Edward & Xonné se rustieke selfdoen troue

Proteas was die hoof inspirasie van Edward en Xonné se rustieke selfdoen troue.  Omdat hulle ‘n totaal van 140 gaste genooi het én volgens ‘n streng begroting moes werk, het hulle elke sent omgedraai en maniere gevind om te spaar waar hulle kon.  Xonné vertel dat die Ma’s ook gretig was om in te spring en te help – saam het hulle honderde papier proteas gevou wat beslis ‘n fokuspunt op die tafels was.  Hulle het ‘n kombinasie van ronde en lang tafels gehad wat elk verskillende dekor elemente bevat het.  Hul venue, Bona Bona Game Lodge, het verseker dat hul rustieke tema met ‘n tikkie elegansie uitgebalanseer word en dat al die verskillende dekor elemente saam ‘n eenheid vorm.

Die papier proteas was egter nie al waarop hulle geld gespaar het nie!  Rol af vir nog vele selfdoen idees, asook wenke en truuks oor hoe om dit professioneel en elegant te laat lyk.

Adorn PhotographyAdorn Photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 13 April 2019 getrou.  Ons albei was 26 jaar oud.

Adorn Photography Adorn PhotographyAdorn Photography Adorn Photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


My en Edward se verhaal het begin met ‘n versoek om vriende te wees op Facebook.  Ons het ook albei sport studeer by die Universiteit van Potchefstroom en van daar af is alles geskiedenis.  Edward het my gevra om te trou.

Adorn Photography Adorn PhotographyAdorn Photography

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het ‘n paar rokke aangepas, maar ek het niks gekry wat my die ‘wow’ gevoel gegee het nie.  Met elke rok waar was daar iets wat ek wou verander of nie 100%  by my figuur gepas het nie, maar elke rok het ook elemente gehad waarvan ek wel gehou het.  Ek het toe besluit om my eie rok te laat maak en die elemente te kombineer waarvan ek gehou het en wat by my styl en figuur die beste pas.  Ek hou eenvoudige dinge in die lewe en nie te veel blommetjies en fieterjasies nie.

My trourok weerspieël dus glad nie ek nie!  Ek sou nooit gedink het dat ek so iets vir myself sou kies nie, maar ek is nie vir ‘n dag spyt nie.  Die rok was regtig uniek en anders;  Ek dink ook nie een van die gaste het ooit gedink ek sou in so tipe rok by die paadjie af stap nie!

Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography

Vertel ons meer van jul ringe


My se ring is ‘n roosgoud met ‘n morganiet steun en klein diamante rondom.  Edward se ring is swart van kleur en gemaak van tungsten.  Hy wou graag iets uniek gehad het.  Die ring is ook bietjie grof van tekstuur met klein groefies op die oppervlak.

Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons was baie gelukkig om beide te kon hê.  Ons het per toeval gesien dat die fotograwe ‘n spesiale aanbod gehad het.  Nadat ons na hul portfolio gaan kyk het, het ons besluit dat ons hulle graag wil gebruik vir die troue.  Met dié spesiale aanbod, kon ons toe ‘n videograaf ook bekostig.  ‘n Videograaf is een van die elemente wat ons baie graag wou hê.  Dit het perfek uitgewerk dat alles in ons begroting kon inpas.

Adorn Photography Adorn Photography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Advies aan bruide : Die kopsere en slapelose nagte oor of die begroting gaan klop en of jy alles gedoen gaan kry, is onvermydelik.  Weet net die Here het alles klaar beplan en alles sal uitwerk soos dit moet.  Daar sal altyd iets wees wat nie volgens plan verloop nie, so moenie jou bekommer oor die klein dingetjies nie.  Jy mag dalk daarvan weet, maar jou gaste gaan dit nie eers agterkom nie.

Advies aan bruidegomme : Ondersteun jou bruid, nie net met die beplanning en besluitnemings nie, maar ook deur haar spesiaal te laat voel.  Tap vir haar ‘n warm bad na ‘n lang dag sodat sy weet jy waardeer al die moeite en tyd wat sy in die beplanning van jul groot dag insit.

Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Bruid : Om te sien hoe alles bymekaarkom en te weet dat al die beplanning en lang ure die moeite werd was, was beslis die grootste hoogtepunt.  Elke bruid het ‘n idee en ‘n prentjie in haar kop oor hoe dit moet lyk.  Om alles voor jou as ‘n realiteit te sien was net een van daardie ‘wow’ oomblikke!

Bruidegom : Die opbou van die troue en die opgewondenheid wat daarmee saamgaan was vir my iets om na uit te sien.  Ek het nie vir een oomblik getwyfel of my bruid sal opdaag nie.  Ek kon nie wag om haar te sien nie!

As ons iets van die dag kon verander sou ek beslis meer ure by die dag voeg om saam met ons gaste te spandeer.  Die tyd vlieg só vinnig verby!

Adorn Photography Adorn Photography Adorn Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons was ‘n paar jaar terug by die venue en het toe al besluit dat ons eendag by Bona Bona Game Lodge wil trou.  Toe dié dag uiteindelik aanbreek, moes ons eers uitvind oor die kostes en of die venue ons sak sal pas.

Die styl van die dekor was baie selfdoen en rustiek, maar steeds met elegante elemente.  Ons kleurskema was roosgoud, sagte pienk en donker blou daarby.  Proteas was die hoof inspirasie vir die troue en alles rondom dit het perfek in plek geval.  Ek wou graag iets anders hê wat effens wegbreek van die normale dekor.  Daarom het ons ‘n kombinasie van ronde en lang tafels gehad wat verskillende dekor elemente bevat het.

Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game Lodge

 Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek


Die koek was een van die eerste reëlings wat ons getref het.  Ons troukoek is gemaak deur ‘n familielid se suster wat alreeds een vorige familie-troue se troukoek gemaak het.  Ons het geweet dat as sy die koek maak, sal dit ‘n wenner by ons gaste wees!   Die koek het ‘n baie rustieke styl gehad.  Elke laag was ‘n ander unieke geur, wat ons self kon gekies het.  Ons het alles van pampoen-koek met karamel vulsel tot grondboontjiebotter met sjokolade versiersel gehad!

Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game LodgeBona Bona Game Lodge

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het ‘n begroting van min of meer R100 000 gehad.  Die bruidegom se ouers het verder vir die blomme en drankies betaal.  Ons het probeer spaar deur baie selfdoen elemente by die dekor in te bring.  Ons ma’s het honderde papier proteas gevou om geld te spaar op blomme.  Die woestynrosies kom ook uit skoonma se tuin.  Ons het van ou boeke en glas botteltjies gebruik gemaak om die dekor aan te vul.  Die ronde boomstompe op die tafels het ook gedien as geskenkies wat ons gaste kon huistoe neem.

Ons fotohoekie se raam, asook die program vir die dag is uit palette gemaak.  Ons het ook self die canapés en nagereg, wat ‘n roomys kroeg met verskillende toppings was, voorsien.  Dit het die kostes per kop by die venue baie meer bekostigbaar gemaak.  Om vir 140 gaste te voorsien, moet mens maar al die sente omdraai en spaar waar jy kan.

Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Vir ons wittebrood het ons die mooie kaap verken.  Ons het begin deur ‘n paar dae in die wynlande, Stellenbosch area, deur te bring waarna ons vir ‘n verdere paar dae in Kaapstad self was.

Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game Lodge Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Toe ons die eerste keer Daniel Barron & Adam se “Say What You Want” gehoor het, het ons albei geweet dat hierdie is ‘n spesiale lied is.  Ons het toe besluit om dit te gebruik vir ons eerste dans.  Ek dink die liedjie beskryf ons verhouding so goed omdat ons vir ‘n paar jaar ‘n lang-afstand verhouding moes hê.

Alhoewel ons albei goed kan dans, wou ons graag oefen vir ons dans.  Ons tyd het egter bietjie min geraak om choreografie te doen soos ons wou.  Ons het wel ‘n paar spesiale bewegings gedoen, maar vir die res van die tyd het ons net gedans en geïmproviseer.

Bona Bona Game Lodge

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    [endsection]