Manie & Mia se moderne wintertroue

Manie en Mia was onderskeidelik 24 en 22 jaar oud op hul troudag.  Aangesien hulle so jonk was op hul troudag, het hulle besluit op ล‰ moderne wintertroue om hul jeug en jong geaardhede uit te beeld.  Hulle het pragtige dekor gekies om by die venue se grasieuse en weelderige styl te pas.  Hul blomme, wat aan verskillende strukture gehang het, het ล‰ groot rol in die moderne tema gespeel.  Die blomme was dig en volop, maar omdat dit aan hoรซ strukture gehang het, kon almal aan die tafel mekaar sien en lekker saam kuier.  Hulle het besluit om die tema nรณg verder te vat en dit ook by die strooimeisies se rokke te inkorporeer.  Elke strooimeisie het ล‰ ander styl rok gehad met kleure en materiale wat herhaal is en mekaar gekomplimenteer het.

Dis nie nodig om by die tradisionele trou reรซls te hou nie!  As jy jonk trou en nuwe idees wil probeer sal dit ล‰ groter inpak maak as iets wat al menigmaal op die internet gesien is.  Rol af vir meer inspirasie aangaande ล‰ moderne wintertroue.

Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons troudatum is die 15de Junie 2019.  Manie was 24 en Mia was 22 jaar oud.

Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Casper Bosman het my trourok gemaak.  Ek het na hom toe gegaan met die wete dat ek in goeie hande sal wees en dat my trourok dan met gerustheid by my lysie afgemerk kan word.  Ek het idees en inspirasie vanaf fotoโ€™s en prente gekry en my eie idee bymekaargesit.  Soos ek gepraat het, het Casper geteken.  Hy het my werklik soos ล‰ boek gelees!  Hy het in Februarie begin met my rok begin.  Soos wat ek gaan pas het, het ons elke keer nuwe idees gekry, totdat die eindproduk my verwagtinge totaal en al oortref het!  Dit was mooier as waarvan ek ooit kon droom!

Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar 5 jaar gelede deur gemeenskaplike vriende by ล‰ fees ontmoet.  Ons het oorkant mekaar aan ล‰ tafel gesit en dit is toe maar die natuur se manier om ons in ล‰ posisie te plaas om mekaar te leer ken.

Ek en Manie het verlede jaar saam met my ouers in Spanje en Portugal gaan toer en dis hier waar hy die geleentheid aangegryp het om my te vra om te trou.  Dit was op die 12de Julie 2018 in Sollar, ล‰ klein dorpie op die eiland Palma Mallorca in Spanje.  Ons het ons drie en ล‰ half jaar herdenking gevier met ล‰ ete by ล‰ restaurant met die mooiste uitsig oor die see, tussen die berge.  Hy het op een knie gegaan en my gevra het om sy vrou te word.

Casper Designer Wear Casper Designer WearCasper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear Casper Designer Wear

Wat was die merkwaardigste oomblik van diรฉ dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste oomblik vir ons was definitief die seremonie en die oomblik toe ons mekaar vir die eerste keer sien.  Die emosies en liefde wat ons ervaar het, was besonders! Dรญt is wanneer mens besef hoe geseรซnd jy is om hierdie groot geskenk van God af te ontvang.  Ons het ล‰ liedjie genaamd โ€œLeef in myโ€ van Julius Magan in die kerk laat speel na afloop van ons beloftes aan mekaar en ล‰ mens kon die teenwoordigheid van die Heilige Gees voel.  Dit is iets wat ons nooit sal vergeet nie.

Daar is niks wat ons sou wou verander aan die dag nie.  Alles was soos ล‰ sprokie vir ons!

modern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding

Vertel ons meer van jul ringe.


Ons wou ringe hรช wat stylvol en tydloos is โ€“ met ander woorde nie te besig nie.  Daarom het ons ล‰ ontwerp gekies wat skoon lyne het.  My ring was gemaak deur Carins Jewellery Design in Bloemfontein en Manie se ring het ons by hulle gekoop.  My verloofring was reeds gemaak met twee pante, omrede die ontwerp van so aard is dat dit nie agterna gedoen kon word nie.  Ons albei glo ล‰ ring moet iets van ล‰ mens se persoonlikheid weerspieรซl.  Ons voel dat ons ringe perfek vir ons gemaak is, net soos wat die Here ons vir mekaar gemaak het!

modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf en videograaf was Andre en Elzanne Van der Westhuizen van Arline Photography.  Hulle fotoโ€™s en videoโ€™s het van die begin af vir ons uitgestaan.  Elzanne het my spoedig en professioneel geantwoord, daarom kon ons nie anders as om ons vertroue in hulle te stel nie.  Ons het vooraf ล‰ verlowing fotosessie met hulle gehad wat deel van hulle pakket was.  Dit het ons beslis gehelp om lekker gemaklik te raak en ons het toe al gesien hoe talentvol hulle is.  Iets wat vir my uitgestaan het van Andre en Elzanne, is hulle vermoรซ om die bruidspaar se persoonlikhede so goed op te som.

modern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter weddingmodern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Advies aan die dames:  Probeer om elke oomblik van die dag in te neem en moenie bekommerd wees as iets nie presies uitkom soos wat jy dit wou hรช.  Ander mense weet nie hoe dit moes lyk of wees nie;  Dit is nie nodig dat ล‰ klein foutjie jou groot dag bederf nie.

Advies aan die manne:  Drink maar ล‰ kalmeer pilletjie voor die seremonie.  ล‰ Man kan nogal emosioneel raak!

modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding modern winter wedding

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het na ongeveer 3 venues in die omgewing van Muldersdrift gaan kyk, omdat dit prakties is om al die familie en vriende te akkommodeer.  Toe ons by Memoire Wedding and Function Venue kom, was ons onmiddellik verlief op die plek.  Dit is asemrowend mooi met die verskillende natuurtonele.

Omdat ons albei nog baie jonk is, het ons besluit dat ons die dekor modern wil hou.  Met behulp van Pinterest en goeie verskaffers het ons baie mooi idees bekom.  Die bruidsmeisies se verskillende rokke, asook die kleurvolle blomme het ons tema en jeug mooi uitgebeeld.

Memoire Wedding and Function Venue Event Inspirations Florist and Decor Event Inspirations Florist and Decor modern winter wedding Event Inspirations Florist and Decor modern winter wedding Event Inspirations Florist and Decor Event Inspirations Florist and Decor

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het 175 gaste onthaal.  Ons het nie ล‰ vasgestelde begroting gehad nie, maar ons het verskillende verskaffers gekontak om bekostigbare en effektiewe dienste te kry.  Deur verskillende kwotasies te kry, het ons so bepaal wat die gemiddelde kostes is en daarvolgens probeer om binne perke te bly.

modern winter wedding Event Inspirations Florist and DecorEvent Inspirations Florist and Decor modern winter wedding Event Inspirations Florist and Decor

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ons albei kom van klein boere gemeenskappe af, dus hou ons gaste van lekker eet!  Toe ons oor ล‰ troukoek begin gesels het, het ons saamgestem dat al drie lae verskillende geure moet wees om almal te akkommodeer.  Ons het die volgende geure gehad: ล‰ Tradisionele wortelkoek, ล‰ sjokolade koek en ล‰ Bar One karamel koek.  Kate van Sugar ล‰ Ice in Johannesburg het ons koek gemaak.

Sugar โ€˜n Ice  Sugar โ€˜n Ice  Sugar โ€˜n Ice 

Vertel ons meer oor jul eerste dans.


Ons eerste dans was op โ€œMy allesโ€ van Bobby Van Jaarsveld.  Ons het hierdie liedjie gekies omdat die woorde ons liefde so mooi uitbeeld.  Omdat ons albei nog altyd daarvan hou om te dans en van Universiteit af al saam dans, was dit vir ons moeiteloos en baie spesiaal.  Die eerste keer wat ons ontmoet het, het ons saam gedans, so om vir die eerste keer as man en vrou te kon dans was baie lekker!

modern winter weddingmodern winter wedding

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Vir ons Wittebrood was ons vir agt dae Croatia toe โ€“ vier dae in Split en die ander vier dae in Dubrovnik.  Ons het toere na omliggende dorpies gedoen waar ons heerlike swem- en snorkel-aktiwiteite geniet het.  Croatia, met sy prentjie mooi strande en heerlike aktiwiteite, was idillies vir ล‰ wittebrood!  Ons het die mooiste herinneringe gemaak.

modern winter weddingmodern winter wedding

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ล‰ diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: