oomblik wanneer jy trou, so jy sal graag wil hê jou gaste moet die spesiale boodskap hoor en geniet. Baie kere is die seremonie buite en klank kan maklik verdwyn as die platejoggie nie weet wat hy/sy doen nie. Weereens waar ervaring van ʼn professionele platejoggie ʼn groot rol sal speel.
Vermaak:
Goeie musiek en ʼn platejoggie wat weet om mense te lees help baie. Deur jare se ervaring weet professionele platejoggies wat om te speel, wanneer om dit te speel en wat om volgende te doen. Hulle weet hoe om die partytjie aan die gang te kry en almal in ʼn goeie ritme te hou. Die klank sal hard wees, maar nie so hard dat jy nie kan hoor wat speel nie en net die gekraak van die luidsprekers hoor nie.
Toesprake:
Dit is ʼn belangrike punt. Omdat toesprake gedoen word deur verskillende mense met verskillende stemtone en hardheid, moet jy ʼn platejoggie hê wat op die oomblik veranderinge kan maak. Anders mag jou gaste klae oor die luidsprekers wat te hard of te sag is.
Agtergrond musiek:
Gedurende stil periodes soos etes en wanneer daar nie toesprake is nie, wil jy tog ietsie sag in die agtergrond hê. Dit is dan waar agtergrond musiek ʼn rol speel. Om daardie dooie stilte as daar niks gepraat of dans musiek gespeel word nie te breek. Dit help dat die atmosfeer nogsteeds gesellig bly, maar net rustiger as dans musiek.
Belangrike vrae wat jy jou kortlys platejoggies moet vrae voor jy hul boek:
- Hoe lank is jy al ʼn platejoggie en hoeveel troues het jy al gedoen?
- Het jy meer optredes by ander troues op dieselfde dag as my troudag?
- Wat maak jou verskillend van jou mededingers?
- Het jy al gespeel by die venue?
- Sal jy dien as ʼn seremoniemeester gedurende die onthaal om aan te kondig wie die toesprake doen ens.?
- Kan ek jou met lys van “Moenie speel” liedjies verskaf?
- Hoe gereeld neem jy versoeke van gaste?
- Hoe gereeld neem jy ‘n breek?
- Het jy al jou eie klank-, bedrading- en beligting toerusting te?
- Wat sal jou uitrusting wees op die dag?
- Het jy enige verwysings?
- Het jy versekering?
- Wat is die plan as jy siek of daar ʼn noodgeval van jou kant is op my troudag?
- Hoeveel is die besprekings fooi wat nodig is om jou te behou vir my troudatum?
- Wanneer is die laaste balans van die faktuur verskuldig?
- Wat is jou kansellasie beleid?
Artikel Krediet:
Foto’s: Pexels